Maak SAL toe, sê Mboweni

Argieffoto

Die minister van finansies sê dis nie langer die moeite werd om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te probeer red nie. Die beste raad is om die lugredery toe te maak.

Tito Mboweni het by ʼn beleggerskonferensie in New York gesê hoewel dit nie hy is wat uiteindelik besluite oor die nasionale lugredery se toekoms neem nie, is dit moeilik om te sien hoe dié lugdiens ooit reggeruk sal kan word, berig BusinessTech.

“Dit word op ʼn verlies bedryf, ons sal dit waarskynlik nie kan omkeer nie; daarom is my mening dit moet gesluit word. Dis onwaarskynlik dat ons ʼn beleggingsvennoot in die private sektor sal kry wat by die SAL betrokke sal wil raak,” het hy gesê, berig die BBC.

Die SAL het in Mei ʼn verlies van R5,7 miljard vir die voorafgaande boekjaar aangekondig. Mboweni het in sy mediumtermynbegrotingsraamwerk gesê die lugredery sal R5 miljard ontvang deur ʼn spesiale wetsontwerp om die skuld tussen nou en Maart 2019 te delg.

Vuyani Jarana, SAL se uitvoerende hoof, soek luidens berigte R20 miljard vir ʼn strawwe besuinigingsplan om die sukkelende lugredery reg te ruk. Hy het gesê afdankings en ander besnoeiings is onafwendbaar.

Ingevolge dié plan sal die lugredery eers in 2021 gelyk breek.

Maar Mboweni sal dit graag duidelik wil maak daar is nie langer heilige koeie nie in ʼn land wat te kampe het met enorme ekonomiese uitdagings en dringend besteding moet besnoei.

Die ANC sal na verwagting in die aanloop tot volgende jaar se verkiesing graag wil wys sy prioriteite is werkskepping en die bestryding van korrupsie, nie die subsidiëring van ʼn niewinsgewende lugdiens wat hoofsaaklik deur die middelklas gebruik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

zoom zoom ·

Nou het ons iemand van die ANC wat sien wat derduisende van ons al reeds gesien het aan die kom is. Nou praat hy SENSE en dit maak SENSE.

Loeis ·

Die beste besluit sal wees as mense die ANC uit die mag verwyder. Dan kan die hele land dalk gered word.

Ingo ·

….en wat die hartseerste van alles is…dis net een van n reeks voorheen trotse organisies wat kunsmatig aan die lewe gehou word…met groot salarisse en valse prestasiebonusse.
Dis waar die storie van die miere en die springkane skierlik waar word!

Helen ·

Alles te danke aan oorhaastige besluite om onbevoegde mags en geldhonger individue in beheer te plaas waar hul nie hoort nie.

Eish ·

Genadiglik begin die werklikheid deurskemer!
Jammer vir diegene wat hul werk gaan verloor. Die tragedie is dat die onskuldiges met bloed betaal vir bestuursonbekwaamheid en politiekery.
Tragies dat hierdie rampspoedige nie negatief impakteer tydens verkiesings op die drywers van “disaster” nie…

Anoniem ·

As Tito Mboweni nie die finale besluit oor SAL se toekoms kan neem nie, wie is die persoon wat dit wel kan/moet doen? Die president?

Judge Dredd ·

Dit is sy get-out-of-jail-free-card.
Net soos met provinsiale ANC met E-tol.
Net soos korrupsie ondersoeke

Hulle gee voor om die regte ding te doen vir steun by die stembus – maar presies wat het hul tot dusver rerig gedoen?

Rooikop ·

Goed en wel om te sê die SAL moet gesluit word omdat dit nie reggeruk kan word nie maar
waar is die mense wat daarvoor verantwoordelik is ????????? Waar is Dudu Myeni wat
n groot aandeel hierin het en al die prestasie bonusse vir niks doen ?????
Ons het kinders wat vir SAL werk ………… mans wat nie weer n ander werk sal kry nie.
Dit alles deur hierdie ANC regering en buddies ………….

Wersksverliese ·

Alhoewel ek 100% saamstem dat dit die beste besluit is, kan ek nie help om te dink aan wat word van al die werkers wat hul werk gaan verloor nie…. Dis ‘n bitter slegte situasie:(

Ian ·

Ander lugrederye sal die gaping vul wat SAL laat, hul sal ook nuwe vleniers moet aanstel…die een se dood is die ander se brood. Die vleniers sal kan werk by ander maatskappye.

Rooikop ·

Waar is die mense wat verantwoordelik is vir hierdie gemors ? Al die onreëlmatighede
en “prestasie bonusse” ????
Ons het kinders wat daar werk ……………. waar moet hulle weer n werk kry ? Dit alles
deur hierdie ANC regering en vriende ………….

Koeie ·

As SAL ‘n priaat besigheid was, was dit al jare terug gesluit. Waarom moet dit anders hanteer word net omdat dit ‘n staatsinstelling is? Geen wonder dit gaan soos dit gaan nie. Dis soos daai 7 maer koeie wat jy bly voer en dit raak nie vetter nie. Geld word ingepomp, maar die geldsake bly beroerd.

Tino ·

Ek hou van Tito, suksesvolle mense voer uit!

Ek koop saam met jou, sal net al daai rowers by parte uitjaag dan breek ons al gelyk.

aj ·

Goeie begin!

Nou vir SA … !

sluit hom ook want hy is toksies en onvolhoubaar!

Plaas SA onder VN Administrasie vir 10 jaar … totdat die Staatskaping mafia almal agter tralies sit!

Daarna kan SA weer probeer!

