Maatskaplike werker molesteer glo tienerseun

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Maatskaplike werker is geskors nadat hy glo ʼn 14-jarige seun gemolesteer het.

Weziwe Thusi, die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, het gesê die maatskaplike werker het die seun glo na ʼn ander diensverskaffer geneem vir spesiale behandeling. Met hul terugkeer na die sentrum waar die seun bly, het die maatskaplike werker glo vir die seun kos en sigarette gekoop en vir hom gesê hy is lief vir hom.

Die seun is later die aand betrap waar hy die sigarette rook. Hy het aan die aandpersoneel gesê die maatskaplike werker het hom gesoen en betas. Die werker het glo ook sy broek afgetrek om hom te sodomiseer.

“Ek is erg teleurgesteld dat so iets gebeur. Hierdie kinders is nie in ons sentrums om gemolesteer te word nie. Ek het beveel die maatskaplike werker moet onmiddellik geskors word en ons gaan strafregtelike aanklagte teen hom indien,” het Thusi gesê.

Volgens Thusi sal ʼn interne ondersoek ook gedoen word. Die seun is intussen na ʼn ander jeugsentrum oorgeplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

J. Maree ·

Dit laat my altyd koue rillings kry as ek sien hoe hierdie tipes juis die beroepe najaag wat hulle toegang tot slagoffers gee.

Wenner ·

Dit is juis hierdie tipe van gedrag wat aan n edele beroep soos maatskaplike werk n slegte naam gee. Ek was self n maatskaplike werker. Ons moet daar wees om die kinders te BESKERM, NIE VERDER TE VERWOES NIE!!! Hierdie tipe ding maak dat mense die stelsel wantrou! Dis soooooo hartseer! Aan die anderkant wil ek ook net sê: maak SEKER die kind praat die waarheid en dat hy nie die maatskaplike werker vals besuldig nie. Ook DIT kan rampspoedige gevolge hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.