Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het ʼn forensiese maatskaplike werker in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting en seksuele aanranding van twee kinders.
Die kinders is onderskeidelik sewe en agt jaar oud. Moses Dlamini, nasionale woordvoerder van Opod, het gesê die man is Donderdag in hegtenis geneem en het reeds in die Protea-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding.
Maroela Media het vroeër berig die voorval het in Maart by die AB Xuma Primary School in Orlando, Soweto, plaasgevind.
Die man het volgens Dlamini na die skool gegaan om die kinders te assesseer ná bewerings dat ʼn veiligheidswag talle leerders van die skool seksueel aangerand het. Die maatskaplike werker het toe na bewering die kinders in een van die klaskamers aangerand. Die saak teen die maatskaplike werker is tot 21 Augustus uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.
Maroela Media het vroeër berig die 57-jarige veiligheidswag is verlede jaar in hegtenis geneem nadat hy na bewering 55 leerders van dié skool seksueel aangerand het. Dié veiligheidswag, wat sedert Oktober 2017 in aanhouding is, staan tereg op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding. Sy identiteit mag weens dié aanklagte nie bekend gemaak word totdat hy gepleit het nie.
Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys, het in Maart gesê die leerders is albei in gr. 3.
Mabona het destyds gesê die betrokke beampte is met onmiddellike effek van die saak verwyder en ʼn saak van seksuele aanranding is deur die ouers van die beweerde slagoffers teen hom aanhangig gemaak.
“Die saak is eers intern ondersoek; ek dink dit gaan eintlik steeds aan. Maar hy is vandag in hegtenis geneem en het in die hof verskyn,” het Dlamini gesê.
Ek kan dit nie verstaan nie, regtig?? Arme kinders.
Praat nou van vir wolf skaapwagter maak ………………………..
Die mens is ernstig siek man siek.!!!! daai kinders is vir altyd geskend.
Siek, siek samelewing van ons! Dit voel vir my asof kinders net nerens meer veilig is nie.
Geen toelating vir studie of aanstelling sonder psigometriese toetse in maatskaplik of enige ander hulp-beroepe nie.
Dit is nodig ja! Pedofiele kies dikwels beroepe waar kinders maklik bereikbaar is.
Wat gaan die toetse help?
Maar wil “”maatskaplilke werker”” genoem word…….!!
Onthef hom van sy pligte en stop hom in die tronk.
Het hy nou gedink hy sal wegkom daarmee? Skokkend dat hy werk kon kry as berader en hoe sal die kinders iemand weer kan vertrou ? Dis dalks nie sy eerste misdaad van hierdie aard nie. Sluit toe.