Maatreëls oor Paastyd ‘onvoldoende’ om infeksies te stuit

Saapa sê drankgebruik neem gewoonlik oor naweke en vakansiedae. (Foto: pixabay)

Die gewysigde maatreëls wat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het, is moontlik onvoldoende om ʼn derde vlaag Covid-19-infeksies oor die Paasnaweek te voorkom.

Dít volgens die Suider-Afrika-alliansie vir Alkoholbeleid (Saapa) wat sê ten spyte van “duidelike bewyse oor die Desembervakansie dat drank-aangevuurde sosiale byeenkomste superverspreiders van die koronavirus is” en druk op die openbare gesondheidstelsel verhoog, is die grootte van toelaatbare byeenkomste nietemin verhoog.

Ingevolge die verskerpte regulasies kan drankverkope by plekke soos restaurante, kroeë en tavernes soos gewoonlik voortgaan, maar geen drank vir tuisgebruik mag van Vrydag tot Maandag verkoop word nie.

Wat geloofsbyeenkomste betref mag 250 mense ʼn kerkdiens binnenshuis bywoon en 500 mense mag dit in die buitelug bywoon.

Saapa sê in ʼn verklaring die meeste lande wat swaar deur die pandemie getref is, met enkele uitsonderings soos Suid-Afrika, het besluit om plekke soos restaurante te sluit en eerder drankverkope vir tuisgebruik toe te laat.

“Hulle het ook sosiale byeenkomste streng beperk of verbied. Dit is weens die feit dat die gebruik van alkohol in sosiale omstandighede ʼn uitwerking kan hê op drinkers se vermoë om rasionale besluite te neem, veral rakende voldoening aan Covid-19-protokolle soos die dra van maskers en sosiale afstandhandhawing.”

Saapa sê drankgebruik neem gewoonlik oor naweke en vakansiedae toe, veral oor Paasfees en in die Desembervakansie omdat mense ontspan en byeenkom by gelisensieerde venues, partytjies en familiebyeenkomste.

Die organisasie sê ʼn gebrek aan voldoende beperkings in Desember het tot ʼn toename in die getal Covid-19-infeksies gelei. “Dit het ook ʼn desperate regering genoop om ʼn algehele verbod op die vervoer en verkoop van alkohol van 28 Desember verlede jaar in te stel.”

Dié verbod is sedertdien opgehef.

Saapa voer aan dieselfde gevaar staar die land nou weer in die gesig. Die Paasnaweek lê voor, dan volg die skoolvakansie en nog twee vakansiedae.

“Die afwesigheid van doeltreffende stappe om die gevare wat uitermatige alkoholgebruik inhou te verminder kan lei tot ʼn herhaling van wat in Desember gebeur het.

“Ons hoop die geskiedenis herhaal nie homself nie. Hoop gaan dalk nie so doeltreffend wees soos wat die aanvaarding van verskerpte drankbeperkings oor die Paastyd sou gewees het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Bernard ·

Elke Jap Rap en sy maat lê ‘n eier! Wie op aarde is Saapa? En het hulle bestaansrecht?

Robert ·

Hulle is die control freaks wat drank will verban… go figure…

piper ·

ons sal maar sien. bottelstoor eienaars het darem nou n lekker langnaweek sonder verliese aan omset

Casper ·

Bernard ek steun jou 100%.Stel hulle inperkingsmaatreëlls in kla hulle,stel hulle ‘n verbod op alkohol verkope in kla hulle.Nou doen die regering nie genoeg om infeksies te stuit nie.Die regering kan nie vir jou dink nie en jy kan nie jou verantwoordelikhede op die regering aflaai nie.As jy wil dronkbestuur het jy daai besluit geneem,as jy nie jou masker wil dra nie het jy dit besluit.As jy die virus opdoen blameer jouself.

VaalDonkie ·

‘n organisasie teen alkoholgebruik vertel ons dat alkoholgebruik sleg is vir ons? EK IS LETTERLIK STOMGESLAAN

zonstar ·

Saapa moet nou besluit aan watter kant van die draad hulle nou eintlik wil staan! Toe die inperkingsregulasies streng was, was hulle opstandig. Noudat die regulasies verslap is, spreek hulle weereens kritiek uit. Hulle moet nie die regering daarvan beskuldig dat hulle irrasioneel is terwyl die rasionaliteit van hul eie uitsprake bevraagteken kan word nie.
Indien Saapa bekommerd is dat die huidige verslapte regulasies later tot strenger inperkings en ‘n verdere drankverbod kan aanleiding gee, moet hulle dan eerder só sê.

