Maatskaplike sekerheidsfonds nóg geld wat ANC kan ‘plunder’

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

Daar is al hoe meer teenkanting teen die regering se voorgestelde nasionale fonds vir maatskaplike sekerheid (NSSF).

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Woensdag die groenskrif vir die voorgestelde inwerkingstelling van die NSSF in die Staatskoerant afgekondig. Daarvolgens stel die regering voor dat Suid-Afrikaners tussen 8% en 12% van hul inkomste tot ʼn beoogde NSSF bydra wat dan sentraal deur die staat bestuur sal word.

ʼn Drempel van R2 760 word op maandelikse bydrae tot die fonds gestel en die fonds sal gebruik word om maatskaplike toelae en pensioengeld aan mense te betaal. Mense wat ʼn hoë inkomste verdien, sal wel steeds bydraes aan hul eie privaat pensioenfondse moet maak.

AfriForum het die plan as “roekeloos” verwerp en sê sy regspan is gereed om die plan te beveg.

Die organisasie sê dit lyk of die regering mense probeer aanmoedig om ʼn belastingverset van stapel te stuur.

Johan Kruger, hoof van gemeenskapsontwikkeling by AfriForum, sê die voorstel is vergesog en tekenend van die ANC wat eenvoudig nie volgehoue ekonomiese groei kan bewerkstellig nie, asook bankrot is aan idees om werk te skep.

“Die reeds oorbelaste belastingbetaler sal geen ander keuse hê as om te weier om 12% van sy of haar inkomste, bykomend tot ʼn geweldig hoë belastinglas, te betaal nie. Die ANC speel met vuur en is daarop uit om gemeenskappe en belastingbetalers se geduld te beproef.”

Kruger waarsku ook dat die ANC se “welsynstaat nie volhoubaar is nie”.

“Hierdie verdere verpligting sal die gans wat die goue eiers lê se nek eenvoudig omdraai. Gemeenskappe is op die randjie van ʼn belastingverset, maar die ANC druk sy kop in die sand en gaan voort met sy uitgediende ideologieë en beleidstellings.”

Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van veldtogte, sê sowat 2,7 miljoen belastingbetalers dra reeds die res van die land se inwoners en dit is verregaande om die reeds oorbelaste belastingbetaler nou nog verder te belas.

“Dit ly ook geen twyfel wat met die geld sal gebeur nie. As ʼn mens maar net kyk na die ANC-regering se prestasie op hierdie gebied, gaan dit aan oorsese vakansies, Duitse motors en Franse ontwerpersdrag bestee word,” sê Broodryk.

Die VF Plus het die voorstel op sy beurt as “kruipende kommunisme” bestempel.

Adv. Anton Alberts, die party se nasionale voorsitter, sê dit is ʼn kwessie van die staat wat die vrye mark wat waarde, werk en rykdom moet skep, vernietig in ruil vir vals beloftes om vir almal van die wieg tot die graf te sorg.

Alberts sê dit is ʼn poging om stemme te werf.

“Die ANC is benoud oor sy tanende steunvlakke weens die vernietigingstog van sy eie swak ekonomiese beleid oor die afgelope 27 jaar, sy irrasionele reaksie op die Covid-19-pandemie en sy platvoetige reaksie op die onluste wat dalk weer kan opvlam.

“Daarom moet die ANC weer nuwe beloftes aan die kieserspubliek maak wat heeltemal onrealisties is en die ekonomie finaal kan vernietig. Die VF Plus sal hierdie voorstel van die ANC-regering met alles in sy vermoë teenstaan.”

Alberts sê dit is duidelik dat die ANC-regering nie die wil of vermoë het om die broodnodige strukturele veranderinge aan te bring wat vereis word om die skerp afwaartse ekonomiese trajek om te keer nie, veral soos vereis deur die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds (IMF).

“Die ANC is ongelukkig so ideologies verknog aan sy oorspronklike Marxistiese ideale dat geen afwyking geduld kan word nie. Die ANC verskerp eerder met elke krisis sy kommunistiese beleid en grawe die gat waarin Suid-Afrika is, net dieper.”

Hy sê die Suid-Afrikaanse ekonomie kan nie die voorgestelde nuwe nasionale aftreefonds bekostig nie en dit is iets wat nie eens vir die meeste ontwikkelde state bekostigbaar is nie.

