Maatskappydirekteure vas oor bedrog van R17 m.

geld 4

Argieffoto.

Twee mans, onderskeidelik 29 en 31 jaar oud, is Donderdag in Port Elizabeth in hegtenis geneem in verband met bedrog van R17 miljoen.

Kapt. Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die Valke se eenheid wat ernstige handelsmisdade ondersoek, het die twee mans omstreeks 08:00 aangekeer.

“Daar word beweer dat die twee mans tussen Junie 2016 en Julie 2019 onwettig ʼn beleggingsmaatskappy bedryf het. Die twee maatskappydirekteure het glo beleggers uit Port Elizabeth en omliggende gebiede gewerf,” het Ngcakani verduideli.

“Die beleggingsperiode was ʼn ses- tot tienjaartermyn en hulle is opbrengste van tussen 15% en 45% per jaar belowe. ʼn Ondersoek het onthul dat die verdagtes se maatskappy nie ʼn gemagtigde finansiëlediensteverskaffer is nie. Daar is ook geen rekord dat die maatskappy aansoek gedoen het nie.”

Die Valke se ondersoek het ook onthul dat die beleggers ʼn bedrag van R17 miljoen in die beweerde onwettige maatskappy se bankrekening gedeponeer het. “Die beleggings is gebruik om maandelikse salarisse te betaal aan die twee verdagtes en hul werknemers.”

Die twee direkteure sal na verwagting Vrydag in ʼn hof in Port Elizabeth verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Willie ·

Dit gaan tog te lekker! Waarom sal bedrogmisdade verminder wanneer politici wat miljarde verduister nie vervolg word nie! Hierdie ene is soos ons almal weet, maar net die seekoei se ore, een van dae dae staan hy op droeë grond en vrek!

Jandre ·

“Vas” is nie wat jy in jou kop dink nie. Dink Braai & kuier met soortgenote in n veilige Hotel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.