Maak soustrein korter, beveel Cyril

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Skaars twee maande nadat die nuwe ministeriële handboek met byvoordele vir kabinetslede en adjunkministers van krag geword het, het pres. Cyril Ramaphosa opdrag gegee dat dit opnuut hersien moet word omdat dit te rojaal is.

Hy het die ministers van finansies, Tito Mboweni, staatsdiens en administrasie, Senzo Mchunu, en openbare werke, Patricia de Lille, opdrag gegee om die handboek dringend te hersien.

Ramaphosa het spesifiek opdrag gegee dat die drie ministers die bepalings oor drie aspekte hersien: Die koste van ampsmotors, die vergoeding wanneer ministers hul eie motors vir werkritte gebruik en die sekuriteitsopgraderings aan ministers se private woonhuise waarvoor die belastingbetaler moet opdok.

Dit volg nadat die DA se skaduminister van staatsdiens en administrasie, dr. Leon Schreiber, die nuwe handboek met die oue vergelyk het en gevind het dat dit selfs meer en duurder voordele as tevore bevat en ʼn veldtog daarteen begin het, tot groot verleentheid van die ANC-regering en veral van Ramaphosa.

Die nuwe ministeriële handboek met al sy luukshede het onder meer vir die ANC tot verleentheid geword omdat Schreiber dit punt vir punt vergelyk het met die aansienlik minder spandabelrige reëls wat die DA-regering in die Wes-Kaap ingestel het.

Sommige van die soustrein-voordele in die nuwe ministeriële handboek sluit in:

Wat ampsvoertuie betref, is elke minister en elke adjunkminister elk geregtig op twee motors – een gestasioneer in Kaapstad en die ander in Pretoria. Maar waar daar in die verlede ʼn (weliswaar peperduur) perk was aan die geld wat op ampsmotors uitgegee kon word, het daardie perk nou weggeval. Geen motor is nou te duur vir ʼn minister of adjunkminister nie.

Wanneer ʼn minister wel ʼn nuwe ampsmotor kry, moet hy of sy dit vir vyf jaar of 120 000 km gebruik voor dit vervang mag word – dis nou tensy dit onvoorsiene, ernstige meganiese moeilikheid ontwikkel.

Vir gewone herstelwerk en roetine-vervangings soos bande en olie betaal die belastingbetaler.

Die ampsmotors kan ook gebruik word vir die vervoer van eggenote en afhanklike kinders. Die minister en adjunk kry elk ʼn motorbestuurder en lyfwagte op belastingbetalerskoste.

Die aantal personeel wat ʼn minister kragtens die nuwe handboek volgens eie voorkeur in sy of haar kantoor kan aanstel, is vermeerder van 10 tot 15, met voorgeskrewe salarisse. Vir adjunkministers is die getal opgeskuif van ses na 11 personeellede.

Ministers en adjunkministers kry elk twee ampswonings – een in Kaapstad en een in Pretoria. Die belastingbetaler dok boonop op vir die minister en adjunkminister se huishulp, Wi-Fi, rekenaars, selfoonkoste (werksoproepe), landlyn-telefoonkoste (werksoproepe) en DSTV-satellietskottel.

Die belastingbetaler is ook verantwoordelik vir die ampswonings se water- en elektrisiteitsrekeninge, skoonmaakmiddels en skoonmaaktoebehore.

Wanneer die minister en/of adjunk vir werk buite Kaapstad of Pretoria moet oornag, kan hulle dit binne Suid-Afrika op belastingbetalerskoste doen in ʼn vyfsterhotel doen, en in die buiteland is die ekwivalent tot hul beskikking.

Wanneer die minister of adjunkminister aangestel word, word ʼn assessering van die sekuriteit by die minister of adjunk se private woonhuis deur die polisie en die intelligensie-agentskappe gedoen. Sekuriteit by die private woonhuis kan met tot R250 000 opgegradeer word op belastingbetalerskoste.

Ministers en hul adjunkte het ʼn onbeperkte aantal vliegkaartjies tydens hul ampstermyn. Nadat hulle uitgetree het – terwyl hulle dus niks meer doen in diens van die land nie – kry ministers vir die res van hul lewens 48 gratis binnelandse vliegkaartjies per jaar, adjunkministers 36 sulke vliegkaartjies per jaar, eggenote van voormalige ministers 24 vliegkaartjies per jaar, eggenote van voormalige adjunkministers 18 vliegkaartjies per jaar, en weduwees of wewenaars van ministers 12 vliegkaartjies per jaar.

