Maak só as jou motor in kitsvloed beland

Kitsvloede en swaar reën het Woensdagaand groot skade in Johannesburg en aan die Oos-Rand aangerig. Foto: Via City of Joburg / Facebook.

Kitsvloede en swaar reën het Woensdagaand groot skade in Johannesburg en aan die Oos-Rand aangerig. Foto: Via City of Joburg / Facebook.

Kitsvloede het onlangs op verskeie plekke oor die hele land voorgekom, waarvan die jongste Woensdag aan die Oos-Rand in Gauteng die lewe van minstens vier mense geëis het.

Maandag is motoriste op laagwaterbrûe in die ooste van Pretoria vasgekeer toe dit binne ʼn uur meer as 110 mm gereën het. Maroela Media het in Julie vanjaar berig van ʼn voorval in Durban toe ʼn jong seun ʼn vrou uit haar motor moes red nadat dit weens ʼn kitsvloed onder die M4 in La Lucia weggespoel het.

Volgens Arrive Alive is die kans dat jy vasgevang sal word in ʼn motor wat onder water verdwyn baie skraal. Dit is egter noodsaaklik om kennis te neem van wat jou te doen staan indien jy skielik in ʼn kitsvloed vasgevang word.

Kitsvloede en swaar reën het Woensdagaand groot skade in Johannesburg en aan die Oos-Rand aangerig. Foto: Via City of Joburg / Facebook.

Kitsvloede en swaar reën het Woensdagaand groot skade in Johannesburg en aan die Oos-Rand aangerig. Foto: Via City of Joburg / Facebook.

Arrive Alive meen die beste plan van aksie in die meeste gevalle is om sou gou moontlik uit die motor te kom. Die spoed waarteen die motor sal sink, hang van verskeie faktore af, onder meer die afstand wat dit kan sink, die spoed en hoek waarteen die motor in die water beland het en die fisieke kenmerke van die voertuig. Die meeste voertuie sal ʼn minuut of twee dryf voordat dit sal begin sink.

Die volgende wenke deur AA kan handig te pas kom indien jy in ʼn kitsvloed vasgevang word:

  • Bly kalm en neem kennis van jou omgewing en situasie voordat jy besluit op ʼn plan van aksie.
  • Maak seker jou motor sal nie teen nog iets bots nie (bv. voorwerpe wat deur die water teen jou vasgeslaan kan word) voor jy jou veiligheidsgordel losmaak. Sodra dit veilig is, maak jou veiligheidsgordel los – sny dit indien nodig.
  • Bly in ʼn sittende posisie om seker te maak dat jy nie gedisoriënteerd raak nie totdat jy op jou ontsnappingsroete besluit het.
  • Indien moontlik moet jy jou ruit afdraai aangesien dit die maklikste manier is om uit die motor te kom.
  • Indien jou voertuig reeds besig is om te sink en water die motor binnestroom, wag vir die waterdruk binne die voertuig om eweredig te raak met die waterdruk buite, hoewel dit vreesaanjaend kan wees om in ʼn sinkende voertuig te sit. As die waterdruk binne en buite nie dieselfde is nie en jy slaag wel daarin om die deur oop te kry, kan die water wat van buite na binne stroom, veroorsaak dat jy nie uit die motor kan kom nie.
  • Probeer om uit ʼn deur aan die teenoorgestelde kant van die watervloei te ontsnap.
  • Indien jy nie ʼn deur of ʼn venster kan oopkry nie is die ander opsie om een van die vensters te probeer breek. Jy gaan egter iets met ʼn skerp punt nodig hê. Een van die aanbevelings is dat jy byvoorbeeld ʼn ou vonkprop in jou paneelkissie hou.
  • Sodra jy uit die motor gekom het, probeer om op die dak van die voertuig te klim indien moontlik, totdat jy die beste weg na veiligheid vasgestel het.
  • Moenie probeer om besittings in jou motor saam met jou te neem ten koste van jou eie veiligheid nie. Probeer wel om jou selfoon by jou te hou indien moontlik.
  • Sodra jy uit die motor en met jou kop bo water is, kan jy teruggaan om ʼn passasier te help indien die omstandighede dit toelaat. Jy kan niemand anders se lewe red nie voordat jy eers jouself gered het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Anoniem ·

Take your front seats headrest off and break the windows to escape out of your vehicle that is busy filling up with water…. Some vehicles back seats headrests can also be removed; use it in and emergency situation.

Asjas ·

Goeie raad, baie dankie.
Ek haat rubish wat in ‘n kar rond le en het gewonder hoe ek die ou vonkprop gaan ignoreer!!

