Kospakkies, komberse en boumateriaal word afgelewer by munisipaliteite wat onlangse deur erge vloede in Limpopo getref is.
Emily Thomas, woordvoerder van die humanitêre welsynsorganisasie Gift of the Givers, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê dat voorraad ter waarde van R1.2 miljoen na nagenoeg 500 gesinne in Modimolle (Nylstroom), Mookgophong (Naboomspruit), Mogalakwena, Lephalale (Ellisras), Thabazimbi, en Bela-Bela (Warmbad) versprei word.
“Santam, Vodacom, Unilever en Ernst & Young het die skenkings gemaak,” het Thomas gesê. “Die verligtingspakke bevat kospakkies, groente, skoonmaakmiddels, komberse, klere, skoene, emmers, houtplanke, sinkplate, en groot stukke plastiek.”
Twee skole in Modimolle gaan ook nuwe meubels en skryfbehoeftes ontvang.
“Gift of the Givers is in noue samewerking met die Waterberg se vloedrampbestuursentrum om gebiede te identifiseer wat die ergste deur die vloede geraak is,” het Thomas bygevoeg.
Vra vir staars president geld hy het baie kan van sy beeste en hoenders verkoop