Maatjie (10) vind meisie (10) hangend van boom

Argieffoto: https://pixabay.com

Die dood van ʼn 10-jarige gr. 4-leerder is ten sterkste veroordeel ná sy hangend van ʼn boom agter ʼn huis gevind is.

Konst. Mienkie Ramakgoakgoa, woordvoerder van die polisie, het gesê dié gruvonds is Sondag deur ʼn getraumatiseerde maatjie (10) van die meisie in Saselamani buite Giyani gemaak.

“Die getraumatiseerde kind het ouer mense in kennis gestel ná sy haar vriendin gesien het waar sy van ʼn boom af hang. Die saak is by die polisie en nooddienste aangemeld en die meisie is met hul aankoms by die toneel dood verklaar,” het Ramakgoakgoa gesê.

Die kind is as Ntwisiso Tshabalala, ʼn gr. 4-leerder van die Laerskool Tivoneleni, geïdentifiseer.

“Die dood van ʼn 10-jarige in sulke omstandighede moet deur almal veroordeel word. Ons maan ouers en voogde om na hul kinders om te sien en altyd daarvan bewus te wees waar hulle hulself bevind.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die voorval.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willie

So vergaan als in die land… en die arme kinder lei daaronder…

Wonder

Dit is erg! Arme kind. Kinders is veronderstel om nog sorgvry te wees op die ouderdom. Sterkte aan die familie

Blom

Dis nie te sê dis selfmoord nie. Kan ‘n verkragting wees en kind ophang om getuies te verhoed.. Mag hierdie saak ook goed ondersoek word. Mens wonder deesdae oor alles wat aangaan en soms geen moeite met ondersoeke.

Albaster

Jy moet sag rus. Wieookal verandwoordelik was vir jou dood moet boet.

Oom Kalahari

Dit is hartseer en traumaties vir gesin, Onderwysers en maatjies om so jongeling in hul skool en gemeenskap van afskeid te neem. Daar is baie dinge wat moontlik kon gebeur het en verg ‘n baie goeie ondersoek. Kinders speel lelike speletjies deesdae asook verkragting op die jonge kind mag dalk ook moontlik wees. Waar was alle familie lede tydens kind se alleenheid tuis. Ouers, ooms, tannies, vriende asook maats? Dalk wil iemand dit laat lyk soos selfmoord, maar moeilik om te glo dat so ‘n jonge kind so ‘n besluit mag neem en deurvoer, want ‘n kind op daai ouderdom… Lees meer »