Dit het twaalf jaar geneem om die ministeriële handboek wat in Junie in gebruik geneem is, oor te skryf. Dit is egter glad nie ʼn lang of ingewikkelde dokument nie – dit beslaan dertig A5-bladsye – en die verwagting is dat dit baie spoedig voltooi kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Dit bly verstommend hoe ‘n spul narre wat NIKS produseer nie, vir die hardwerkende werkers van Suid Afrika voorskryf HOEVEEL van ‘n hulle hard verdiende inkomste hulle moet oorbetaal aan ‘n trop Ministers en Misisters wat met daardie geld ‘n lewensstyl handhaaf waaroor die voorsieners wat daardie lewensstyl finansier net kan droom. En as jy nie daaraan gehoor gee nie, is JY die skuldige? Wanneer gaan ons opstaan en beswaar maak teen hierdie finansiële verkragting?

Gemaskerde anus ·

Hoe gaan jy ophou belasting betaal? PRAY DO TELL?

Joubert ·

Hoor blerrie hoor. Dit skreeu ten hemele. Ek twyfel egter nie dat ons binnekort ‘n rewolusie in die gesig staar nie. Die massas is besig om honger te word. Something’s gotta give.

Henry ·

Ek kon nie sien waar die Sopbeen vir belasting weerhouding gevra het nie. Miskien kan die ander gemaskerde ene – die ene met die kru naam – vir ons vertel wat die antwoord is.

Koddig hoe siele wat met smerighede vorendag kom, gewoonlik agter allerlei onsnaakse skuilname weg kruip. Gewoonlik die klikbekke wat van kleintyd af hulself met ‘n plank by kom.

Gert ·

Dis die enigste trein in die land wat nie gevaar loop om uitgebrand te word nie.

Cherokee ·

Henry, dit is ‘n skande dat jy nog nog nie met hierdie kommentaar van gekomplimenteer is nie. Ek lees nou eers hier en dit verduidelik waarom ek dit nou eers doen.

Opistophthalmus ·

Ek sal ook graag Gemaskerde “A” se antwoorde wil hoor.

Schalk ·

Dit sal nie ophou nie. Ek dink CR is totaal gemanipuleer en as hy op sy eie moes staan sou hy nie die “sukses” kon bereik en ‘n sakeman genoem kon word nie.
die ANC is nie deur my ingestem nie so hoekom is my belastingeld dan goed genoeg. Die siek spul politici is besig met selfverryking

BMW ·

Wil net weet hoekom die goed nog ‘n salaris kry alles is dan verniet??

Werner ·

Solank hy net nie afgehaal word nie kan die ry maar lekker kort word

Petrus ·

35 Bladsye in 12 jaar, ek kan nie glo dat hulle dit so vinnig kon doen nie.

Swannie ·

Daar is verlede week gerapporteer dat die lokomotiewe wat aangekoop is en nie geskik is vir Suid Afrikaanse doeleindes nie, eersdaags op `n veiling te koop aangebied word….. so, die soustrein behoort nie `n tekort aan trekkrag te hê nie.

Lagwekkend ·

Darem baie lekker om ‘n Minister of Adjunk te wees.
Lekker op die Soustrein en die Armste van die Armes krepeer nogsteeds elke dag.

Kobie Welgemoed ·

Geen wonder die mense klou so aan hulle poste nie. Hulle het ‘n oop tjekboek wat ons belastingbetalers leeg melk. Kyk na die hospitale wat broodnodig is. Dit is ‘n skande.

Rina Kotze ·

Goeie idee!!!

Belastingbetalers geld in om paaie en infrastrukstuur daar te stel en in stand te hou.

Maar ek sien SARS gaan nie die belasting teikens haal nie. So waar gaan hulle nou weer geld leen???

Gert ·

Daar is mos geen perk aan belastinggeld nie, as dit te min is verhoog jy net belastings.

marous ·

Die riool plaas se wal het klaar gebreek en nou wil hy dit met sy hande terug skep ?

