Maatskappy mag werkers wat inenting weier, skors

(Argieffoto: GCIS)

Deur Tania Broughton, GroundUp

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Rekonsiliasie (KVBA) het weer eens bevind dat dit billik is om ʼn werker te skors wat weier om teen Covid-19 ingeënt te word. Die kommissie het bevind dit is in ooreenstemming met die Wet op Beroepsveiligheid en Gesondheid.

Petrus Venter, ʼn kommissaris van die KVBA, het in ʼn uitspraak bevind die wet werkgewers verplig om veilige werkplekke te voorsien en dat die vereiste om ingeënt te word in die belang van die gesondheid en veiligheid van alle werkers is.

Die uitspraak handel oor Gideon Kok, ʼn veiligheidsbeampte by Ndaka Security Services, wat veiligheidsdienste aan Sasol op Sasolburg lewer, wat geskors is nadat hy – op geloofsgronde – geweier het om ingeënt te word.

Hy is die opsie gegee om weekliks ʼn Covid-19-toets te ondergaan, maar het dit net ʼn paar keer gedoen. Hy het daarna geweier omdat hy self vir die toetse moes betaal. Kok is in November verlede jaar geskors.

Kok het aangevoer die besluit was ʼn onbillike arbeidspraktyk en dat die vereiste dat hy ingeënt word, indruis teen sy reg op vryheid en veiligheid.

In die uitspraak het die KVBA bevind Kok is opdrag gegee om ʼn week nadat hy ingeënt is, terug te keer werk toe, óf wanneer hy sy weeklikse toetsuitlae indien. Tydens die verhoor het die KVBA gehoor Ndaka het Covid-19-risikoassesserings van al sy werkers gedoen en Kok is geïdentifiseer as iemand wat ingeënt moet word. Dít omdat hy ʼn kantoor op Sasol se perseel met tien ander kollegas deel en in ʼn beperkte ruimte saam met hulle werk.

Ndaka het aangevoer elke werker in die maatskappy is op hierdie manier geassesseer en die gebruik van die kantoorruimte het hul posisie teenoor Kok bepaal.

Twee ander werkers wat nie ingeënt is nie, was tuis ingevolge die geen werk-geen-betaling-reël, een is in ʼn enkelkantoor geakkommodeer en nog een dien weekliks ʼn Covid-19-toets in.

Kok kan egter nie van die huis af of in ʼn geïsoleerde kantoor werk nie, omdat hy met ander wagte, die kliënt en lede van die publiek moet werk. Die maatskappy is boonop onder druk van Sasol om ʼn 100%-inentingskoers te behaal.

Geloofsredes nie voldoende

Kok het egter aangevoer sy skorsing is onbillik omdat daar geen wetgewing bestaan wat hom dwing om ingeënt te word nie. Hy sê hy is ʼn toegewyde Christen en het reeds van Covid-19 herstel. Hy het aanvanklik medikasie gebruik, maar voer aan hy het eers herstel nadat hy op sy liggaam se natuurlike immuniteit en sy geloof begin staatmaak het.

Hy het aangevoer die entstof is nog in ʼn eksperimentele fase, verhoed nie die verspreiding van die virus nie en genees dit ook nie.

Kok se toegangskaart is geblok ná talle pogings om hom te oortuig om ingeënt te word. Die KVBA het bevind dié besluit is nie op die ingewing van die oomblik geneem nie en alle prosesse is gevolg.

Venter het ook in sy uitspraak gesê die entstof het groot sukses behaal om ernstige siekte en oordrag te beperk en Kok kon geen argumente om die teendeel te bewys voorlê nie.

“Die maatskappy en Sasol het nie inenting vereis net om hom te beskerm nie… die doelwit is om ʼn veilige werkomgewing vir almal te verseker.

“Hy maak staat op sy geloof. Dit is sonder gronde of steun – teologies of wetenskaplik,” het die kommissaris bevind.

Die KVBA het bevind die maatskappy het voldoen aan vereistes wat inenting nie verplig nie, maar die onus op die werkgewer plaas om sy pligte ingevolge die Wet op Beroepgesondheid en Veiligheid na te kom.

“Die wet gaan verder en bepaal dat elke werker met ʼn werkgewer moet saamwerk om gesondheid- en veiligheidsreëls na te kom,” het Venter in sy uitspraak gesê.

