Maak oop Zuma se tronkdeur, vra Mpofu hoogste hof

Oudpres. Jacob Zuma tydens ‘n mediakonferensie in Nkandla (Julie 2021) (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Jacob Zuma se regspan meen hy is die enigste gevangene in die land wat nie ’n regverdige verhoor gehad het nie en dat die voormalige president hoegenaamd nie dieselfde regte as die gevangene in die tronksel langs hom geniet nie.

“Die deure van die Estcourt-gevangenis moet oopgeswaai word,” het adv. Dali Mpofu Maandag in die Konstitusionele Hof aangevoer.

Mpofu vra in sy jongste aansoek dat die Konstitusionele Hof se besluit om Zuma tronkstraf van 15 maande op te lê vir minagting van die hof, herroep word. Hy vra ook dat Zuma uit aanhouding vrygelaat word hangende die hof se besluit.

Sy regspan maak in die aansoek staat op onder meer reël 42 wat bepaal dat uitsprake en hofbevele herroep of dat daarvan afgewyk kan word indien die geraakte party kan bewys dat dit gelewer is in die afwesigheid van die party, of ʼn ooglopende fout of weglating bevat.

Die verdediging hou vol dat Zuma sonder verhoor opgesluit is.

Die regters van die Konstitusionele Hof stem egter nie daarmee saam nie en hou vol dat Zuma die geleentheid gegun is om die minagtingsaak teen hom teë te staan. Hy het gekies om nie deel te neem nie.

“Die voormalige president is in kennis gestel dat daar ʼn aansoek voor hierdie hof gebring is om hom van minagting van die hof aan te kla. Hy het geweet die aansoek is gebring en hy het verkies om nie deel te neem nie,” het regter Zukisa Tshiqi teruggekap.

Sy het verder daarop gewys dat dit ’n presedent skep dat enigeen “agteroor kan sit” en eenvoudig kan hoop vir die beste net om later, ná die uitspraak, aansoek te doen dat die hof se besluit herroep moet word.

Mpofu hou vol dat Zuma nié sy grondwetlike regte, waaronder die reg op ʼn regverdige verhoor, verbeur het toe hy besluit het om nie die minagtingsaak teen hom teen te staan nie.

“Dit kan eenvoudig nie die wet wees nie,” het Mpofu aangevoer.

Volgens Mpofu is Zuma se insette in die minagtingsaak boonop “voortydig” aangevra en moet die tydsberekening ook in ag geneem word.

“Jy kan nie in April vir iemand sê [om dit teen te staan] en hom in Julie opsluit nie. Jou regte word dan beperk en beperkte regte is dieselfde as regte wat geskend word.”

Reg tot appèl

Mpofu voer ook aan dat indien elke beskuldigde die reg tot ’n regverdige verhoor het, elkeen ook die reg tot appèl in ’n hoër hof het. Volgens hom word sy kliënt van dié reg weerhou.

Regter Chris Jaftha het vanmiddag daaraan herinner dat die Konstitusionele Hof die hoogste hof in die land is en dat daar dus nie teen dié hof se uitsprake geappelleer kan word nie. Die hof kan wel sy uitspraak hersien.

Mpofu voer egter aan dat Zuma in die landdroshof strafregtelik aangekla moes word en vir minagting verhoor moes word aangesien dit hom in staat sou stel om appèl aan te teken.

“Elkeen is geregtig op menseregte. Selfs al is hy ’n ongewilde staatspresident,” het Mpofu gesê.

Volgens Mpofu behoort die 79-jarige Zuma vrygelaat te word hangende die hof se besluit weens Zuma se ouderdom en komorbiditeite. Hy het ook gesê dat sy kliënt geen vlugrisiko inhou nie.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Kokerboom ·

Sluit asb die “overrated” nuttelose kader en opstoker ook op!

Danny ·

Maak vol die tronke.. NOU is die tyd om die semels uit te sif. Los die oor wat wil bou. NOU sal ons SIEN waarvan ons regering en SAP gemaak is.. aan wie se KANT is hulle regtig agter die gordyne. Reg en geregtigheid of korrupsie. Ons wag.