Boskind ·

Ook maar ‘n bang spul….sekuriteit en beveiligingskoste baie hoog….hul bang vir dieselfde klomp wat ons gewone burgers so uitroei omdat ons nie “belastinggeld”het om ons en ons geliefdes te beveilig!!!

Chris ·

Hoe ironies, ons betaal vir hul sekuriteit terwyl óns die mense is wat daagliks blootgestel is aan al die misdaad in die land

PJN ·

Dis ‘n skande dat ons belastingbetalers so gemelk word. Die mense kry groot salarisse Hoekom betaal hulle nie hul eie lewenskostes uit hul inkomste nie.

Cornelia Steyn ·

Sjoe!!! Dit gaan lekker in hierdie land! Het dis GEEN uitgawes nie, want hulle kry alles, terwyl hier mense is wat skaars kos het om te eet, wat nog van skoon water en toiletgeriewe? Die lys is lank.
Is daar dalk ‘n pos vir my? Ek sal tee maak. Dan lyk dit my ek sal ook my lekker soustreinsalaris net so kan bêre. Waaaaar gaan alles eindig? Here, help ons ASB?!

Jimmy ·

So ‘n minister kan nou twee Rolls Royces aanskaf? In Swede het net die Eerste Minister ‘n ampsmotor, sommer ‘n kleinerige Volvo. Die ander ministers moet van openbare vervoer gebruik maak. Vir vêr trippies gebruik hulle poelkarre. Net die Eerste Minister het ‘n lyfwag.

Anoniem ·

Die ministers in Swede het seker nie so ‘n minderwaardigheidsgevoel wat deur deftige motors en bloulig brigades aangespreek moet word nie….

Hans ·

Dis waarom ons moet wegbreek van SA.Die Wes Kaap moet dit doen voordat al die inwoners van die Oos Kaap oorskuif of die grense verander word.
n Goeie begin is om die huidige petisies vir selfbeskikking en ook die een aan die Withuis te teken.Die alternatief is ondergang.

pieter ·

Ek gee nie om om belasting te betaal nie, maar nie so nie, hoekom moet ons vir die soustrein betaal ,betaal liewers nuks.

Pieter H ·

Politiek is hoogs betalende beroep. Skrikwekkend hoeveel studente Politieke wetenskap studeer . IMF sal help as geld te min raak voordat hulle kaartehuis uitmekaar val. Daar is niks nuuts in wat in Rsa gebeur nie. Dit is hoe dit is en sal wees.

Anoniem ·

IMF sal voorwaardes stel, wat die regering dalk nie aanneemlik sal vind nie…

chris ·

Hoe korter die soustrein hoe meer klipgooiers en bandbranders gaan daar wees.

Anoniem ·

Doie langtermyn oplossing vir die klipgooiers en bandbranders is nie op meer waens aan die soustrein te haak nie, maar om te sorg dat hulle betekenisvolle werk het wat ‘n bydrae lewer tot die ekonomie, waardeur hulle hulself kan onderhou.

En nou? ·

Ek het nog nooit van baie werk gehou nie! Wat moet ek doen om ‘n minister te word? Ek weet ten minste ek hoef nie kwalifikasies te he nie, maar wat meer moet ‘n blanke man doen om so pos los te slaan! Met sulke voordele, wie wil ‘n miljoener wees!!!!

De Villiers ·

Hoe ironies – daar is nie geld vir instandhoudingswerk aan staatsinfrastrukture en polisiemotors nie, maar daar kan in vyfsterhotelle oorgebly word, in duur motors gery word, ń klomp mense in diens gestel word vir ministers en hul adjunkte, ń hele klomp vliegkaartjies gebruik word en reddingsboeie op ń gereelde basis aan sukkelende staatsinstellings gemaak word, alles op die belastingbetalers se rekening. Ek hoop hulle kiesers sien dit raak. Dis dalk wat ons gewone landsburgers moet doen, en dis om hul kiesers daarop te laat let.

Anoniem ·

Simon, jou belabberde Afrikaans is pragtig en heel verstaanbaar.

Jerry ·

Die ANC is besig om SA te de-koloniseer en Zuma en CR is die voorbokke. Wanneer CR dus se dat die soustrein korter gemaak moet word, dan praat hy beslis nie van ANC kaders nie!

