Mabe en Kodwa het vrywillig bedank, sê ANC

Zizi Kodwa. Foto: ANA

Die ANC het Dinsdag aangevoer sy woordvoerders Zizi Kodwa en Pule Mabe het vrywillig bedank ná bewerings van onbehoorlike gedrag.

Maroela Media het vroeër berig aldus EWN en News24 het die ANC se nasionale werkskomitee (NWK) die besluit geneem om Kodwa en Mabe uit hul amp te verwyder. Die party meen glo die twee beamptes kan nie namens die party praat terwyl dié storm om hul koppe woed nie.

Dit het die afgelope naweek aan die lig gekom het dat ʼn vrou beweer Kodwa, waarnemende ANC-woordvoerder en hoof van die presidensie in die ANC, het haar verkrag. Sy beweer ook dat Kodwa ʼn vrou seksueel aangerand en twee vroue bedwelm het. Kodwa het die bewerings teen hom ontken en voer aan die beskuldigings word bloot gemaak vir politieke gewin.

Kodwa het as woordvoerder opgetree nadat Mabe in Desember verlede jaar op spesiale verlof geplaas is nadat sy persoonlike assistent hom van seksuele teistering beskuldig het. Mabe se 26-jarige assistent beweer hy het haar by minstens twee geleenthede seksueel geteister en dat hul werkverhouding versuur het toe sy hom weggewys het. Sy beweer haar postitel is gevolglik verlaag en haar salaris is verminder. ʼn Interne dissiplinêre ondersoek teen Mabe het hom onskuldig bevind, maar die strafregtelike ondersoek deur die polisie na die saak is steeds aan die gang.

Dakota Legoete, waarnemende nasionale woordvoerder van die party, het egter Dinsdag in ʼn verklaring aangevoer Kodwa en Mabe het die party versoek om vrywillig uit te tree terwyl die sake voortduur en die NWK het dit só aanvaar. “Hulle bly lede van die nasionale uitvoerende komitee,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Michael ·

Ja. maar nou het hulle bedank stop hulle “PAY” nou ook of gaan alles vir hulle nog net voort met alle voordele?

Jerry ·

Vir n organisasie soos die ANC wat nie weet hoe dit is om wetsgehoorsaam te wees nie (innocent until proven guilty which makes them bullet proof), moet hierdie n verskriklike pynlike ervaring wees. So wie moet ons hiervoor bedank? Die verkiesing natuurlik, wat anders! Die ANC besef hulle gaan meer in die komende verkiesing verloor as waarop hulle gebaken het. Swart kiesers is gatvol vir die ANC se wetteloosheid!

Manie ·

Nou begin ek besef hoekom die parlement lyk soos hy lyk. Hulle het net een ding op die brein en dit is beslis nie om te werk

marous ·

Daar is nie genoeg grond in die land om al die geraamtes wat uit die kaste val te begrawe nie

Androclus ·

Soos altyd pleit hulle onskuldig,maar hulle weet vir ‘n feit hulle het dit gedoen,soos Zuma 783 klagtes teen hom maar hy sê daar is nie sulke klagtes nou waar kom al daardie klagtes vandaan?

ne ·

Altyd onskuldig! Hoekom dit ontken, wil julle die dames tot leunaars maak om julle eie bas te red?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.