Maats probeer vergeefs tiener se lewe red

(Foto: ER24)

ʼn Groep tieners het Saterdagmiddag verbete op die rotse op ʼn strand by Oudekraal in Kaapstad probeer om ʼn 18-jarige seun se lewe te red nadat hy onder die water verdwyn het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici van dié nooddiens asook hul kollegas van Life Healthcare Emergency Response het ʼn groep van omtrent vyf seuns vanmiddag aangetref waar hulle besig was om kunsmatige asemhaling op die seun toe te pas.

“Volgens een van die seuns het hulle geswem toe hul maat onder die water verdwyn het. Hulle kon hom na die oppervlak bring en het hom op ʼn groot rots getel waar hulle met KPR [kardiopulmonêre resussitasie] begin het.”

Hulle het glo sowat 20 minute lank probeer om die seun by te bring.

Ross sê paramedici het by hulle oorgeneem nadat hulle op die toneel aangekom het.

“Hulle het dit vir ʼn tyd lank voortgesit voordat hulle die pasiënt ongelukkig op die toneel dood verklaar het,” het Campbell gesê.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gehelp om die seun se liggaam van die rotse na die strand te verskuif. Die polisie en forensiese patologiedienste was ook op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
marius

Jammer !

JM

Só tragies. Geen ouer behoort soiets deur te maak nie.

Blomme

Baie Jammer