Ben ·

En dan is daar nog nie gepraat van al ons ambassadeurs en hul personeel wat in die buiteland bly. Wat se voordele het hulle en wat kos dit die belastingbetalers? Hoe lank kan Suid-Afrika nog regop bly voor die land in mekaar stort?

AndreD ·

Dis belaglik dat ‘n land se grootste werkgewer die staat is. Nog erger………….Daar is GEEN ander werkegewer in die land wat hierdie voordele bied nie. Jy sal stom geslaan wees as jy hulle kwalifikasies sien.

Anoniem ·

SA het verlore gegaan en niks gaan hierdie trein van sy spoor afkry. Dr Verwoerd het gese dat daar sal n tyd kom dat die witman die leisels sal moet oorgee aan die swartman en dit het toe so gebeur, maar hy het ook gese dat die swartman nooit die administratiewe kant sal kan behartig want die swartman weet nie hoe om dit te bestuur nie. Cyril, Ace, David wie ookal probeer sal misluk en ons gaan tot n punt kom waar ons sal moet wapen opneem en dit sal wit en swart wees wat saam gaan veg want daar is duisende swart mense wat sien dat dinge net slegter gaan en nie beter nie. As die ANC maar net wil luister maar nee hulle volg net hul eie kop en dit met n party wat in twee verdeeld is. Cyril is vasgevang tussen unies wat hom dreig met of jy doen so of ons lig jou uit jou kussings, dan sit hy met die Zuma kliek wat hom van n ander kant druk en dan sit hy met die eerbare landsburgers wat hy beloftes gemaak het maar nou kan hy nie lewer nie. So sal die stryd voortgaan. Te veel Unies en politieke partye. Ideaal sou ek net 3 partye wou sien en geen unies.

Daar le die ding. ·

Nou wonder ons belasting betalers hoekom die SAL met finansies sukkel en hoekom vlieg kaatjies so duur is. Laat al die ministers net op een plek bly en werk – siedaar vliegtuie is half vol en vliegtuig kaartjies word goedkoper.

honourable member ·

Sny sommer aan daai belaglike vet salarisse vir niks doen. Los ons salarisse uit.

Gert van Wierdapark ·

Ook maar goed dit het nie langer as 12 jaar geduur nie, dan was die Flippen Voordele nog miljoene Rande meer! Nota: Vir 30 bladsye se swoeg en sweet skryfwerk, is dit 2.5 bladsye per jaar!!! Die skrywers MOES dus VERSEKER vir Pres-tasie Bonusse kwalifiseer het! Die groot Sirkus lewer elke dag nuwe “Items” op!!!

Lou ·

Dit gaan orals in Afrika so. Die klomp wat regeer leef soos konings en die res kripeer.
Die salaris en voordele wat hulle kry is beslis nie vir die werk wat hulle doen of kennis wat hulle het en toepas nie, dit is meer van ‘n beloning omdat hy of sy ‘n goeie ANC kader is wat darem so nou en dan bietjie onsin kwyt raak in ‘n toespraak en ‘n mooi pak klere of duur rok na die Parlements opening toe dra. Dan is jou job as minister gedoen en kan jy en jou 5 vrouens en hordes kinders lekker leef.

zis ·

Hoekom moet die mense lyfwagte hê. Is hul lewe dan beter as ander s`n. Geldmors. Waar is die plaasboere se lyfwagte?

Brakenjan ·

Ek dink Ramaphosa kan net n begin maak en 50% van voordele sny. Oor klaar
en uit.

Adam ·

Die grootste probleem is die wanbesteding en mors van geld op onsinnige uitgawes. Die betaal van direkte belasting vergelyk nie te sleg met ander lande nie. In Engeland betaal net minder as 45% van die volwasse bevolking direkte belasting en die boonste 1% van verdieners betaal 27% van alle direkte belasting. Die vraag is hoekom ons nie dieselfde voordele aan ons bevolking kan bied nie en die antwoord is duidelik ons totale onbevoegdheid om die staat se geld op ‘n verantwoordelike wyse te bestuur en geldmors hok te slaan. Dit sal soos dit nou lyk nooit gebeur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.