Ansie ·

Maak nie saak wat die regering doen nie – as mense wil drink en partytjie hou en onverskillig optree, sal hulle. Jy kan nie die hele ekonomie vernietig en onskuldiges se inkomste en bestaansreg in gevaar stel omdat ‘n handvol van die publiek hulle nie kan gedra nie. Verantwoordelike mense kan bloot hulle bes doen om hulleself teen idiotiese optrede te beskerm.

Buks ·

Die regering se mandaat is nie om lewens te red nie. Hulle moet hulle bepaal by DIENSLEWERING en die mense los om hulle lewens self te regeer. Wie gee die regering die reg om te besluit wie mag waneer of hoe besigheid doen? Word wakker SA.

Mariana ·

Hierdie regering doen als verkeerd om. Dis omdat die persone wat hierdie besluite neem, doodeenvoudig magsbehep is. Hulle hou die land se mense nou al te lank gyselaar met die inperkings en beperkings en goed wat slegs vir sommiges geld. Teen hierdie tyd behoort almal te weet hoe om hulself te beskerm, selfs kinders weet. Of daar nou drank betrokke is by byeenkomste of nie daar gaan beslis besmetting plaasvind, maar die aantal mense word verhoog. Dit maak net nie sin nie.

Elize ·

Kan elkeen nie maar net verantwoordelikheid neem vir homself nie? Ons is mos nou almal mooi groot. Ek rook nie, ek drink nie en ek gaan nie weg die naweek nie maar voel hoekom moet die een lot altyd gestraf word omdat sekere mense hulle nie kan gedra nie? Vir die skrywer van die artikel wil ek net se dat die skoolvakansie eers aan die einde van April opduik.

Stof ·

In hierdie tyd herdenk ons dan juis Jesus se offer wat vir elkeen van ons as prys dien vir verlossing. Die grootste offer ooit.
Ons het die plig om ons opregte waardering aan Hom te toon.
Waarom dan, sou Vader dan toelaat dat ‘n beweerde goggatjie tydens ‘n fees tot eer van die verlossing wat Hy ons skenk op grond van Jesus se prys, enige vrygekoopte sou bedreig?
Hy is ‘n God van liefde. Hy is oneindig groter as enige menslike owerheid of beweerde aardse kiemetjie.
Ekself sien daagliks Sy grootheid soos wat Hy werk. Hou vas aan Hom en jy sal Sy omvouïng en beskerming eerstehands ervaar.
Maak dus vandag Sy omarming, ook jou eie.

Jan ·

Data-analiseerders en top wetenskaplikes, onder andere by die gesaghebbbende Pandata, bevind dat die opvolgende “golwe” deur inperkingsmaatreëls gedryf word, nie deur virusse nie.

Saartjievandiebosveld ·

Dink bietjie so….Vrydag ,Sondag en Maandag is die bottekstore in elk geval toe…so dis net Saterdag wat drank nie verkoop mag word nie.
Hoe erg is dit dan nou. ….

Piet ·

En as die hemel val dra almal blou hoedjies. Dis ‘n hele magsbehepte manupilerende magspel. Gaan aan soos normaal. As dit gevaar vir jou inhou, isoleer jouself. Dit is gevaarlik vir ‘n klein minderheid. Lees die statistieke met beter oorsig, dis daar vir almal om beter gevolgtrekkings te maak.
As 1 of 2 uit ‘n 100 doodgaan is dit verseker tragies, maar wat van die 98 oorlewendes? En dis nie of die 1 of 2 wat covid gekry het nie gevaar sou he met iets anders nie. Jammer as dit gevoelloos klink, maar werkloosheid gaan groter gevare he as Covid as die magspel voortgaan.

Boeing ·

Ek het dit nog altyd vermoed. Daardie virusse is alkoholiste en superverspreiders.

Jan ·

“Wat in Desember gebeur het” is slegs ‘n voortsetting van die belaglike mediafoefie wat wil voorgee dat die inperkingsmaatreëls werk. Wetenskaplike ontleding van die data bewys dat geen van die maatreëls enige plek ter wêreld ‘n noemenswaardige verskil aan die impak of verspreiding van virusse gemaak het nie. Wat wel meetbaar is, is geweldige kollaterale skade en sterftes weens die maatreëls. Dit is onvergeeflike misdaad teen die mensdom maar word steeds goedgepraat en voortgesit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.