Arno ·

Nee, hou Zuma se tronk deur toe en maak eerder die ekonomie oop!

Kokerboom ·

Ek kan nie meer met jou saamstem. Probleem is egter sy opvolers voel ook ‘n veer vir ekonomie

Willempie ·

Sy ouderdom is blykbaar geen probleem…ek bedoel hy moet 20 plus vroue gelukkig hou. Ook nie geweet slinksheid is ń komorbiditeit nie !!!!

gatgogga ·

Ek het vandag, vir die eerste keer na Dali Mpofu se betoog geluister.
Ek kan nie sien wat is so danig omtrent hom nie. Sy gedagtes is verstrooi, hy praat onsamehangend, en hy kan nie sy redenasies logies agtermekaar kry nie. Hy dwaal voortdurend van die punt af – hy sal my nooit kan oortuig nie.

Elinette ·

Dis omdat jy verstand het – iets wat hy klaarblyklik nie het nie.

Anton J ·

“hy sal my nooit kan oortuig nie” want hy praat net mpofu. Hahahaha

Boon ·

Zuma get alle geleenthede op regverdige verhoor gehad. Hy het geweier om Konstituele Hof se versoek om voor hulle te gehoorsaam. Die korrekte regsprosse is gevolg, en die hoogste hof het hom.skuldig bevins dat hy n wettige hofbevel geminag het. Dis so eenvoudig.

SjN ·

Hou hom in veilige bewaring, die Guptas moet saam met hom n sel deel. Die keer werk Afrika tyd nie.

Wielspore ·

Hou vir Zuma in die tronk, as hy nou vrygelaat word is dit ‘n kunsmatige oorwinning vir sy volgers. As hy in die tronk bly is die pad oop na politieke demokrasie is die land. Dit is al lank al tyd dat die geld stropers en skelms op hulle plekke gesit word, ons het nie sulke mense nodig in leiers posisies.

pestilensie ·

Stem grotendeels saam , alhoewel dit maar net een korrupte faksie teen n ander is . Westerse SA iets van die verlede . Afrika SA nou aan die werk , ons benodig n tuisland

Robert ·

Kla hom ook aan vir die huidige geweld, hy het beslis ‘n hand daarin.

Kobus ·

Ek kan steeds nie verstaan waarom die hof toegegee het om te luister nie.Die bevel is gemaak en al die regskenner meen dat Zuma geen kans het nie.Sal ook voorstel dat die vonnis na 24 maande verleng word wan Zuma het self besluit hy gaan Estcourt toe en het ook sonder masker die reels oortree

marius ·

My het self die deur toe geskop , en nou hamer julle en gil dat hy weer oopgemaak word?

JM ·

Vir wie probeer Dali Mpofu regtog oortuig? Reg is mos deesdae verkeerd en verkeerd is reg.

msp ·

Hy sit in die tronk soos enige ander Suid Afrikaner sal sit as hulle enige hofsaak sal minag. Dit het niks te doen met ń “regverdige verhoor” nie. Dit kom nog en ek hoop die hof sal dan ook regverdig optree. Hy is verseker nie beter as enige ander skelm nie.

Sê Ook Maar Net ·

Zuma het die hof geminag deur nie vir die verhoor op te daag. Nou sê mpofu hy moet ‘n kans gegun word om verhoor te word. Net om weer nie op te daag nie.

daniel ·

Dit verstom n mens dat iemand wat n graad in die regte het se redenasie vermoe so swak kan wees.

DIABLO ·

Mpofu is nou soos n stout kind wat aanhou kerm en kla. Sluit hom sommer ook toe. Laat sy mond net stil raak, asseblief??

TO ·

Daar was al ouer mense as hy opgesluit. Hy het nie eers die covid protokol by sy huis nagekom nie, hoekom nou daaroor bekommerd wees. Hy kan soos enige gevange rejen op die wonderlike mediese bystand in die tronk.

Danie ·

Mpofu hou hom doelbewus onnosel.
Geen maar geen intelligente persoon met n regsgraad sal so stupid wees om sy argumente aan te voer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.