  • Hierdie is ʼn verkorte weergawe van ʼn berig wat oorspronklik op GroundUp geplaas is. Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

106 Kommentare

Andre ·

Dit klink ook weer soos een van daardie gevalle wat in die hof verwerp gaan word.

Andre ·

Dis die opinie van een kommissaris wat die uitspraak maak soos hy dit intepreteer. Dit sal sekerlik verwerp word.

isabelle ·

dis vir my bitter onregverdig buitendien ingeent of nie -masker moet jy dra covid kan jy kry? Hoekom ons pressure wat dit nie soek nie…? ek sien al hoe moet ek gaan om net brood op die tafel te sit?

Toy ·

Raak mense nou van hul sinne beroof, hoop die mense wat vir die inenting gaan en iets oorhou daarvan dagvaar die blou hel uit hulle.

PieterJ ·

Inspuitings (let wel dis geen regte inenting nie) verlaag net jou eie simptome en keer glad nie verspreiding nie. Dis my keuse om kans te vat met die virus, doen niemand anders skade aan nie. Dan moet werkgewers ook mense verbied om enigsins te rook, want dit doen ook net jouself skade aan as jy weg van mense af rook.

En moenie sê dis plaas druk op hospitale nie. Wat van die die druk wat rokers en biae oorgewig mense op hospitale plaas?

MakersMark ·

Ongelukkig vir die skeptici word CV19 inentings as inentings beskou en niks anders. En ander nuus is rook en oorgewig kan niemand aansteek en groot persentasies van die werksmag by die huis laat isoleer nie so die argumente is reeds deur die hof uitgeskop.

Vonkprop ·

So PieterJ as jy iemand met ‘n swakker weerstand as jy aansteek met Covid wat dalk onderliggende siektes het soos kanker, niere, diabetes ens. doen jy hulle dan nie skade aan nie? Ek is ook teen die inspuiting, maar het dit gevat omdat ek respek vir ander mense het en my kans om iemand anders ernstig siek te maak heelwat te verminder. En terloops die rook van rokers bly nie net in die rook area nie. Rook trek in die lug en mense asem dit nog steeds in meters verder.

Buks ·

Maar wie beskerm jy eintlik? Jy kan hulle nogsteeds aansteek.

Robert ·

Die komissie is verkeerd, dit is ongrondwetlik om iemand teen sy keuse te dwing!

Hendrik ·

Die KVBA is net ‘n tribinaal en kan nie ‘n regsuitspraak maak nie. Die persone moet nou na die arbeidhof toe gaan. Daar is glo onmin in die KVBA oor die uitsprake en weereens neem die maatskappye die verantwoordelikheid oor wat eintlik die staat se taak was om mense hof toe te neem vir weiring om in te ent.

Christine ·

Ek wil graag weet wat sê maatskappye se mediesefondsreels t.o.v. die deelname aan mediese proewe as iemand permanent a.g.v. die inenting geskaad word. Gaan die pensioen- of ongeskiktheidreels toelaat dat die werknemer geboard word teen ‘n maandelikse salaris?

Moedeloos ·

Ongelukkig het die werkgewer geen sê oor n mediesefonds reels nie. Die pensioen/groepversekering ook nie. Dit sal seker gehanteer word soos enige ander ongeskiktheidseis. Die beste sal wees dat lede noual by hul verskillende fondse verneem wat is hul prosedures en reël aangaande inenting.

Jantjie ·

‘n Sekere Maatskappy, het alreeds die volgende in hulle reels aangebring: “(maatskappy)****** will not be liable for any medical or financial harm or injury that occurs directly or indirectly as a result of you being vaccinated such as adverse reactions, medical emergencies and contracting COVID-19.” Nou vra ek dieselfde vraag…

Hendrik ·

Studies wys nou dat na 2 inentings dat sommige siektes ‘n 25% kans het om vatplek te kry. Ek se weer hoekom moet gesonde mense ingeent word en onnodig blootgestel word aan bv. miokarditus(soos met sommige jongmense gebeur) ? Mense met gesondheidsprobleme kan sekerlik ingeent word om hulle te beskerm maar ander mense wat weer bloedverdinnersmedisyne gebruik of imuun gebrekkige siektes het is die inenting weer ‘n gevaar.

domheks ·

Hoekom is regering stil oor die fondse beskikbaar indien iemand iets oorhou van die jab?

