Maatskaplike krisis dreig

geld-finansies-spaar-begroting-belegging-deur-stevepb-op-pixabay

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die Solidariteit Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers het hom sterk uitgespreek teen die departement van maatskaplike ontwikkeling aangesien nog subsidie-uitbetalings weens nalatigheid sloer.

Die gilde het die Solidariteit Navorsingsinstituut versoek om deurtastende navorsing oor die uitdagings van subsidie-uitbetalings te doen sodat die groep met werkbare oplossings na die departement kan gaan.

“In April vanjaar het kinderhuise in Pretoria deurgeloop en nou is dit kinderhuise, ouetehuise en ander instansies in die Oos-Kaap,” sê Hennie Bierman, hoof van Solidariteit se Beroepsgildes. “Dit blyk dat dit al hoe meer in ’n landswye maatskaplike kwessie ontaard en die departement moet hiervoor aanspreeklik gehou word.”

Luidens ’n mediaberig versuim die departement om staatsubsidies aan talle organisasies sonder winsbejag in die Oos-Kaap uit te betaal. Die meeste van hierdie organisasies is blykbaar vier maande gelede laas betaal.

“Die uitdagings wat die nie-betalings van subsidies inhou, is aansienlik groter as net kosvoorsiening. Personeel se salarisse en ander basiese behoeftes kan ook nie betaal word nie,” het Bierman bygevoeg.

Indien die departement die subsidies nie binnekort uitbetaal nie, sal hierdie organisasies genoodsaak word om hul deure te sluit, wat ’n katastrofiese impak op gemeenskappe sal hê, wat grootliks op maatskaplike hulp staatmaak.

“Die Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers voel sterk dat maatskaplike werkers met genoeg uitdagings te kampe het. Of hulle die salarisse gaan kry wat hul toekom, moenie een van daardie uitdagings wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marie ·

Die stand van ‘n gemeenskap word geken aan hoe die swakstes in daardie gemeenskap behandel word. Ons regering is ongelukkig ‘n hiëna staat, waar alles opgevreet word en niks vertroetel word nie. Dit is ‘n skande, ek skaam my deesdae om ‘n Suid Afrikaner te wees.

Henk ·

Dis maklik. Hou die departement se salarisse terug tot die betalings aan die maatskaplike instansies gedoen en opgevang is.

Hans ·

Tragies dat weerlose mense so behandel word-????????????????????????????????????????????

Db ·

Werk – dit is die tweede vervloekte woord wat in hierdie land ontstaan het. Alles is op ‘n sloerstaking as dit kom by die uitvoer van pligte. Hoor laasweek ‘n wese by ‘n sekere bank reken hy sal werk wanneer hy so voel! Die toue staan by die deure uit maar meneer staan met hande gevou en dit was sy kommentaar toe sy “superwiser” hom vra hoekom hy nie die kliënte help nie

Stebastiaan ·

Wonder of daar geld is om die instansies te betaal met die dat die regering bankrot is, asg van korrupsie????

honourable member ·

Dis vandat hulle onbekwame mense aanstel dat hierdie chaos begin het. Solank jou kleur en politiek reg is tel bekwaamheid nie en dis hoekom dienslewering se dae verby is. Hierdie goed kom aan diens wanneer hulle wil, vat solank ete as hulle wil en het net geen verantwoordelikheid.

MW ·

Gaan kyk na die pos wat geadverteer word binne die staat – Hoof Maatskaplike Werk diense…..salaris oor die R1 500 000.00!!!!!
Dit is ‘n skande dat sulke salaris aan senior staatsamptenare betaal word terwyl daar nie geld om aan NGOs behoorlike subsidies te gee vir dienslewering nie en goed gekwalifiseerde maatskaplike werkers word patetiese salarisse betaal.

Verlaag die salarisses van hierdie hoogsbetaalde staatsamptenare en gebruik daardie geld vir maatskaplike dienste, onderwys en ander noodsaaklike dienste.

John ·

Solidariteit moet asb nog ‘n arm begin, met ‘n ander naam, om armoede en die werkloosheidsvraagstuk onder Afrikaners te ondersoek en te openbaar. Daar is ‘n groot behoefte. Destyds na die Boereoorloè moes vreemdes dit doen. Na die Depressie was die volk aan’t flarde. ‘n Krisis dreig nou ook en tehuise is die bewys. Moenie op die VF Plus hoop nie. Dr Groenewald wat skielik opgepop het, het reeds sy interras-gesig gewys. Hy wil alle rasse integreer wat van sy fighter-foto hou en daarna welsynswerk verrig om sulke vreemdes in sy konsentrasiekampie te voed en klee… want dit is waarop dit gaan neerkom: die reènboog alweer, met die gee-goudpot onder die wit punt met ‘n kraantjie vir tap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.