Maak só as jy in gewelddadige betoging beland

Betogings in Richardsbaai in KwaZulu-Natal. (Foto: Leon Lestrade/ANA)

Met die grootskaalse betogings wat Woensdag in die Pretoriase middestad uitgebreek het, is die kollig opnuut op die verwoesting wat dikwels met protesoptredes gepaardgaan.

Die slagoffers van hierdie geweld is dikwels nie mense wat direk by die kwessie betrokke is nie, maar omstanders of motoriste wat toevallig by die toneel verbyry. Daar word gereeld berig dat voertuie tydens gewelddadige betogings met klippe bestook word en in ernstiger gevalle selfs aan die brand gesteek word.

Dit is natuurlik raadsaam om altyd die gebied waar die betoging plaasvind te vermy en eerder van alternatiewe roetes gebruik te maak of jou beplande reis uit te stel. Maar hoe gemaak as jy in die middel van ʼn betoging beland en dit is te laat om dit te vermy?

Die betoging gister in die middestad van Pretoria. (Foto: AP Photo/Yeshiel Panchia)

Eugene Herbert, besturende direkteur van MasterDrive, gee raad:

  • Bly op die hoogte van die nuus op nuuswebwerwe of ander nuusplatforms en deur sosiale media om seker te maak jy weet waar betogings plaasvind voor jy ʼn roete kies.
  • Kyk uit vir mense wat langs die pad of op brûe saamdrom.
  • Kyk so ver moontlik vooruit wanneer jy bestuur sodat jy enige onveilige situasies dadelik kan raaksien.
  • As jy deur ʼn betoging gedwing word om stadiger te ry of heeltemal tot stilstand te kom, identifiseer dadelik ʼn ontsnappingsroete.
  • As jy voel die situasie raak gevaarlik, maak jou sitplekgordel los sodat jy vinnig uit die voertuig kan kom indien nodig. Binne jou voertuig is egter meestal die veiligste plek om te wees.
  • Moenie in enige negatiewe interaksie met die betogers betrokke raak nie.
  • As jy gedwing word om vinnig uit die gebied te kom, bly kalm. Moenie aggressief probeer wegjaag sonder om ander motoriste of mense in die pad in ag te neem nie. Dit kan gevaarliker wees as om kalm en stadig op te tree.
  • Gee gehoor aan wetstoepassers wat probeer om die situasie te ontlont. Hulle is opgelei om die publiek te beskerm.
  • Jou eerste prioriteit moet jou persoonlike veiligheid wees. Hoewel dit natuurlik verkieslik is dat jou voertuig nie beskadig word nie, stel altyd jou eie veiligheid bo jou voertuig indien jy moet kies.
  • Hou altyd iemand op die hoogte van waar jy is en wat aan die gang is.

Herbert herinner bestuurders om kalm te bly, al is die situasie vreesaanjaend. “Die eerste doelwit is altyd om die situasie heeltemal te vermy. Moenie onkant betrap word deur ʼn potensieel gevaarlike situasie nie, en vermy dit om jou in te perk of te laat afsper wanneer dinge gewelddadig raak. Suid-Afrikaanse bestuurders moet voorbereid wees op enige scenario,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Willehond ·

Ek stem saam! Daar is geen ander oplossing nie! Polisie my beskerm?? Ek lag my lam, hulle hol dan weg en monitor!

Haan ·

Werner ek besef dat jy dit tong in die kies sê, maar pasop vir skiet buite die perke van die wet. Die vuurwapen wet van 2000 sê uitdruklik dat daar slegs geskiet mag word indien jou of n ander persoon se lewe in direkte gevaar is. Verder raai ek julle aan om te belê in n “dashcam” sodat die beeldmateriaal daarvan as getuienis kan dien indien jy eendag wel met geweld moet optree. Myne het R400 gekos en ek het hom spesifiek vir bogenoemde doel gekoop. Veilig wees.