Anoniem ·

Die enigste, maar enigste verskil tussen ingeëntes en oningëentes, is dat ingeëntes moontlik beter beskerm is teen hospitalisasie en dood. Daar is geen verskil tussen die 2 groepe se risiko’s om ander te infekteer nie.

DJ ·

Hierdie uitsprake gaan groot opstande tot gevolg he. KwaZulu-Natal nommer twee is oppad.

Richardt ·

Ek bespeur ‘n fanatieke gedragspatroon rakende verpligte inentings by diegene wat reeds die sogenaamde ent gevat het!

Is diegene by die KVBA wat die besluit geneem het, self reeds ge-ent?
Hoe onbevooroordeeld en ewewigtig is hulle?

Kan ‘n hof met amptenare, landdroste en regters wat ge-ent is, korrekte beslissings maak in die verband?

Waar is die voorbehoud dat die wat die verpligting wil afdwing, dit slegs toegelaat sal word as hul ten volle verantwoordelikheid en finansieële en kriminele aanspreeklikheid sal en moet aanvaar as die verpligte ent ‘n werknemer of landsburger, of klant of klient, benadeel, siek maak, vermink of laat sterf?

Voorregte bring verpligtinge, verantwoordelikhede en aanspreeklikheid!
Waarom spring regerings, Big Pharma, medici, almal wat pleit dat hul maar net hul werk doen en werkgewers, dit vry???

Hermien ·

Hoe op AARDE beskerm jy ANDER persone as jy die inenting neem? Ek verstaan die redenasie glad nie. Die werkgewer moet ‘n veilige omgewing skep waar voldoende sirkulasie is en waar sosiale distansiëring toegepas kan word (vertrek moet groot genoeg wees) so Petrus Venter wat van SASOL en hulle beperkte spasies????

Buzz711 ·

en na hulle seker is die werkplek is veilig, word jy na die skof soos sardiens verpak in n bussie want maskers werk mos?

Christine ·

Ek was vir twee jaar blakend gesond en het covid aangesteek by ‘n ingeente werknemer wat al vir ‘n onbepaalde tyd vrylik siek rondloop by die werk en almal aansteek. Ja, ons wat nou siek is, bly by die huis in afsondering, terwyl die ingeente vrylik rondloop by die werk en almal siekmaak. Ons het nou ‘n petisie opgestel en aan HR ingehandig dat siek ingeentes nie werktoe mag kom net omdat hul ingeent is nie. Dis tyd dat die reëls vir almal geld, of jy ingeent is of nie. Ons raak moeg vir die onregverdige reëls wat tiranies net op oningeentes toegepas word.

piet ·

Dis tyd dat jy die verskil tussen infeksie en siek word verstaan. Geen inenting kan die fisiese oordrag (soos ‘n gehoes in jou gesig ) keer nie. Dan is jy geinfekteer maar nog nie siek nie. Of jy gaan siek word na jou infeksie, hang van jou liggaam se teenreaksie af.

VaalDonkie ·

Ja maar as die inenting verhoed dat jy ernstig siek raak, wat is die gevaar? Julle is mos nou veilig.

Misky ·

Jy slaan die spyker op sy kop VaalDonkie en my redenasie ook!!!

Gerhardus ·

In Australia is berig dat 18 mense aan Covid dood is, waarvan slegs 6 nie ingeënt was nie. Die entstof is nie “veilig”, soos jy dit noem, nie. Mense wat ingeënt is kan nog steeds Covid kry, dit versprei en selfs sterf. Daar is absoluut géén wetenskap agter die inentings nie.

Hulle praat van ‘n veilige werksplek. Die reëls wat hulle tit dusver gehad het met die “screening”, sanitasie en maskers dra, was voldiende om die verspreiding te keer. Waarom nou mense forseer om ingeënt te word en dan te diskrimineer teen dié wat nie ingeënt wil word nie? Dit is magsvergryp.

Richard ·

Gaan maar vir die jab. Hier is bittermin of geen, wat dit nie kan bekostig om’n werk te verloor nie. Ongelukkig gaan jou oortuiging, geloof, of domastrantheid nie kos op jou tafel sit nie.

