Maak Zuma-spioenasiebande bekend, eis DA

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede 2014 Foto: Siyabulela Duda, GCIS (SAPA)

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede 2014 Foto: Siyabulela Duda, GCIS (SAPA)

Die DA het vandag opnuut geëis dat die sogenaamde spioenasiebande wat gelei het tot korrupsie-aanklagte teen president Jacob Zuma, openbaar gemaak moet word nadat Mulangi Mphego, voormalige intelligensiehoof, sy kommer oor die egtheid daarvan uitgespreek het.

“Die vraag is of die bande, wat deur die voormalige direkteur van nasionale vervolging Mokotedi Mpshe gebruik is as die rede om meer as 700 aanklagte van bedrog en korrupsie teen Zuma te laat vaar, eg is,” het James Selfe, woordvoerder van die DA, gesê.

“Die vraag is dan ook waar die bande van afkomstig is, en wie vir die opname verantwoordelik was. Indien die bande nie eg is, en nie vanaf die regte spioenasie-agentskappe is nie, sou die bande nie toelaatbaar wees ter ondersteuning van Mpshe se besluit om die aanklagte te laat vaar het nie “.

Die DA het reageer na aanleiding van ‘n berig in die Sunday Times waarin Mphego aangehaal is waar hy gesê het die bande waarna Mpshe geluister het, nie van misdaadintelligensie af kon kom nie.

“Ek het na al die bande geluister. Ek was verbaas toe ek Mpshe op televisie hoor sê het wat sy redes was om die klagte te laat vaar,” het Mphego aan die koerant gesê.

“Ek was geskok want ek kon nie dit wat hy gesê het, versoen met wat ek weet nie.”

Mpshe het in April 2009 besluit om die aanklagte van korrupsie teen Zuma terug te trek.

Mpshe het aan die koerant gesê hy kan nie seker wees dat Mphego na dieselfde bande as hy geluister het nie.

“Ek was nie saam met hom [Mphego] toe ek daarna geluister het nie. Ek het dit ook nie met hom bespreek nie. Hoe weet ek ons het na dieselfde bande geluister?”

Mpshe het gesê hy glo sy besluit om die aanklagte te laat vaar, die regte besluit was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.