“Die koste daaraan verbonde gaan die middelklas heeltemal vernietig. Dit sal Suid-Afrika laat waar talle ander ontwikkelende state wat dieselfde eksperimente beproef het, hulle tans bevind, naamlik ʼn staat met ʼn baie klein skatryk elite en massas uiters arm mense.”

Alberts sê die nuwe fonds gaan ʼn enorme nuwe poel van geld skep wat na hartelus geplunder gaan word.

“Dit ly geen twyfel nie dat die plundering endemiese afmetings sal afneem, gegewe die ANC-regering en sy onbevoegde, gierige staatsdiens en openbare ondernemings se eie rekord in dié verband.”

Hy sê namate die ANC se beleid misluk en die waarde in die markgerigte ekonomie al hoe meer vernietig word, sal hy al hoe meer sy lang vingers inslaan in die oorblywende poele van waarde.

“Dit is ook waarom die ANC alle mediese fondse saamdwing in een staatsbeheerde fonds onder die Nasionale Gesondheidsversekeringskema en nou verdere belastings hef vir ʼn nuwe pensioenfonds.

“Die volgende stap gaan wees om alle pensioenfondse saam te dwing in een pensioenfonds wat die laaste poel van geld vir die land daar sal stel wat geplunder kan word. Sodra die mediese en pensioenfondse leeg is, sal die Suid-Afrikaanse staat finaal in duie stort bestaande uit ʼn klein ryk groep ANC-kaders en massas armes wat met mening onderdruk sal word,” sê Alberts.

“Die ANC het ʼn toekomsdraaiboek geskryf met skrikwekkende gevolge vir die land en sy mense. Die VF Plus sal dit met alles in sy vermoë beveg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Johanncb ·

Hierdie is absolute gekheid! Die minister het ‘n goeie psigiater nodig!

Persheks Adri ·

Hoeveel meer moet ons betaal vir die ongeskoolde klomp? Ek weier punt en as ons saam staan dan verset ons die belasting. Ons is waaragtig gatvol PFFFT!!! Daar moet eenvoudig ‘n manier om die plan wees

Anel ·

As ens dink jy het nou alles gesien, dan kom hulle met iets anders. Hoekom hou almal nie net op werk nie, gaan staan bakhand by die regering en kyk waar kom die kos en geld vandaan. KOMUNISTE!!!!

Mariana ·

Hierdie land is bankkrot en sy mense kry swaar en die ministers mors geld voor die voet. Die belastingbetaler is voos betaal vir als. Liewe aarde waar moet al die miljoene vandaan kom. Die ministers verdien astronomiese salarisse, dan boonop betaal hulle vir bitter min. Als is mahala. Dis tyd dat mense hulle voete begin neersit en sê genoeg is genoeg en hierdie ANC uitstem in verkiesing, hulle het nou genoeg geplunder en opgemors. Ramapoza praat net maar daar is geen bewys dat hy regtig omgee nie.

jou gewete ·

uitstem gaan nooit gebeuer nie. draai die krane toe, die belasting krane

Martie Smartie ·

Nou ja, as jy die nasionale gesondheisversekering (ANC nuwe geldskep no 1) en hierdie staatsafhanklikheidsplan (ANC nuwe geldskep no 2 en hou-die-massas afhanklik-en-hulle-stem-vir-jou) pls gewettigde grond/eiendoms diefstal saamgooi, wag hier ‘n redelike gemors vir hierdie land. Ploeter maar zoo voort, van my af kry jul nie n sent vir plan 1 of 2 of enige van julle geldskep planne nie. Wat my betref moet mense wat belasting kan weerhou of nie betaal nie, dit so goed as moontlik doen sonder om in die warm water te beland.

jou gewete ·

beter organiseer om dit wettig te kan weerhou om regering tot sy sinne te dwing

Dries ·

Ons moet wakker word. Hierdie Ramaphosa het woeste planne om ons te vernietif. Hy gaan net aan met sy kader ontplooing en stel net korruptes aan sover hy kan

Renier ·

Onthou net,sodra die ANC uitgestem word kom die EFF in,dan gaan dit erger wees. Berei solank voor…

jou gewete ·

daai gaan nie gebeur nie, ons moet net ophou kruip voor ramaposa en hom sien vir wat hy is en organiseer om beheer oor te neem met finansieele mag

Francois ·

Solank daar so baie opposisie partye(33) is, wat die stemme versplinter, sal die ANC maar weer ingestem word. Wat het geword van saamstaan? Mense moet n slag ook opdaag by die stembus. Hou op kla. Gaan registreer en stem.

lodewyk ·

Ek stem 100% Francois,ek ken baie mense wat kla maar hulle gaan nie stem nie en hulle besef nie dat elkke stem teen die ANC n stem is vir verandering nie,MENSE GAAN STEM!!

jou gewete ·

reg is julle reg maar dit help nie, die stemvee word gekoop met kinderpay, kierie pay R350 kospakkies en t shirts. hulle stem altyd anc

Tiptol ·

Dit voel so. Ek dink in die ou dae het mense ook gebid vir Rhodesië….