VaalDonkie ·

Jy kan ook nie vir jou familie sorg as jy ‘n beroerte kry en net heeldag in ‘n stoel moet sit en kwyl nie.

versigtig101 ·

Jou kanse om covid in die eerste plek te kry is minder as jy geent is. So as jy minder kans het om dit te kry, het jy natuurlik minder kans om dit te versprei.
Die ent werk, byvoorbeeld in Ierland waar 90% + geent is (volwassenes: 3.6 miljoen geent en 300 duisend nie geent nie) was die ICU en hospitalisasie meer as 50% ongeent. MAW meer as 50% kom uit 300 0000 mense en die ander kom uit 3.6 miljoen. mens hoef nie baie slim te wees om te sien watter kan die beste vaar nie.

VaalDonkie ·

Nee Cathy, dis nie waar nie. Die inentings veroorsaak nie dat jy teenliggaampies in jou neus en mond vervaardig nie. Jy is net so aansteeklik soos enige ander persoon. Hoogstens help dit dat jy nie ernstig siek word nie. Maar ook net as jy NIE Omicron kry nie, want Omicron breek deur die inenting wat op die Alfa-variant geskoei is.

MakersMark ·

Ek stem met OK. Het ook gesê dit gaan gebeur dit word wetlik vereis. Maar ons het ‘n groepie wat dink wette is nie vir hulle nie. Wel hello arbeidshof……

Koen ·

Hulle sal maar altyd teen enige iets protesteer. En dis hulle wat teen 180km/uur jaag op die paaie en drink want hulle kan mos. Niemand skryf vir hulle voor nie.

MT ·

Ha-ha-ha! Vreemde poging om onverwante sake aan mekaar te haak.

Jacob ·

Op 22 Desember 2021 verklaar New Seeland op hulle NZDSOS webtuiste dat honderde sterftes verbind word met die Covid 19 entstowwe.

En toe kry ons gelukkig Omicron.

‘n Publikasie van die CDC dateer 19 Januarie 2022 bevat die volgende; By early October, persons who survived a previous infection had lower case rates than persons who were vaccinated alone.

Gelukkig kan soveel as tot 80% van Suid Afrikaners reeds herstel het van Covid 19 en dus het hulle superieure, langdurige natuurlike immuniteit.

Skandinawiese lande doen weg met alle beperkings en mandate en Brittanje het so pas aangekondig dat hulle entmandate vir almal afskaf tesame met alle beperkings.

Soos jy tereg noem, wil en kan kan ons terugkeer na veilige werksplekke, maar skewe politiek, kleinlike behepteid met beheer oor mense en onwettige dwangpraktyke staan in ons pad.

MT ·

Dankie vir die sinvolle bydra piet. Laat weet gerus of ek my dompas solank moet afstof . ag ek meen my inentingssertifikaat.

Ek luister sommer by die radio.

George ·

Jy bedoel seker, verstik? Maar Danie, mag die Here jou seen en n mooi en vol lewe gee. God Bless Broer.

Francois ·

Ek wonder of besighede soos Mediclinic, Ndaka Security, Discovery en vele ander besighede en winkels wat personeel “verplig en dreig” om gejab te word, ook hulle kliënte wegwys en verbied om op hulle persele besigheid te kom doen / behandeling te ontvang al dra hulle maskers en “sanitize” hulle hande wanneer hulle die winkel/kantore/besigheid betree….?? Is iemand al by n besigheid gevra of jy gejab is en toe weggewys indien nie, (net vir interessantheid) ? Indien nie klink dit vir my na dubbel standaarde en dat kliënte se geld belangriker is as ‘n moontlike hardwerkende personeellid? Intussen mag skoolkinders, gejab en on-gejab, van vandag af weer twee langsmekaar op n skoolbank sit, vir my maar dieselfde as n oopplan kantoor opset… Vanmiddag vat hulle die virus vir pappa en mamma wat huistoe kom uit die “veilige” kantooropset…. Die redenasties raak al meer in n sirkel….

Piet parys ·

Wonder hoeveel Anc lede het aandele in die farmsetiese maatskappye .

piet ·

Meer as10 miljard dosisse wat al toegedien is. Nog nie genoeg vir jou nie, hoeveel ‘toetse” nog dink jy is nodig?

MT ·

piet, met uitlatings soos die reken ek dat die konsep van langtermyn farmakologiese studies wat die grootskaalse ontplooing van nuwe medikasie voorafgaan, jou dalk ontgaan het.