Ig ·

“Wetstoepassers is opgelei om publiek te beskerm” Grap van die dag. Hulle is opgelei om te “monitor”

Bullit ·

O jaaaa
Kyk en kyk weer.
Staan buetjie terug en gesels verder

Kleintjie ·

Die vraag is, is hul opgelei om te monitor? Wonder of dit regtig n verstaanbare woord is vir die sogenaamde “beskermers”

blouapie ·

Die betogers is BAAS in SA. Polisie is bang vir hulle, of polisie stem saam met betogers en kry dalk iets onder die tafel deur!

aj ·

Die STAAT het misluk!

Platgeval! … wanneer die burgers nie staatsbeskerming geniet nie.

Wees voorbereid op enige iets!!!

Pepersproei, Brandblusser, ekstra selfoon met vol battery.

HPV ·

Duisende mense staan tans tou om te emigreer, die res beplan dit. Min vredeliewende, regdenkende mense wil langer in die hool bly. Mens het nie nodig om so te lewe nie!

Kobus ·

Ek is ook al op pad na aftrede en het ‘n goeie lewe hier gehad. Te oud om te emigreer na Kanada of Oz. Maar familie en vriende van my is op pad na Panama en Costa Rica. Sal dit ook moet oorweeg noudat mediese fondse en private mediese sorg waarskynlik gaan verdwyn. Dit was al wat my nog hier sou hou.

Haan ·

Ek verkies om te bly en om my te skaar aan die kant van die swakkes en oumense wat nie kan emigreer nie. “to each his own”, maar moenie blindelings almal deur dieselfde kam skeer nie

Jimmy ·

Jy is in vir ‘n baie rowwe tyd Haan. Of jy lewendig gaan uitkom weet ek nie, maar sterkte met jou besluit.

@Jimmy ·

Al logiese raad. Wensdenkery om te dink daar is ‘n omkeer vir SA.

Saam met Haan ·

Ek sal ook soos Haan agterbly om die weerloses te beskerm.

Kallie ·

Saam met Haan, dankie vir jou bedagsaamheid. Maar wie gaan jou eendag beskerm?

nabetragting ·

Nog ‘n tree nader aan die onvermydelike: Anargie – ” Toestand van regeringloosheid, volslae wanorde waarin geen gesag erken word nie” HAT P.35

BEKKIG ·

Beslis Strandloper. Daar is geen manier wat ek stop op stadiger ry nie. Ek het versekering.

Frik ·

Daar is n rede hoekom ek n 4×4 ry. Daai ding klim oor als wat in my pad staan. Het ook n dashcam aangeskaf vir opnames as ek dit die dag nodig het

Jan Nel ·

Ek dink ek het beter raad:

1) Hou altyd ‘n “hoodie” en sonbril in jou kar se paneelkissie

2) Maak vooraf ook ‘n plakaat waarop staan: “No more racism!” of “Equal Money & Rights” of iets in daardie lyn. Hou daardie plakaat, geheg aan ‘n stok altyd gereed onder jou sitplek.

3) Wanneer jy dalk onverhoeds in ‘n betoging inry, sit dadelik die “hoodie” en sonbril op, draai jou venster oop en swaai daai plakaat. Druk ook gereeld op jou motor se toeter.

Franna ·

Ek moet se, van almal se komentaar hou ek die meeste van hierdie een :) lol.

KrokodilBotha ·

Hou ook jou naaste DA raadslid se sel nommer by jou. Vra hom / haar oor hoekom die EEN SUID AFRIKA dan nou nie so lekker werk nie.

Sioux ·

My 74 jr ma is op gevang in so situasie. Daar was GEEN polisie om die motoriste te waarsku nie. Daar was ook geen kans om te “ontsnap” nie en sy was onmiddelik omsingel. Hulle het vir haar gese hulle gaan haar nie seer maak nie maar wou n R100 he om petrol te gaan koop.
ONLY IN SOUTH AFRICA

Slagoffer ·

Maklik om te praat. Was in so n situasie nadat verkeer deur polisie gestop is: sitting ducks! Toe die klipgooiers op ons lostrek het motoriste omgedraai en teruggejaag. Doodsake as n baksteen jou moet tref, maar skiet jy, is jy in die tronk!