Del ·

Ek het ook al gelees, as jy nie ‘n ruit kan breek om uit te kom nie… die kopstutte van voertuie is juis los, sodat jy dit kan uithaal en met die ysters die venster kan breek.

Helen ·

Het hulle nie geweet dat jou headrus bo jou sitplek het skerp punte, dis spesiaal so gemaak om n ruit da mee te breek. Haal dit net uit en gebruik!

danie ·

Jy sukkel jou agterent af om die ding uit te kry onder normale omstandighede, wat nog van n nood situasie. En dit is nie so maklik om n ruit te breek soos wat almal dink nie.

Adoons ·

Kanse is nie ‘skaars’ nie – dis ‘skraal’ of ‘gering’.

Dankie vir die wenk ook die kopstuk wat ‘n venster kan breek. Ons is nooit te oud om te leer nie!

Asjas ·

Kanse is skaars of gering maar ongelukkig in nuwe SA is dit verseker dat jou kar op een of ander stadium onder water gaan wees, en nie noodwendig as gevolg van vloede nie :-)

Landi Slatter ·

Dagsê Adoons

Dankie vir jou terugvoer! Ons vra om verskonig vir die oorsig, die berig is reeds gewyig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Leon Fisher ·

Waarmee jy ookal die ruit wil breek, moenie in die middel van die ruit probeer slaan nie, die voorwerp waarmee jy die ruit probeer probeer breek sal terugbons.

Maak seker jy breek die ruit naby die kante, dit breek makliker daar.

Buitestander ·

Gevolg van infrastruktuur van stromwater wat nie instand gehou is vir die laaste 21 jaar nie.
Wie het ons te bedank daarvoor?
Geen buiten storige reënbui nie.

Paul ·

As dit geen buitensporige reënbui was nie, hoekom gebeur dit dan nie elke keer nie?

Elise ·

Gister se oorstromings was as gevolg van die rivere wat oor die oewers gestroom het, nie geblokte stormwaterdreins nie.

Hermien ·

Stap sommer nou na jou voertuig en kyk of Jy die kopstuk so maklik sal afkry

willehond ·

Hermien, ek stem saam. Bitter mense weet hoe dit werk en hoe moeilik dit is. Veral as jy geskrik het!!!

JackRussel ·

Wel, die keuse is joune. Vind uit hoe dit werk anders is jy dalk eendag vasgekeer in jou motor.

Of jy kan ‘n vonkprop in jou paneelkissie aanhou

Marita Marais ·

Waardevolle raad – veral oor kopstut. Wil net weet: Hoe weet ‘n mens in praktyk wanneer druk binne en buite die voertuig dieselfde is sodat jy die deur kan oopmaak?

Paul ·

As die water ophou inkom, of net baie stadig inkom, dan is die druk gelyk.

Ook, jy sal eenvoudig nie die deur kan oopkry, behalwe as jy regtig Mnr Sterkman 2016 is, indien die druk nog nie gelyk is nie.

Karma1 ·

Maroela Media, julle sê kitsvloede het oor die HELE land voorgekom? Sjoe, dan moes die Wes- en Noord-Kaap seker op ‘n kol van die res van SA afgeskei het, want hier in Worcester het daar nie ‘n druppeltjie reën geval nie. O ja, ek vergeet, die ‘hele land’ bestaan mos deesdae net uit Gauteng-a-dêng-e-lêng.

Nadine ·

Dis onnodig. En dit is dalk moeilik om die kopstuk uit te kry maar agv Adoons se wenk kan julle dit nou al uit toets en weet dan hoe dit werk. Prevention is better than cure!

Dankie ·

Dankie Maroela vir hierdie praktiese wenke. Julle kan gerus meer sulke artikels met beveiligheidswenke publiseer, ook soos wanneer aanvalle gebeur, en dit uiteindelik saam sit in n bundel.

Karen ·

Ek wens al die doemprofete wil mense liewer aanmoedig om enige iets (selfs hoe moeilik, in hulle opinie) te probeer as om net fout te vind. ‘n Mens het min opsies in so ‘n situasie, dus is enige poging tot oorlewing beter as niks.

Johanna Botha ·

Ja vee die strate en tel die rommel op dis so maklik en eenvoedig soos dit …en stadsraad doen net julle werk en maak die dreineerings pype skoon julle word immers daarvoor betaal so doen dit asb vir n slag …dit sal BAIE help. Hoop vir meer reen ons het elke druppel nodig en is baie dankbaar.

Johan ·

Gelukkig is ek n nood werker so ek dra n mes by my met n ruit breker en n belt snyer. Dalk n goeie idee.

Johan ·

Gelukkig is ek n nood werker so ek dra n mes by my met n ruit breker en n belt snyer. Dalk n goeie idee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.