Sarel ·

Hulle moet eerdet konsentreer op werksskepping..
masr mense hou nie daarvan om te werk nie

Anoniem ·

Verskoon my, weereens moet ons opdok vir die Geldgierige Regering. ?
Ons geld waarvoor ons werk moet gaan vir ander se toelaes, wie se skuld is dit.? Uit en uit die Regering. Stop die “kinderpay” (eintlik het dit ‘n beter naam wat nie hier genoem mag word nie). Voorsien die medelandsburgers van voorbehoedmiddels en as hulle dit nie gebruik nie, sluit die fabrieke. Ons moet huislenings betaal, uiterse hoë skoolfondse, hoë belasting, krag ens. dan moet ons nog pa staan vir die Regering se foute? Uiters belaglik, daar word R350 mahala uitgedeel vir “werkloses” verbeel jou, in elk geval geld wat die Regering nie het nie. My bloed kook.

Tiptol ·

Swerwer, jy hoef nie verskoon te word nie. Jy het die reg om so te voel en jy is nie alleen nie.

Anoniem ·

Baie jammer, maar ek dra nie by tot ‘n pensioen vir bokwagters wat sit en kalbasbier suip nie.

Hardekwas ·

Amper stik ek in my pap! Dis wraggies die snaakste grap wat ek in n lang tyd gehoor het.

Androclus ·

As dit by geld kom dan dink hulle reg,want dan kan dienslewering nie geskied nie,want hulle aas alles.

Hanna ·

8% sal beteken dat ek nie langer my kar kan bekostig nie… Ek is seker ander wat reeds onder die broodlyn lewe beslis oor die afgrond gaan stort as hierdie ding voortgaan…

Zet ·

Ja Hanna ek stem. Ek maak dit alreeds broekskeur amper nie. Met 8% weg van my salaris is ek vêr onderdeur. Die ANC raak mal!

Elize ·

Baie slim ‘move’. As mense afhanklik gemaak word van staats toelae, weet die regering hys verseker van stemme. So ook waar mense krepeer van ellende, maklik om beloftes te maak in ruil vir stemme.

marius ·

Begin sommer by haar . Dan die Polisie . Daan die weermag . Dan die onderwysers . Voor 5 uur is sy en haar slim pelle nie meer nie .

jou gewete ·

hoe gouer die belastingbetalers met georganiseerde belasting verset begin hoe beter vir die land. Ons kan doodeenvoudig nie meer die anc korrupsie bekostig nie en engste manier wat dit sal stop is met belasting verset. Draai die krane toe.

H.A. ·

Laat die heyenas die voorbeeld stel om eers R900 mijoen te skenk ~ INTUSSEN BLY UIT MY LEWE UIT !

Willem Wikkelspies ·

As jy (ANC) bankrot is, en die troffel waaruit jy altyd geskep het leeg is (staatsfonds), hoe dan beter as om dié met geld (wat in elk geval nie vir jou stem nie) te kry om te betaal vir die t-hemde en dies meer wat jou lojaliteit verseker onder die oningeligtes!
Slim gedink! Gebruik die opposisie om jou verkiesings veldtog te befonds!

gatgogga ·

Mense, wat die ANC besig is om te doen, is om ons van balans af te hou, deur ons gedurigdeur te peper met dreigemente. Konfiskering van ons eiendom sonder vergoeding, konfiskering van ons vuurwapens, hierdie nuutste skenking wat hulle by ons wil vat, ens., ens. Hulle hou ons gedurig op die verdediging.
Die manier hoe ons die bordjies kan verhang, en hulle op verdeiging kan kry, is om dringend en uit volle bors aan te dring op ons eie onafhanklikheid.

Blomme ·

Klomp onbevoegde sogenaamde leiers. Weereens ń bewys van geen kennis van die veld waarin hulle hul bevind. Jammerlik vir ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.