Maatjie (10) vind meisie (10) hangend van boom

Argieffoto: https://pixabay.com

Die dood van ʼn 10-jarige gr. 4-leerder is ten sterkste veroordeel ná sy hangend van ʼn boom agter ʼn huis gevind is.

Konst. Mienkie Ramakgoakgoa, woordvoerder van die polisie, het gesê dié gruvonds is Sondag deur ʼn getraumatiseerde maatjie (10) van die meisie in Saselamani buite Giyani gemaak.

“Die getraumatiseerde kind het ouer mense in kennis gestel ná sy haar vriendin gesien het waar sy van ʼn boom af hang. Die saak is by die polisie en nooddienste aangemeld en die meisie is met hul aankoms by die toneel dood verklaar,” het Ramakgoakgoa gesê.

Die kind is as Ntwisiso Tshabalala, ʼn gr. 4-leerder van die Laerskool Tivoneleni, geïdentifiseer.

“Die dood van ʼn 10-jarige in sulke omstandighede moet deur almal veroordeel word. Ons maan ouers en voogde om na hul kinders om te sien en altyd daarvan bewus te wees waar hulle hulself bevind.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die voorval.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willie ·

So vergaan als in die land… en die arme kinder lei daaronder…

Wonder ·

Dit is erg! Arme kind. Kinders is veronderstel om nog sorgvry te wees op die ouderdom. Sterkte aan die familie

Blom ·

Dis nie te sê dis selfmoord nie. Kan ‘n verkragting wees en kind ophang om getuies te verhoed.. Mag hierdie saak ook goed ondersoek word. Mens wonder deesdae oor alles wat aangaan en soms geen moeite met ondersoeke.

oom stoffie ·

stem ek mos nou met jou saam. wat weet ‘n vrou van knope maak wat ‘n liggaam se gewig kan hou so hoe sal ‘n 10 jarige dit kan regkry. Die gehangery, is na my mening moord nie selfmoord nie.

Albaster ·

Jy moet sag rus. Wieookal verandwoordelik was vir jou dood moet boet.

Oom Kalahari ·

Dit is hartseer en traumaties vir gesin, Onderwysers en maatjies om so jongeling in hul skool en gemeenskap van afskeid te neem. Daar is baie dinge wat moontlik kon gebeur het en verg ‘n baie goeie ondersoek. Kinders speel lelike speletjies deesdae asook verkragting op die jonge kind mag dalk ook moontlik wees. Waar was alle familie lede tydens kind se alleenheid tuis. Ouers, ooms, tannies, vriende asook maats? Dalk wil iemand dit laat lyk soos selfmoord, maar moeilik om te glo dat so ‘n jonge kind so ‘n besluit mag neem en deurvoer, want ‘n kind op daai ouderdom sien uit na die lewe en wat hy of sy graag eendag wil wees. Watookal die gebeure, dit is jammerlik en alle medelye aan al haar naastes. Sterkte en RIV Ntwisiso.

Sê net ·

Ek sê net, ek baklei nie.

Willie, Cherokee en Kannaland, ek stem glad nie saam met julle nie.

Daar was hierdie tipe van insidente.

Ons het net nie daarvan gehoor nie.

Ons is baie beskermd groot gemaak, maar sekere goed bly jou tog by.

Ambulanse, polisie se flitsende blou ligte waar hulle voor jou maatjie se huis staan die oggend wanneer jy oppad is skool toe, juffrou wat jou in die klas vra: weet jy wat daar gebeur het? Die Juffrou weet jy speel by die maatjie al is hulle ñ ander skool as jy, want sy sien jou daar as sy verby ry huistoe. Jou mamma wat jou in die middag na skool vertel: die maatjie en haar boetie sal nie weer kom speel nie. ñ Verskriklike ding het gebeur.

Vir my as 7 jarige kind, was die dood van my maatjie en haar boetie, wat deur hulle pa verdrink is, baie traumaties en dit het nog al die jare by my gebly.

Hoop die kind wat die maatjie gevind het, kry berading.

oom stoffie ·

let mooi, die pa het jou maatjie vermoor, sy het nie selfmoord gepleeg nie.

annie ·

Ek wonder so in my binneste of hierdie taalpuriste nooit in hul lewe ‘n fout begaan nie; ek skryf self en is geseënd met ‘n goeie oog vir spelling, tog pleeg ek ook af en toe ‘n spelfout. Gelukkig het ek wonderlike vriende en ondersteuners wat my reghelp, maar geensins so sarkasties nie. Julle kon Willie van die begin af net reggehelp het, want hy sou dalk nie eers verstaan waaroor jul bohaai gaan nie.

Hoe nou? ·

Maria hoe kom dit nou al weer uit by die department van onderwys??? Ek dink eerder dat die polisie daardie statistieke sal he….

Theresa ·

Vreeslik. Mag hierdie ouers berusting vind en die maatjie met berading bygestaan word. Het ook ‘n spesmaas dis dalk eerder moord as selfmoord in hierdie geval. Hoop die speurders kry binnekort ‘n goeie leidraad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.