Michael ·

En so lyk al die ander staats instellings (stuffed up viva ANC viva)

Spike ·

Al rede waarom SAL totniet is, is die onbevoegde comrades wat oor jare aangestel is.

Skyspy007 ·

En aan wie behoort Kulula en SAFAIR…..???? Die pommies wat hand op die blaas met die ANC loop

rollie ·

Uiteindelik ‘n minister wat weet wat hy doen. Natuurlik word die ouens wat weet net verswelg deur die ander top comrades wat hom teenstaan. Onthou dat Ramaphosa ook nie persoonlik onteiening sonder vergoeding ondersteun het nie maar hy moes inval by die kaders se besluit.

Johann ·

En wat van die wat verandwoordelik is vir die vervak van n eens wereldjlas BESIGHEID? Al die Zumaikies wat gevat en geskep en verwoes het? Waara DUDU… EN JIE? ANC LEGACY van onaantasbare magvergrype.

Herman ·

Mboweni is net ‘n puppet van die geldmag. Dit is tog duidelik dat dit net deel is van die rewolusie wat jare gelede beplan is. Korporasies soos SAL, VBS Transnet en ander moes eers bankrot gemaak word voordar dit dan toegemaak word. Komaan mense, hoeveel kere moet die publiek nog ‘n keer vir ‘n ‘ride’ gevat word voordat hulle besef dat alle strukture vernietig word voordat die wereldorde geimplimenteer kan word. ‘ORDE AB CHAOS’ of weet julle nie eers dit nie!

Johan ·

Sal nooit gebeur nie.Verkiesingfoefie…As ons hom sluit kan niemand tronk toe gaan nie.Gee Vir Richard Branson.Hoekom soek jy n venoot?!!Privatised 100%..Ongelooflik hoe so instelling winsgewend kon wees in apartheids jare met al die sanksies teen ons maar nie nou nie!

jean ·

En dit was ons trots!……..met die ou vlaggie op die sykant!

brens ·

SAL het nog altyd belaglike pryse gevra vir vlugte! korrupsie; wat n hartseer situasie.

Ben ·

SAL was al in die Apartheids jare nie winsgewend. Waneer jou tegniese personeel bruikbare uiters duur bates “strip” vir onderdele dan gaan jy nie herstel nie. Onwyse bestuur , beter om toe maak.

Deon Meyer ·

Coleman Andrews is destyds ingebring om SAA te red en het die redery “omgedraai”.Hy het bloot alle ou bates verkoop en so vir almal ‘n rat voor die ogies gedraai en is uit Suid Afrika vort met miljoene.
The cost of his total package, coupled with payments of about R310 million to consultants in the past 12 months, amounted to more than half-a-billion rand. Against this, SAA made a net profit of R350 million in the year ended March 2000.
Coleman Andrews, former CEO and president of SA Airways (SAA), was paid out as much as R200 million, tax free, during his two-and-a-half year tenure at the airline, in what is one of the most rapid accumulations of wealth in SA’s business history.

Johanna Botha ·

Dis n GROOT anc flop en n bodemlose put waar hulle net belasting gelde skep ……MAAK TOE ….SLOOP EN VERKOOP !

Staak saam ·

Al hierdie organe of instelling van die staat is daar net vir een rede, dis n blanko tjek vir die regering om die koffers te plunder.
SABC, Poskantoor, SAL, Sassol, Denel, Eskom, Spoornet, hulle almal sit hulle begritings in en almal werk op n verlies, waar is die geld dan wat wel ingebring word, mesiewe salarisse met al die voordele waaraan jy kan dink, spog huis met net die luukste motors en dan kom die skenkings wat gemaak word en ook die golden hand shakes.

Die ANC is nie dom nie, maak toe en hulle is almal se heros, maar hulle sal nooit n audit vir die laaste 24 jaar laat doen om die skuldiges wat verantwoordelik is te vang nie, nee want dan word die wurmblik omgegooi en die aakligste feite sal die top bestuur van die land in die verleentheid bring by hulle kiesers.

Wilma ·

Almal skree maak toe. Huveel werknemers presies gaan werkloos wees. Hierdi dinge gebeur wanneer onbevoegdes wil regeer. Ons almal weet dit en dit lyk ook asof Trump die enigste ander leier is wat dit besef. Afrika is in sy maai.

Ben ·

Wilma, dink jy die werknemers is bevoeg as hulle duur bates kanabaliseer en sodoende skade op so groot skaal veroorsaak dat die lugrederey nie daarvan kan herstel nie. Dink jy die werknemers verdien om hulle werke te behou? In ‘n maatskapy/besigheid is dit nie die gebou, tafel, elektrisiteit, rekenaar ens wat die werk doen nie maar die mense. Wanneer die mense / bestuur onbevoeg is dan gebeur sulke dinge. Jy verwag nou dat die belasting betaaler vir altyd hierdie onbevoegdes moet dra? Wat van ons gebruik die biljoene en bou nuwe skole en huise?

Nick van der Mescht ·

Ek skaam my dood vir SAL en ACSA se onbeholpenheid voor my oorseese kollegas. Hulle is verby n punt waar hulle kan terugdraai. Minister Mboweni is besig om te vergeet van politiek en kyk na Jan alleen sak. Doet so voort.

jan ·

onthou net talk is cheap. Money buy’s the whisky. Sal dit nog eers wil sien.

Chris Ws ·

Ek hoop van harte die blankes wat by SAL werk soek reeds ander werk as hulle nie reeds ander werk elders gekry het nie.Hulle is lankal op ‘n sinkende skip.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.