George ·

Jou mense reg verval wanneer dit by die veiligheid en gesondheid kom van die mensdom. Gaan lees bietjie op, jy het die tyd.

VaalDonkie ·

Nee, daar is sekere regte wat onder geen omstandighede opgeskort mag word nie. Onder andere die reg om nie sonder jou toestemming op ge-eksperimenteer te word. En die regering moet in elk geval eers wetgewing uitbring oor die ander regte wat opgeskort word, dit kannie sommer net deur die KVBA besluit word nie.

piet ·

Dit word nie opgeskort nie maar dit kan beperk word. Daar hoef geen nuwe wette gemaak te word nie, die gronde vir beperking van menseregte is reeds vervat in die Grondwet self.

MakersMark ·

Sal inenting keer dat jy ernstig siek word of sterf en honderde duisende Rande aan mediese onkostes aangaan – JA !!

Buzz711 ·

Jy is heel moontlik reg oor ernstig siek raak maar wat het jou argument te doen met n veilige werksplek as my jab slegs my eie simptome verminder?

MT ·

George, ek stem saam. Behandel alle volwassenes as kinders, en laat hulle voel as hulle nie wil luister nie. Stout volwassenes! Sies vir julle.

Corne123 ·

Ag asb tog wat het geword van niemand sal gedwing word nie? Dan ook dit kan nie covid voorkom nie en wat is die nagevolge hiervan? Ek wil dan UIF kan eis vir tyd wat ek nie week nie regering moet vir my dan sorg dit belaglik verby

Thom ·

Dankie tog aan die kommissaris ___ duidelik ‘n persoon met integriteit ! Feite , geen ou-vrou-stories sal die pandemie oorwin en ons terugneem na normaliteit .

Saartjievandiebosveld ·

Verduidelik dan vir my…ek is in geëet. ..hoekom het ek covid gekry en vir 8dae met die begin van Covid longontsteking op suurstof in die hospitaal beland

Piet parys ·

Dankie vir die eerlikheid om die ware feite uit te wyswaarvan mens niks hoor of dit word onder die tafel ingevee .

Hendrik ·

Dis waar jy die fout maak! Die risiko bly presies dieselfde!!

Gods ·

Ons het n demokrasie in hierdie land, wat beteken ons het keuses ten opsigte van ons geloof, en ons liggame, en wat ons toelaat. Maar lyk my mense soos die KVBA vergeet gerieflik daarvan.

piet ·

Waar staan dit in die bybel dat jy nie inentings mag neem nie. Jy het al hoeveel inentings ontvang nou het jy skielik ‘n geloofsbeswaar teen hierdie een.

MT ·

Vreemde keuse om ‘n argument te ondersteun. Die woord “Bybel”kom nie eers in Die Bybel voor nie, maar nog steeds word dit algemeen aanvaar as die naam van daardie spesifieke boek. So ook die term “Drie-Enige God”

Kinders van God glo aan liggaamlike intergriteit; iets wat die wereld daarbuite nie kan verstaan nie.

Koen ·

As jy so sterk voel, sal jy jou werk maklik opoffer. Jy gee ook geen duit om vir ander soos jou huisgesin nie.

Koen ·

Net so met polio, masels, griep, ens. Die mensdom het sag geword – mos.

VaalDonkie ·

Polio en Masels muteer nie. En masels is ook net ernstig as jy aan wanvoeding ly. Griep drink jy ‘n stropie en slaap ‘n bietjie en dan voel jy sommer gou weer beter.

MakersMark ·

Verduidelik die parallel wat jy trek tussen ‘n besluit van die arbeid arbitrasie kommissie en christelike geloof asseblief.

Jaco ·

Ek daag almal wat van my verskil, veral dié wat wit is, om verpligte inënting by hulle werkplekke te weier

piet ·

Ek werk vir my self so of ek weier of nie het geen effek nie,

Theo ·

Okay Piet, so hoekom hom dan afdank as die wat wel ingeeent is se risiko laag is om die virus te kry?

Witwax ·

Die wet verplig werkgewers om n veilige werksplek te voor sien, ok wie maak die reels , wie was verantwoordelik vir die veiligheid van werkers by die parlements gebou ?
Daar was niks veiligheids toestelle wat gewerk het nie.
Gaan daai persoone wat die wette maak ook nou sonder werk sit.

