Maatskappye moet dalk 51% aandele weggee vir SEB

Argieffoto

Argieffoto

Maatskappye wat voortaan met enige staatsdepartement sake wil doen, sal 51% swart aandeelhouding moet hê.

Dit is die mening van Stefan Pieterse, AfriSake se woordvoerder, nadat die departement van handel en nywerheid vroeër vanjaar in die Staatskoerant (39704) die departement se “Broad-based Black Economic Empowerment Regulations, 2016” (vir kommentaar) gepubliseer het.

Die staatsdepartemente, plaaslike regeringskantore en dienste wat geraak word, sluit onder meer in landbou, omgewingsake, behuising, vervoer, onderwys, die Suid-Afrikaanse Weermag, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, munisipaliteite, staatshospitale en -klinieke, lisensiekantore en slagpale.

Volgens Pieterse verplig die regulasies ondernemings om hul swart aandeelhouding (van 25%) tot 51% te vermeerder as hul voortaan met die regering sake wil doen.

AfriSake het sy regspan opdrag gegee om die departement van handel en nywerheid op terme te plaas omdat daar volgens AfriSake nie voldoende geleentheid gegee is vir openbare deelname nie. Volgens Tertius Kruger, ’n direkteur van Hurter Spies Ingelyf, is die e-posadres waarheen mense hul besware moes stuur, foutief. “Ons moes derhalwe ons brief per hand op die minister se kantoor beteken,” het Kruger gesê.

“Die departement sal moet teruggaan en sy huiswerk doen. Ons sal ons lede se regte beskerm en nie skroom om die hof te nader om te sorg dat dit gebeur nie,” het Pieterse afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hannes ·

Afrisake is agter die tyd. Daar is reeds beleid in tenders implimenteer om 51% Swart eienaar besighede te bevorder. Niks gaan weggeneem word nie en geen maatskappy moet 51% weggee om met die staat besigheid te doen nie.

Piet Snot ·

Enigste keer wanneer ek met die Staat sake doen, is wanneer ek jaarliks my nulopgaaf by Jan Taks indien.

dirk ·

alle bedrywighede wat onder die term ‘myn’ gaan moet ook n swart meerderheidsaandeelhouer he. dit beteken jou klein besigheid soos n sout-aanleg se wins gaan aan iemand wat niks gedoen het om dit te verdien nie – meeste van die tyd ook nie ‘ sent betaal het vir die aandele nie. . mens is nie verbaas as mense die myne dan sluit nie. die regering probeer die sluiting van hierdie besighede stuit deur te verwag dat jy dan grondrehabilitasie in onmoontlike kort tydperk doen

Tertius ·

Sodra privaatbesit in gedrang is met staatsbetrokkenheid daarby , dan praat ons van Kommunisme. En die liberale kerk bly tjoepstil,beveg dit nie, sus haar volgelinge aan die slaap wat hierdie morele waardes betref, want sy ondersteun hierdie onBybelse gruwels…Dink maar aan Nabot se wingerd…

m ·

Wat n grap. Hierdie mense weet van besigheid net mooi niks maar moet met alles bevoordeel word. Hulle pryse aan die staat is belaglik, wil oornag ryk word…….

Antoinette ·

Reeds gebeur met vriende van ons. Hy het sy eie besigheid gehad met heelwat mense in sy diens. Agv die 51% moes hy sy besigheid toemaak. Nou sit 10 mense sonder werk. Ek weet nie of hulle die saak mooi deurdink het nie.

Xa ·

Foutiewe email adres… Laat my dink aan n snuisterytjie wat ek eendag gesien het op n lessenaar van n lawwe sakeman: n speelgoed handgranaat met n nommer kaartjie aan die pennetjie en n boodskap wat lees: Complaints department. Please take a number”. Dit is die mentaliteit van hierdie vallende ANC.

Blondie ·

Als goed en wel dan moet die staats ook n 51% swartpersoneelbasis he! Tit for tat….

m ·

Neso Blondie maar equity in die staat staan seker al op 80% swart.

peter ·

Gelukkig doen ek nie besigheid met die staat nie. Nie hulle geld nodig nie!

Deon ·

My maatskappy het baie besigheid met die regering gedoen op ‘n stadium. Omtrent twee jaar terug het ons die besluit geneem om nie meer besigheid met die regering direk te doen nie. Hulle betaal eenvoudig nie of hulle betaal so laat dat die winsgewendheid van die projek van geen waarde is nie. Ongelukkig vir die regering voorsien ons ‘n unieke produk wat hulle benodig. Nou werk ons eenvoudig deur hierdie BEE maatskappye en dring aan op betaling voor enige produk of dienste gelewer word. Of hulle hul geld uit die regering kry is nie ons probleem nie. Het nou al ‘n hele paar van die BEE maatskappye sien bankkrot speel juis oor wanbetaling

Dewald ·

Hulle kan vergeet om enige iets van my besigheid te kry,werk self vir wat jy wil he.

Jaco ·

Dit moes n groot graaf gewees het wat hierdie koeie uit die kraal gegrawe het, dit werk al lankal so. Om die waarheid te praat, net persone wat iemand ken in die regering kry die besigheid. 80% van die tyd is die persone wat die besigheid kry n broker en kan nie die werk hulle self doen nie en dus word dit ge outsource. Geen rede om so negatief te wees nie mense, jy kan nog steeds die besigheid kry as jy wou. Passop net oor betalling, van hierdie brokers is regte fly by night traders.

Hennie ·

Weggee? Sommer net weggee? En iemand wie dit nie verdien nie staan bakhand om volgestop te word? As iemand tjank omdat hulle nie het wat ek het nie, geld daar net een reel: DOEN WAT EK GEDOEN HET OM IETS TE HE!!

Bobiue ·

Nee Hennie – Jy gun jou medemens niks!! Jy was sekerlik van die bederfte sort kinders wat altyd alles gehad het. Huis,kar,kos,klere ens. Onthou hierdie mense was deur ons WIT regering uitgeskuif ens.

Sarel van Orania ·

Moet dan nie met die staat besigheid doen nie. Ons toekoms lê by die middelklas entrepreneur wat so min as moontlik met die staat bemoei is. As jy BTW kan vermy, soveel beter.

Eie grond!
Eie arbeid!
Eie besighede!
Eie instellings!

Oom Kalahari ·

As niks skielik êrens wil kom, dan is verpligte dwang reëls die enigste opsie, maar bring jou ook nêrens. Kommunisme stelsels het nog nêrens gewerk nie. Die regering is opsoek na dwang uitbuitings en beleggers gaan begin voet neersit. Laat die SEB hul eie finansies inploeg en kompeterende besighede met BBEEE werkplasings begin.

Theo ·

ek verstaan nie die minister se probleem met swart bemagtiging, dit is al 22jr na 94, bestaan SA net uit swart mense, al antwoord wat ek kry is dat hy homself aan n minderwaardigheid kompleks lei.

Kobus Swanepoel ·

Ek het een van my BK’s toegemaak want die regering agente(tenderpeneurs) wil besigheid doen en hulle wil nie geld uithaal nie! Hulle wil alles op hulle termes doen!! Jammer nie by my nie. Nou betaal ek nie meer belasting nie, nie salarisse nie en ook nie btw nie. Ek speel nie hulle speletjies nie. Die regering wil in elk geval alles verniet hê. En alles invoer van china!! Sonder kundigheid en parte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.