Maatskaplike toelaes: Bedrogsindikaat oopgevlek

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 14 persone is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ʼn bedrogsindikaat wat binne die Sassa-toelaagstelsel bedrywig was.

Die Valke, die polisie se intelligensiediens, lede van die bedrogbestuurspan by Sassa (Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Dienste en ʼn privaat ouditeursfirma, was deel van die ondersoek.

“Die sindikaat het tussen provinsies opgetree en is die grootste sindikaat van sy soort tot nog toe,” het maj. Robert Netshiunda, woordvoerder van die polisie se direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (Valke), gesê.

Meer as 500 sake van identiteitsbedrog wat verband hou met die uitbetaling van maatskaplike toelaes, is tydens die interne ondersoek onthul.

“Nog inhegtenisnemings word verwag,” het Netshiunda bygevoeg.

Die sindikaat het Sassa glo met R2,3 miljoen bedrieg wat met 400 maatskaplike toelaes verband hou. “Dit vorm deel van ʼn groter misdaadondersoek van meer as 4 776 bedrieglike maatskaplike toelaes ter waarde van meer as R34,7 miljoen.”

Agt Sassa-beamptes en 14 werknemers van Cash Paymaster Services (CPS) word steeds ondersoek.

Van die persone wat in hegtenis geneem is, was agt Sassa-beamptes wat onderskeidelik by Matlosane, Tlokwe en Krugersdorp werksaam was. “Dié werknemers het in die toelaagadministrasiedepartement gewerk en was verantwoordelik daarvoor om maatskaplike toelaes op Sassa se Socpen-stelsel te plaas en te verifieer.”

Ses lede van die publiek, wat nie vir Sassa of CPS werk nie, is ook in hegtenis geneem. “Een vrou, wat as die meesterbrein beskou word, is naby Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem,” het Netshiunda bygevoeg. “Twee vroue is in Khayelitsha en drie mans is in Philippi in hegtenis geneem.”

Terwyl dié inhegtenisnemings plaasgevind het, het die gesamentlike taakspan in KwaZulu-Natal ʼn klopjag gedoen in KwaZulu-Natal waar vervalste identiteitsdokumente vervaardig is. “Die polisie het ook beslag gelê op skootrekenaars, skandeerders, kopieermasjiene, identiteitsdokumente, afskrifte van identiteitsdokumente, identiteitsdokumenttemplate, CPS-inskrywingsmasjiene, drukkers, elektroniese stoortoerusting, bankkaarte en Sassa-kaarte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johann ·

Is dit nie ooglopend opvallend hoe daat nou skielik voor die verkiesing sulke sake ontdek en oopgevlek word nie? Korrupte dag tot dag bedrywighede wat ongesiens verby geslip het maar nou dat die ANC moet walgooi en the people beinvloed en beindruk…nou skielik word als en almal gebang. Bv die grenspos fiasko…Parys situasie…ens ens. Ja shure…

Vra hulp asb ·

My ouers het altwee staats pensioen gekry. Toe my pa oorlede is en my ma haar goedjies gaan verander het ens wil sassa nie meer vir haar haar staats pensioen gee nie. Al antwoord wat sassa haar gee is, as jy jou geld wil aanhou kry by sassa moet jy maar hof toe gaan. Waar en by wie kan sy hulp kry sodat my ma weer kan geld kry by sassa? Help asb!

E.K. ·

Vra hulp – nie seker maar in die lyn van jou storie gaan na jou naaste regshulptak en vra of hul kan help (dis gratis) andersisn is daar dalk ‘n ombudsman en neem hierdie berig saam as verwysing.

E Meintjes ·

Gaan sien die kantoorhoof van jou ‘Sassa-kantoor’. Jou moeder se pensioen moes nooit gestaak het nie. En rapporteer sommer die beampte wat so onprofessioneel was.

Irene ·

Wat nog Mens kan niemand meer vertrou nie Dankie vir die goeie werk wat julle doen Ja hulle stuur baie mense weg

Sputnik ·

Aan “Vra hulp asb”: Indien jou ma kwalifiseer vir staats-/maatskaplike pensioen sal en kan Sassa dit nie weier nie. Maak eers seker of sy kwalifiseer en wat die voorwaardes is om te kwalifiseer (ek dink een is dat sy geen eiendom, bv. ‘n huis, moet besit nie). Klop aan by Maatskaplike Dienste. Hulle sal sekerlik julle na die regte kanale kan verwys. Indien sy kwalifiseer, doen dan net weer amptelik aansoek. Moenie maar net ‘n ongeskikte amptenaartjie se antwoord oor die toonbank aanvaar nie.

Cherokee ·

Ek hou van jou antwoord aan die vraesteller en dit is sinvol maar skep ‘n teenstellende vraag:
Beteken dit wat jy sê dat die mense wat hophuise persent kry by die regering kwalifiseer nie vir staatspensioen nie (want hulle besit eiendom)? Die berig wys opnuut hoe onbeheersd die finansies hanteer word.

Cherokee ·

In opvolg, ek dink jy is verkeerd oor wat jy gesê het mbt vaste eiendom. Dit moet waarskynlik in waarde onder ‘n spesifieke kerf wees maar daar is wel eiendomsbesitters wat staatspensioen kry. Die kriteria sal inkomste wees.

Sandra ·

How do you know if you qualify?

You must:

be a South African citizen or permanent resident
live in South Africa
not receive any other social grant for yourself
not be cared for in a state institution
not earn more than R69 000 per year or own assets worth more than R990 000 if you are single
not have a combined income of more than R138 000 per year or have assets worth more than R1980 000 if you are married
The maximum amount that you will get is R1 500 per month. If you are older than 75 years, you will get R1 520.

Ingrid ·

Ek ontvang ook Sassa pensioen en mag eiendom besit. Jou bates plus eiendom mag nie R972 000 (praat onder korreksie) oorskry nie. Op hul web blad word dit duidelik uiteengesit.

Lance ·

Goeie jimmel is alles so vrot tot op die been ….die mense is wragtig skelm sonder skaamte ..ek skaam my vir SA nou …noem die plek nou maar Azania wat dis wragtig nie meer wat ons geken het nie …SA is nou goed opgevoetter ….en IMF lening wag …

Oom Kalahari ·

Wys my asb een Staats instansie wat nog nie gekoppel was aan enige vorm van korrupsie of korrupte aktiwiteite nie. Dit versprei soos kanker.

Armando ·

“Vra Hulp Asb”, Mevrou, jou beste, sekerste hulp kom van Afriforum. Kontak hulle, ek is seker hulle sal jou kan help.

Ou Erdvark ·

Daar moet ‘n openbare databasis aanlyn beskikbaar wees waar foto’s van kriminele skuldig bevind aan korrupsie gepubliseer word asook hul identiteite, hul skuldigbevinding, strawwe opgelê en die daadwerklike tronkstrafperiodes uitgedien.

Gerda ·

Hier in my dorp kry mense Sassa geldjies en daar word maandeliks van hul toelaes geld afgetrek vir selfoondienste!!! Nooit dieselfde bedrae nie. Hul gebruik nie selfoondiens op hul Sassa kaarte nie. (Hul kan dit nie doen nie). Navrae by Sassa val op dowe ore. Hul kry geen antwoorde nie. Hoop dit is nou onder hierdie gevalle wat gearesteer is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.