HPV ·

Laai jou vuurwapen met “snake shot shells”. Dit werk uitstekend, sonder om te dood.
Dit is beskikbaar by wapenhandelaars. Kry ook ‘n paneelbord kamera sodat jy ‘n video het van die aanval op jou wat selfverdediging regverdig.

Pottie ·

Dit sal ek in die hof gaan uit sorteer broer maar as hy my lewe bedreig gaan hy nooit weer wakker word nie en as dit my tyd is dan is dit so maar ek gaan n klomp van hulle laat om val dit belowe ek jou

Anon ·

Die laaste ding wat jy moet doen is om jou veiligheidsgordel los te maak, en nog minder om uit te klim. Wat jy wel kan doen is om petrol te trap en deur die betogers te jaag as jou lewe in gevaar is.

Vintcent ·

President Rampspoedig (o.b.a. Cyril die Swyger), sal mos nooit toelaat dat sy stemvolk hardhandig hanteer en op hul plek gesit word nie.

TTh ·

Neem ten minste twee ekstra magasyne saam en korrel vinnig en skiet raak en gaan reguit huistoe vir ‘n lekker koppie koffie.

PJR ·

Ruk die polisie die betogers in die bek word hulle die vervolgdes tot by oom Daantjie in die kallerhok. Kyk maar na Marikana.
Soms kan ‘n vriendelik gesindheid baie bereik maar helaas soms ook nie. Die moderne betogers is militant en rammetjie uitnek.
Eerste minister JG Strijdom het ook by geleentheid in Johannesburg per ongeluk met sy motor in ‘n massa optog beland. Hy het sy hand huiwerig gelig om hulle te groet, want hy het gedink hulle sou die kar met klippe bestook. Hy was verras toe hulle geglimlag en teruggegroet het.

marous ·

Trek jou gesig dat jy lyk soos een van die seunse weenkoor . Steek jou eie voertuig aan die brand . Dans en skreeu saam met hulle . Die monitors sal jou binne sekondes arresteer en dan is jy veilig ….in die selle .

Koos de Meyer. ·

Potties ek stem saam met jou. As my of my familie se lewe bedreig word skiet ek en klaar. Is dit humanitêr om klippe te gooi.

Leon ·

Wetstoepaasers harloop weg waneer di warm raak. Kyk maar na Johannesburg. Hulle word nie meer opgelei om jou te beskerm nie. Net om toe te kyk hoe jy opgevoeter word. Soms help hulle sommer.

Ook beleef ·

Was self te midde van een. Verkeers beamptes was te besig om soos trom poppies voor die massa uit te beweeg om hulle aan my te steur, en so in hul skik met hulself man! Moes maar self uitkoms vind tussen die rotse deur wat die enigste pad na veiligheid versper het. Moet se, nie lekker belewenis nie.

SjN ·

Jaag verwoed op die een af met die klip in die hand, die lafaard sal skrik, sy hande en klip in die lig gooi en hardloop vir sy lewe.

Meraai ·

Ek het al in so ‘n gemors in gery. Glo my nie lekker nie. Eerste wat by my opgekom het was ry sommer in trurat terug tot dit veilig is en in daai selfde aksie het ek my pa gebel en gese bel die polisie. Dit het alles voor 6 in die oggend gebeur oppad huis toe. Bly op die plase rondom Randfontein.

Koos ·

Die raad is nou vir wanneer mens betogers kry. Ek het ongelukkig bie lanklaas enige betogers gesien of van hulle gehoor. Wat ek wél gereeld van hoor en sien is vandalistiese oproermakers. Watter raad is daar vir wanneer mens sulkes voor jou sien?

nabetragting ·

Ons het genoeg van dom leiers gehad. Ons soek nou na slim leiers.

#moegvirhulle ·

So, in kort word daar vir ons gesê dat dit is hoe dit is. Daar word niks daaraan gedoen nie, hulle kan maak wat hulle wil,so ons moet maar net pasop……..BELAGLIK!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.