Maatskappy ondersoek oor herroep van appelsap

Verskeie besendings appelsap is die afgelope weke weens veiligheidskommer onttrek. (Argieffoto: Unsplash)

Die Nasionale Verbruikerskommissie het ʼn ondersoek van stapel gestuur na die gedrag van Elgin Fruit Juice, ʼn maatskappy wat 100%-appelsapkonsentraat verskaf.

Die ondersoek is van stapel gestuur nadat Coca-Cola, Pioneer Foods en Woolworths die afgelope paar weke sommige van sy 100%-appelsapprodukte weens veiligheidskommer aan die mark onttrek het.

Die produkte het ʼn verhoogde vlak van patulien bevat. Patulien is ʼn natuurlike mikotoksien waarvan verhoogde vlakke siektetoestande tot gevolg kan hê. Dit kan volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie ook naarheid, braking en maagdermprobleme veroorsaak.

Woolworths het sy enkelboksies en sespakke met ʼn vervaldatum van 23, 28 en 29 Maart 2022 herroep, Pioneer Foods moes sy 100%-appelsapprodukte wat onder sy LiquiFruit-handelsmerk in Suid-Afrika, Botswana en Namibië verkoop word, herroep, terwyl Coca-Cola ses besendings Appletiser herroep het.

Thezi Mabuza, waarnemende kommissaris van die kommissie, sê gegrond op inligting wat tot dusver ontvang is, het die kommissie billike rede om te glo dat “Elgin Fruit Juice goedere verskaf het wat onveilig is of ʼn moontlike gevaar vir lede van die publiek inhou”.

Volgens Mabuza sal die ondersoek die kommissie help om die aard, oorsaak en omvang van die risiko vir verbruikers te bepaal.

“Die Wet op Verbruikersbeskerming benadruk dat elke verbruiker die reg het om goedere te ontvang wat veilig en van goeie gehalte is,” sê sy.

“Indien die ondersoek wys dat Elgin Fruit Juice die bepalings van die wet oortree het, sal die kommissie die saak na die nasionale verbruikerstribunaal verwys waar ons sal vra vir ʼn administratiewe boete van 10% van sy jaarlikse omset, of R1 miljoen, watter een ook al die grootste is.”

Mabuza sê die doel en beleid van die wetgewing is onder meer om billike sakepraktyke te bevorder, terwyl verbruikers steeds beskerm word.

“Ons sal nie ʼn situasie toelaat waar die gesondheid van verbruikers in die gedrang gebring word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Adriaan ·

Natuurlik moet produkte veilig vir gebruik wees maar die “Nasionale Verbruikerskommissie” klink vir my te oordeel aan Mabuza se opmerkings alte veel na n klomp self belangrike burokrate wat niks skep, bou of maak nie maar tog altyd baie, baie besig is. Nes die Menseregtekommissie …

Marius ·

Asb tog!!!maar ANCancer laat toe dat vleis vol brommers sonder verkoeling in oop publieke areas aan mense verkoop word…Viva…Viva…

Belinda ·

Ja nee veral by plekke soos Food Lovers en die mense wat kos stalletjies langs die pad het….
glo nie eens mens kry meer gesondheids inspekteurs nie, of miskien kry jy?
Omkoopgeld kan ook wonders doen.
Nou die dag met n blokman gesels wat vir jare by ons pnpay gewerk het, hy het bedank daar want hy se hy wil nie skuldig wees aan die vrot vleis wat die pnpay nou verkoop en her-verwerk in biltong en droe-wors nie of gemarineerde vleis nie.
Die ou werk sommer nou vir n hardware.
Is scary wat deesdae in vandag se kos bedrywighede aangaan.

Androclus ·

Ja nee wat daardie vleis word nie weg gemaak nie,word omskep na wors en word gespice,maar verkoop word hulle verkoop dink niks van jou ander se geld nie, wil net geld maak.

casper ·

Elgin maak seker geen bydrae tot die ANC verkiesings koffers nie en daar moet dus kragdadig teen hulle opgetree word !!!!

Racheltjie Debeer ·

Net so. Die maatskappy is in die Weskaap, waar die DA in bewind is en dinge reg loop. Dus moet die ANC iewers fout vind.

Baardman ·

Is dit nou n nuwe manier van geld insamel vir die kaders

JM ·

Na dekades van puik standaarde van die Elgin produkte, word daar nou uit die bloute daarmee fout gevind! Asof die ANC kan spog oor standaarde!

Hardekwas ·

Ek wonder hoeveel kaders kry salaris by hierdie sogenaamde verbruikers kommissie?

Deon ·

Mabuza, hoe nou, jy beboet al maar weet nog nie wat fout gegaan het nie.

battleaxe ·

En daai boetes is so min, wat 10% van hulle algehele jaarlijkse wins? Ja die kaders is besig nê want die geld is min!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.