‘Maak rassisme ʼn misdaad’, vra ANC

Argieffoto

Argieffoto

Na aanleiding van inskrywings op sosiale media wat die afgelope ruk opslae gemaak het en waarin onder meer na swart mense as “ape” verwys is, het die ANC Dinsdag gesê dit het tyd geword om rassisme te kriminaliseer.

Stone Sizani, hoofsweep van die regerende party, het gesê die party glo daar moet spesifieke wetgewing geskryf en deur die parlement aanvaar word wat enige optrede wat rassisties is of apartheid loof, kriminaliseer.

“Die huidige wetgewing is nie voldoende om rassiste te straf of te ontmoedig nie. As die meerderheidsparty in die parlement sal ons binnekort ondersoek instel hoe ons ʼn spesifieke wet kan skep of bestaande wetgewing kan wysig om te verseker dat rassisme en die bevordering van apartheid gekriminaliseer en tronkstraf opgelê kan word.”

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn storm vandeesweek oor die koppe van Penny Sparrow en Chris Hart losgebars het nadat hulle inskrywings op sosiale media gedeel het wat wyd as rassisties gekritiseer is.

Sizani het gesê die inskrywings is ʼn aanduiding dat “die tyd gekom het vir die parlement om te heroorweeg of daar op die interne prosesse van ʼn politieke party of maatskappy staatgemaak kan word” en dat rasse-onverdraagsaamheid en apartheid eerder, soortgelyk aan Nazisme en die ontkenning van die Joodse volksmoord, as ernstige oortredings van menseregte gesien word waarvoor daar tronkstraf opgelê kan word.

Hy het ook verwys na die Facebook-plasing wat onlangs deur DA LP Dianne Kohler-Barnard op dié sosialemediaplatform gedeel is waarin ʼn joernalis die voormalige apartheid-era pres. PW Botha geloof het.

“Daar word al lank van swart Suid-Afrikaners verwag om versoening na te jaag eerder as vergelding, terwyl sommige wit Suid-Afrikaners voortgaan om betrokke te raak by dade van vervolging en teistering gedryf deur rasse-onverdraagsaamheid,” het hy gesê.

“Ons as ʼn nasie kan nie langer sulke onmenslike oortredings duld waar die swart meerderheid behandel word as sub-mense en na wie verwys word as ape, bobbejane en ander afbrekende, rassistiese byname in hul geboorteland nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Lucy ·

Dan moet die ANC die eerstes wees wat aan rassisme skuldig gevind word aan rassisme. Hulle is die grootste sondebokke

Piet Snot ·

So ‘n wet gaan die “Rassistiese Pretoria Regime” self byt.
Terloops, is dit OK as ons daai ou skeldnaam bietjie afstof & gebruik?

Alida ·

Ek hoop dit geld vir ALLE partye. Jippieee! Dan sal die mense wat sing ‘Kill a boer’ ook moet boet!

Aster ·

Ag weet jy, ding kan nie meer pateties raak nie! Hier is soveel rasiste in SA, hier gaan nie genoeg tronke wees om hulle in te stort nie!…en dan moet ons belasting betalers hulle nog onderhou.

chrisna ·

Doen dit en sien Hoeveel van die anc regering word gevonnis? Hulle is die groote rasiste! Of sal dit net op die blanke rasiste van toepassing wees?

Alida ·

Ek hoop dit gaan geld vir ALLE partye. Jipppieeee! Dan moet dié wat sing ‘kill a boer’ ook moet boet!

Babs Maritz ·

Gaan hulle ook ondersoek word, want daar was al ‘n paar blankes wat bobbejane genoem was deur die ANC regering. Hulle gebruik al hulle energie op sulke snert net om hulle k^& in die regering weg te steek.

Gerda ·

Hulle pluk nou wragtig n lekker dik lat vir hul self. Gelukkig gaan Solidariteit vir anc ook oor die vingers tik vir rassisme kry vir julle. As die skoen jou pas dan trek jy dit aan.

Loeis ·

Nee Gerda, hoe kan jy nou so rassisties wees om ‘n vinger na hulle te wys. Jy kan net ‘n rassis wees as jy wit is. Jy moet duidelik so bietjie opgevoed word om van jou vooroordeel ontslae te raak.

