Maats sien hoe seun (14) verdrink

Argieffoto

ʼn Prettige swemuitstappie ná skool het in ʼn tragedie ontaard toe ʼn 14-jarige seun op ʼn plaas noordoos van Ventersburg in die Vrystaat ten aanskoue van sy vriende verdrink het.

Kapt. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Woensdag omstreeks 17:00 plaasgevind.

Volgens Khosana woon die seun in Phahameng in Mmamahabane net buite Ventersburg en het hy en sy vriende dié middag in die rivier by Groenpunt-plaas gaan swem. Die rivier is langs die R70 geleë.

Hy sê die kinders was glo almal in die water toe die seun onder die oppervlak verdwyn het. “Die ander kinders het na die nedersetting toe gehardloop om die volwassenes te vertel wat gebeur het. Die ouers het die polisie en noodpersoneel ontbied.”

Khosana sê toe die Welkom-polisie se duikeenheid by die toneel aankom, was die seun steeds vermis. “Hulle het die liggaam uit die water gebring. Die seun is op die toneel dood verklaar. Die seun se familie het hom uitgeken en die liggaam is daarna na die staatslykshuis in Welkom geneem,” sê hy.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Brig. Cynthia Molale, waarnemende bevelvoerder van die Thabong-polisiegroepering, het ʼn beroep op ouers gedoen om hul kinders af te raai om in riviere te swem, aangesien dit lewensgevaarlik is. “Die reën veroorsaak ook dikwels groot waterpoele in landelike gebiede waarheen die kinders gaan om sonder toesig te swem. Die kinders moet geleer word hoe gevaarlik dit is,” het Molale gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

As kinders het ons gereeld in die Trichardtspruit se kuile geswem. Plaasdamme was ook nie snaaks. My vader het egter ons gewaarsku om voor elke swem of duik eers die water te ondersoek vir sandbanke, takke en doringdraad wat na reën in die water kon wees. Gister se waterkuil/dam is nie dieselfde as vandag. Maak seker want jy kan in ‘n sandbank vasduik of onder drade/boomtakke beland. Laasgenoemde veroorsaak dat jy verstrengel raak en ‘dan versuip jy’ soos my pa dit in ons koppe ingeprent het. Meer as 60 jaar gelede maar voel soos gister.
EN MAASDORP: Ek verlustig my nie in hierdie kind se dood.

Piet Pompies ·

Leer ‘n kind swem en jy red ‘n lewe, al drie ons kinders het swemlesse gehad van kleins af en so ook ons klein kinders.
Dit is tragies dat kinders moet sterf, hou maar aan die vlak kant met voete op die grond.
Sterkte aan die ouers.

Boetie ·

Ai hoe tragies is dit,dit was veronderstel om ‘n lekker swem uitstappie vir di kinders te kon gewees het,wat nou ongelukkig baie tragies uitgedraai het-ek wil nou net weet mnr maasdorp wat se jy nou van di tragiese dood he,of hou hy weer party ???????????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.