Agtogwatnog ·

Na bewering is die risiko laer vir die persoon wat inentings ontvang om ernstig siek te word. Die punt wat jy mis is dat jy wel ander mense kan aansteek ongeag hoe siek jy word in jou persoonlike kapasiteit. So probeer weer, hoe is dit in belang van jou mede werknemers vir jou om die inenting te ontvang as jy steeds die virus kan oordra ongeag van jou inentings status. Voor jy antwoord dink lank en hard hieroor.

Andre ·

Foeter die ekonomie verder op hy klaar in sy pekie in.
Besighede moet maar reg maak vir mense regte skending sake teen hulle.

Agtogwatnog ·

Vir wie jou as individu of vir jou mede werker. As ek genoodsaak word om ander te beskerm ja, maar die besluite wat ek neem mbt tot risiko’s van my eie liggaam is my keuse. So kom ons begin oor. In belang van ander hoe is dit genoodsaak vir my om inentings te neem as dit nie die oordraagbaarheid van die virus halter nie. Ek is ingeënt want ek was onder die indruk dat dit n mate van oordraagbaarheid halter en dit dus my ouers beskerm wat nie die geval is nie. Ek sou nie die inenting geneem het vir geen ander rede nie as om my geliefdes te beskerm nie. Wat nou duidelik nie meer die geval is nie

quartus ·

Ek dink nie die uitspraak gaan lank bly staan voordat dit tersyde gestel gaan word nie.

Oom Kaspaas ·

Net weer vir die wat dit gemis het en hammer op die skending van mense regte – As daar ‘n Tri-partheid ooreenkoms is d.w.s ondertekende ooreenkoms tussen staat – werkgewer – werknemers / unies dan verval die “regte” wat ookal die ooreenkoms was, bv die verpligte werk op vakansie dae, sou almal ingestem het dat daar gewerk sal word – “poof” weg is alle vakansie dae. Selfde met die verpligte ent as daar ‘n ooreenkoms is en alle rolspelers het dit onderteken is daar nie meer skending van mense regte nie, dan word dit hoër as die grondwet / menseregte geag.

piet ·

Mensetegte is ook nie “absoluut” nie. In die Grondwet self is daar artikels wat individuele regte inperk.

Martin ·

Dit is absoluut bollie. Ek werk self vir ‘n maatskappy wat dit vereis dat al hulle werknemers ten volle ingeënt is dit sluit myself in. Ons doen elke week rapid antigen tests en elke 8 weke ‘n PCR test (op ons eie onkoste). Elke week toets van my medewerkers positief vir Covid, hierdie week alleen het ons 12 gevalle gehad. So ja of jy ingeënt is of nie jy kan dit kry. Nog ‘n ding, meeste van die gevalle wat positief toets toon geen simptome nie, geen temperatuur was bo 37.2 nie. Dit is bleddie onregverdig wat die maatskappy aan hulle werknemer gedoen het soos in die nuus berig, mense moet wakker skrik.

Losloper ·

Mag ek ook my huiswerker skors wat weier om ingeënt te word?

KB ·

Koop ander brandstof as SASOL…eenvoudig.
(As die EFF Clicks/TreSemme kan “boikot”, dan kan ons seker maar dieselfde doen met Sasol/Ndaka Security Services, of hoe?)

Thom ·

Nou waarom sal ek n maatskappy wil boikot wat die
regte ding wil doen?

George ·

Ek stop nou juis by Sasol, n maatskapy met rugraat wat die regte ding doen, sal ons hele fleet ook nou daar laat gooi, mooi Sasol!

MakersMark ·

Goeie stappe deur SASOL. Neem verantwoordelikheid vir die gesondheid van, en volhoubaarheid van die produktiwiteit van hul arbeidsmag.

FBS ·

Wat n patetiese uitslag. Lees die man dan nie wat in die res van die wêreld bewys word nie. Jammer, vir die werker dat hy deur sulke onkundiges beoordeel moet word.

Nico ·

Ek en my vrou vlieg Mei maand Duitsland toe om te gaan kuier vir my seun, ons moet die jap vat volgens die Duitse regering.

Miskruier ·

Dis mos nie n mandaat in die land nie? Oral ter wereld kom mense in opstand teen die afdwing van inentings. My liggaam, my keuse, daarby verhoed die spuit nie die verspreiding van die virus nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.