Bg is sarkasties, vir die rekord…

Kobus ·

Dis ‘n wonderlikke idee! Dan kan daar by die ANC regering begin word met diè se rasistiese wetgewing wat ander bevolkingsgroepe uitsluit uit ‘n pos omdat hy of sy nie swart is nie! Daar word dan ‘n swart persoon aangestel teen ‘n astronomiese salaris en die persoon wat eintlik die werk moes kry word dikwels as ‘n konsultant aangestel teen ‘n baie hoë fooi. So ons paar belastingbetalers word maar net weer gemelk om onbevoegde amptenare te bevoordeel ten koste van die inwoners van die land. Dis hoekom dienslewering in sekere gebiede so ‘n gemors is.

Verder kan die rasistiese diskriminasie teen voornemende nie-swart studente wat 6, 7, 8 en meer onderskeidings kry en nie toelating tot ‘n universiteit kry nie, omdat swart studente met geen onderskeiding en slaagsyfers van minder as 50% toegelaat moet word, (maar na ‘n paar maande uitval) uitgeskakel word met die wetgewing.

Dankan die rasistiese uitlatings van swart amptenare sorg dat hulle “gekriminaliseer word” soos wat die ANC kaders dit wil hê

Rina ·

Goeie dag

My vraag aan die ANC en EFF is hoe werk dit dat hierdie twee partye ons wit mense of alhoewel boere mag sleg se teen ons haatspraak lewer, ons dreig met ons lewe, ons White pigs/ kokkorotte ens noem. In die gevalle was geeneen so aangeval of was hul nie in soveel moeilikheid as wat wit mense hul sleg praat nie.

Loeis ·

Die DA het Cohler Barnard gestraf oor die PW-ding. Hulle verskil nie van die ANC nie. Kom verkiesingstyd egter, hoor ons hoe hulle die enigste party is wat blykbaar iets kan doen. Wat presies dit is bly ‘n raaisel, gegee die ANC se 62% in die parlement.

Toe daar oor swart bevoordeling gestem is het die DA die ANC daarin ondersteun. VF+ se vier manne het alleen daarteen baklei.

net so ·

Dis reg so. Maar dan moet dit vir ALMAL geld. Nie net vir die blankes nie. En soos ons reeds weet, dit gaan nie so werk nie. Net die blankes gaan tronkstraf kry. Want dis net die blankes wat rasisties is. Die ander kleuriges mag so praat want dis hulle kultuur. My kinders loop daagliks deur onder rasisme. Hulle word melk mannetjies, boere en veele meer genoem. En ons mag niks doen of se nie, want dis hulle kultuur. So weer eens gaan blankes te na gekom word. En julle dink nie dis rasisties nie? Wat IS dan rasisties in julle oe? Julle sien net raak wat die blankes verkeerd doen. Nooit word daar gepraat van ander rasse wat rasisties is nie. Dis so hartseer. Gee die keiser wat hom toe kom. Altwee kante toe asseblief.

Tilla ·

die ANC moet net in gedagte hou dit kan ‘n tweesnydende swaard wees….want hulle reken mos rassisme is net rassisme indien dit teen swart mense is….hulle sal dit seker so in die wet wil inbou dat rassisme teenoor witmense nie tel nie…..
Afriforum moet asb daai wetgewing se proses namens ons dophou asb.

Sumari ·

Gaan seker net vir ons blankes geld, want hulle kan sê van ons net wat hulle wil en daar word niks daaraan gedoen. Ons mag mos niks van hulle sê nie dan is ons rassisties. Wens hier was ‘n middelvinger prent want dis wat ek vir die ANC en EFF wil wys. Hulle maak ons blanke mense dood ek dink dit is ook rassisties.

WL ·

Maak dit dan ook ‘n misdaad om iemand verkeerdelik as ‘n rassis te beskuldig.

