Maatskappy reageer oor ‘Doom-profeet’

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Tiger Brands het in ʼn verklaring gesê die maatskappy neem kennis van die onlangse optrede deur profeet (Detective) Lethebo Rabalago waar Doom-insekweermiddel in persone se gesig gespuit word as deel van aanbidding.

“Dit is uiters ontstellend en kommerwekkend, en ons wil dit baie duidelik stel dat dit onveilig is om Doom of enige spuitmiddel in enigiemand se gesig te spuit,” het die maatskappy gesê. “Doom is spesifiek geformuleer om spesifieke insekte dood te maak, soos die besonderhede op die spuitkannetjie aandui. Die verpakking het ook baie duidelike waarskuwings waaraan verbruikers moet voldoen.”

Tiger Brands het bygevoeg indien Doom vir enige ander doel gebruik word as dit waarvoor dit bedoel is, is daar risiko’s aan verbonde en is dit gevaarlik. “Tiger Brands is besig om met die profeet kontak te maak en hom te versoek om dié praktyk te staak.”

Maroela Media het vroeër berig foto’s word versprei van die profeet van die Mountzion General Assembly in Limpopo wat sy gemeentelede in die gesig en op ander liggaamsdele met Doom spuit om hulle te “genees”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

GES ·

Dit gebeur net in Suid-Afrika. Daar is nog ander praktyke ook aan die gang maar is te walglik om op hierdie forum te bespreek.

Asjas ·

Ek dog dis ‘n spelfout!! Hoe lekker lag ek nou. Ek dag die man is ‘n doem-profeet …

Balkie ·

Die sogenaamde profeet hoort in die tronk. Hy doen daardie mense onmeetlike skade aan. Watse bollie sal hul nie als glo nie.

Balkie ·

En dan glo ek die “profeet” verkul hulle nog uit hul geld ook! !!

Oupa Neels ·

Zuma is nie eers n profeet nie en kyk hoe belieg hy die mense en hulle glo hom. Wat n grap ??

Johanna Botha ·

Genade het nou so lekker gelag ….wat die arme mense tog nie sal glo nie

Bolander ·

Johanna, ek lag nog steeds lêkker, dit is die snaakste grap wat ek in ‘n baie lang tyd gehoor het. Eintlik beter as die Van der Merwe grappe!!!!!!!!!!!!!!!!

Ig ·

Tiger Brands moet nou munt slaan uit die publisiteit en hulle produk as n duiwelsuitdrywer ook bemark

Ekke ·

Lmga!! Kan jy dit oor vertel? Lol!!!net baie snaaks dat daar nie mense dood is daarvan nie want DOOM is GIF hoor! Lmga!!?

jaco ·

die Rhema kerk en ander soortgelyke groepe con mense al jare met net meer gesofistikeerde metodes uit hulle geld uit… Godsdiensgroepe is uiteindelik almal dieselfde…

neelsie ·

Jaco,
Sou hierdie vir jou lyk na godsdiens?
Vir my ook.
Godsdiens kan gevaarlik wees.
*Dit is verseker nie die JESUS wat ek dien se manier nie.

·

New and Improved Doom.. Kills all bugs AND demons… Hierdie is klomp dommetjies wat sulke strooi glo ??

gert ·

Die totale onnoselheid is te veel vir my…..Hulle glo enige ding. Dit is ongelooflik.

Lance ·

Die DOOMinee is n DOOM-profeet wat sy slim verDOOMde kerkgangers spuit met DOOM in die gesig HEHE !

Wait-n-bit ·

DIE “PROFEET” MAAK ‘N BESPOTTING VAN ONS HEMELSE VADER.

Joe ·

Hehehehehehehe, nou het alles gesien, oom Doom, jy is willer asi wildtuin!!!!!!???????????

Anoniem ·

Ek hoor vanoggend op RSG hy gebruik petrol ook??????? ‘n Man van vele “talente”.

Willie ·

Ek hoor sy volle titel is Doominee Doomisanie. Die owerheid gaan moontlik die plek Raid.

Laurika ·

Ek weet nie so mooi van demone nie, maar darem gaan geen muskiet aan hulle byt nie? Daai goedjies is klein demone in my oë elkgeval….

Lynette ·

Jinne die profeet maak nou n bespotting van Godsdiens en die Bybel . Dalk het hy n paar demone wat moet uit gehaal word . Ek hoop hy weet God slaap nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.