Hester ·

Dis iets wat nooit sal ophou nie maar anc moet eers voor hul eie deur vee. Kyk nou vir ou Robbies wat hier in ons land sê hy soek geen wit gesig voor hom nie. Dit steek hier vure aan om boere uit te moor en weerlose bejaardes aan te val en wreed te mishandel. Waar het wittes al swart boere aangeval en so mishandel? Die regering wil mense straf oor uitlatings maar EFF mag wittes white pigs noem en die kill the boer word nog gesing.

jacques ·

Net jammer ons het nie genoeg tronke nie…miskien weer Robeneiland omskep vir die anc en eff….en moenie vergeet van die SAPS nie

Chris W ·

Dit gaan ‘n interessante ding afgee – m.a.w elke blanke wat met ‘n blanke getroud is is mos ‘n rassis?En elke swarte wat met ‘n swarte getroud is ook!So wat nou?Die anc sirkus raak net al hoe meer lagwekkender en die spul narre kom dit nie eers agter nie.Tot die hoof nar staan en lag in die parlement as ernstige sake bespreek moet word.Ai ja jai!

Heidi van Eeden ·

Maak plaasmoorde asb ook ‘n misdaad. Hulle kom mos weg met alles.

TTh ·

Sodra die wet deur die parlement aanvaar is sal dit fantasties wees as Solidariteit ‘n kort handleiding publiseer oor hoe om spesifiek swart rasisme onmiddellik voor die hof te sleep en hoe om dit verder te eskaleer indien daardie betrokke hof nie sy kant onmiddellik bring nie, dit sal ‘n plesier wees om tyd te spandeer daaraan om hierdie gespuis reg te pluk in die hof…

Ben ·

Rassisme het na 1994 begin met “Kill the Boer” asook “Bring me my machine-gun” toe die wittes meer as bereid was om in te val met “gelykheid. ” Korrupsie blaas ook daagliks vure aan wat kon gebly het.

Dirk ·

Ag asseblief ANC,hulle hele party is rassisties.Maar hulle sal natuurlik nie vervolg word nie want hulle regeer SA.

René ·

Besef Zuma en die ANC dat 90 % van sy eie mense dan tronk toe gaan…tensy dit net op witmense van toepassing is soos al die ander dinge in die bledie deurmekaar land….hmmmmmm

CAV ·

ANC moet in die spieel kyk. En begin deur als wat die afgelope paar jaar verkeerd gegaan het aan ” apartheid” te koppel

Chivago ·

Ai tog, ‘n minderwaardigheids kompleks is ‘n nare ding. Maar solank die mes altwee kante toe sny is dit in orde.

Johannes ·

So dit is net rassisme indien die slagoffer nie-blank is? So as witmense die teiken is dan is dit nie rassisme nie? So as iemand in die ANC vir Mandela loof en prys oor die bomme wat hy geplant het en daarmee onskuldige siviele teikens getref het is dit mos ook nou krimineel?

Liewe Lulu ·

Jip as jy blank is is jy n rassis As jy swart is baklei jy net vir jou reg dubbel standaarde sou ek se Waar is die een wat gese het hy wil sien hoe word witmense se tonge uitgesny oeps sorry hy is swart dit tel nie vir hom nie
O magtag mense ons sal moet bid en smeek by GOD want HY is die enigste wat ons wat wit is uit die penarie kan kry Niemand anders gaan na ons omsien nie

Rina Kotze ·

Die blankes mag niks sê of doen nie, maar die boere word vermoor wat vir die anderskleuriges ook kos produseer.
Die blankes word gevloek en uitgeskel, word van poste weerhou wat hulle eintlik toekom, als in die naam van regstellende aksie.
‘n saak het mos 2 kante? of 3 kante soos ek deesdae hoor!
Ek hoop hierdie wetgewing boomerang terug na die wat so wolf wolf skree en byt hulle eerste en die hardste!
Die uitlatings op sosiale media was moontlik self ook slagoffers en voel hulle het niks om te verloor nie!
Die pot gaan nou eers begin oorkook!
Terloops: Rassis beteken eintlik om lief te wees vir jou eie!

Realis ·

Sorry, ek het vergeet. Maak sommer “stupidgeit’ ‘n dood sonde.

mariette ·

Ek hoop van harte die ding werk albei kante toe want hulle is die grootste rassiste. Herrie is nou los oor 2 blankes wat iets gese het maar wat van die 1000e van hulle wat dit elke dag doen in die publiek, werk plekke, Facebook en bowenal Mnr die President ingesluit, want is die nie Jan van Riebeeck nie dan is dit Christene….. waar in jou lewe!!!!!

Johan B ·

Kan iemand asb vir my verduidelik hoe ‘n mens wat verwys na PW Botha se tydperk gedurende die apartheids regering en so persoon dan beskuldig van rassisme. Dis vir my belaglik.

Is dit rassisties as ek sê die ANC van Jacob Zuma regeer die land baie swak en daar is baie korrupsie? Dit het absoluut niks met rassisme uit te waai nie. Daar is baie swart regerings in Afrika wat baie beter vaar as die ANC huidiglik. Is dit nou rassisties?

Kom by asb!

RBo ·

Konsentreer liewer op die ernstige misdade en oortredingd, die land se howe en beskermings dienste kan nie eers cope met die huidige misdaad probleme nie.

Chris W ·

Is ek ‘n rassis as ek die anc almal as narre beskou?En omdat ek blank is en met ‘n blanke vrou getrou het?Vra maar net!

Eddie ·

Kan ek n vraag vra Maroela????? is ek n rassis as ek my eerlike meening lig oor die artikel en net se wat die waarheid is. Want volgens julle is ek want julle plaas nie my kommentaar nie en daar is net mooi niks wat rassisties is oor dit nie. Vra maar net.

Rina Pretorius ·

dan moet die wet van so aard wees dat as ons blankes se lewens bedreig word die wat dit bedreig vir poging tot moord tronk toe moet gaan en ook al die gevloek en beledigings teenoor ons ook as rasisme geklasifiseer sal word, en om ons uit ons eie skole en universiteite te jaag is ook rasisties en klaar

Theresa B ·

Wonder wat sê hulle nou oor een van hul eie (Khumalo) se opmerking op FB dat wittes doodgemaak en opgekap moet word soos in Hitler se tyd? Amazing dat almal nou stil is – is dit nie??!!

Jannie Ludick ·

Ek verstaan glad nie hoekom daar soveel bohaai opgeskop word oor albei gevale nie? Eerstens ons is mens, en mens kan foute maak. Ons loop veeskriklik en oordeel, maar het die miershoop voor die deur mis gekyk. Daar is prossesse om hiermee te deel, howe howe howe. Ek glo hierdie aangeleentheid kon homself uitgeleef het, sou daar minder aandag hieraan gegee word. Suid Afrika bepaal jou by jou verpligting teenoor jouself en los asseblief die aangeleentheid by die deur van die geraakte persone? Julle land brand uit, gaan op jul knieë en vergeet dat rassisme bestaan, of soek julle die Toorn moet nog langer oor julle bly?

Norries ·

Agbare Mnr Stone Sizani ,
Hoe word swart rassisme gespel….. Xenofobie.
O’ja ” a Black man can’t be a racist”

Danie Robbertse ·

Die Anc se probleem is as hulle teengestaan word sien hulle dit as rasisties. Hoe in der ewigheid kan daar enigiets bespreek word as dit hulle houding is? Hulle weier eenvoudig om nie hulle sin te kry nie en as dit gebeur pluk hulle die raskaart. Hulle wil net een wet na die ander inbring om hulleself te bevoordeel. Hoeveel wette bestaan daar nie alreeds oor rasisme nie? En ons doen dit nie want ons dink ons kan dit uitredeneer met hulle. Dis tyd dat hulle eie medisyne vir hulle ingegee word.

Hennie Theart ·

Die wet klink goed, MAAR watter wet word ingebring vir:
– Roof en steel
– Plaasmoorde en gewone moorde
– Verkragtings
– Voertuig kapings
– Geld heists.
As die regering ook wetgewing daarvoor insit kan ons die rassisme wet instel.
Wette moet vir almal geld…..ook die president.

Marous ·

MNR Sizane…waar om verwys jy net na witmense as rassiste?Die ANC het alles aan die groot klok gehang met die aanhoudende beklemtoning van swart en die verwerping van wit. Gaan vergewis jouself met die opruiende haatspraak wat deur swart mense in die openbaar gemaak word en die daaglikse verwysing na “legoa” en “magoa ” en verduidelik in die openbaar die betekenis daarvan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.