Mabopane-Oos in donkerte gehul terwyl Pretoria-onluste voortduur

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Eskom het Dinsdagaand gesê ongeveer 25 000 gebruikers word geraak deur ʼn transformator by ʼn substasie in Mabopane-Oos, wat omstreeks 18:00 afgeskakel het en het dié informele nedersetting in Pretoria in donkerte gehul.

Volgens Eskom het dit ʼn invloed op ander substasies waaronder Vuka, Winterveld, Nonyane en Makgatho.

Eskom-tegnici is glo deur die betogers weggejaag toe hulle by die substasie wou uitkom. “Ons wil dit graag bekend maak dat dit dieselfde substasie is waar ons personeellede vroeër deur die gemeenskap weggejaag is, weens betogings in Tshwane,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. “ʼn Veiligheidspan is intussen ontplooi om ons span te begelei sodat hulle kan ondersoek instel.”

Tshwane-inwoners in Atteridgeville, Soshanguve, Hammanskraal en Mamelodi het Dinsdagoggend amok gemaak en voertuie aan die brand gesteek, strate versper en winkels geplunder.

Die betogings het Sondag begin ná die ANC sy nuwe burgemeesterskandidaat vir die komende munisipale verkiesing, Thoko Didiza, bekend gemaak het. Die inwoners verkies die bestaande burgemeester, Kgosientso Ramokgopa.

Die SAUK het Dinsdagaand gesê die plundery het in Mabopane toegeneem terwyl meer winkels geplunder word. “Mabopane-inwoners het uitlanders se winkels en ander winkels soos PEP en Barnetts begin plunder,” het joernalis Tshepiso Moche op Twitter gesê.

Eskom het gesê hy bly verbind daartoe om seker te maak dat gebruikers deurlopend elektrisiteit het en sal steeds gereeld inligting deurgee oor die stand van die kragstelsel, deur verskeie mediaplatforms.

“Ons maan gebruikers om onwettige verbindings aan te meld by die Eskom-kontaksentrum,” het die kragvoorsiener bygevoeg.

Lees alle vorige berigte oor Pretoria-onluste op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

John ·

Nou toe nou. Pretoria kry nou kragonderbrekings om protesaksies te help stop. Eskom is al weer die redder van die nasie… hoera!

Koos ·

Julle betaal in elk geval nie vir die krag nie so ja kry vir julle julle wil mos in anargie lewe

charlene ·

Vandag dans hulle rond, en maak dat Tshwane nie kan werk nie – more kla hulle oor hulle nie krag het nie. Vandag brand hulle busse en treine more kla hulle oor daar nie vervoer vir hulle is nie. Vandag brand hulle die pad, en klinieke en more kla hulle oor die pad en oor mediese sorg…… en dit is nie plein weg dom onnosel nie?????? Dankie aan ons Hemelse Vader wat aan my `n werkende brein en logika gegee het. Net jammer nie almal het dit ontvang nie

Boela ·

Daar is nie ‘n plek of stad met die naam Tshwane nie. Dit is bloot die naam van die groter-Pretoria munisipaliteit. Die regime probeer dit as ‘n pleknaam voorhou om die trotse Afrikaner-geskiedenis wat in ons hoofstad se naam opgesluit lê, te ondermyn. Moenie daaraan meedoen nie!

Marlize ·

Die woord plunder laat dit soos koekies klink. Dis diefstal en roof. volgens my is dit onwettig maar tog word dit toegelaat. sluit hulle toe maak hulle bymekaar deur net te kyk gaan dinge nie beter gaan nie.

Sus ·

Maroela Media wil julle asb vir ons ‘n ‘like’ funksie bywerk nie?

Landi Slatter ·

Dagsê Sus,

Dankie vir die terugvoer.
Ons maak later vanjaar ‘n groot aankondiging hieroor – bly ingeskakel!

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Johan ·

Ek weet die weermag beteken dalk niks……maar dalk hou die betogers op as daar begin weermag lede in beweeg met pansers ens……toe die eerste bus gebrand en eerste winkel geplunder was moes hulle gestuur word…….heel duidelik het die polisie geen impak daar nie…….waar gaan dit stop…..eers as hulle mekaar gaan begin skiet……..of in beweeg in die woonbuurte van pretoria…………dis hoekom jy nie n informele needersetting langs n goeie buurt kan hê nie…..dit is n feit want as inwoners van die needersetting nie te vrede is met wat ook al …sal hulle jou kom plunder en besteel……….en jy gaan niks kan doen nie……want die SAPD beteken niks……dit laat n mens wonder hoekom sekere mense wou “apart” bly ………..geel, swart, wit, groen…….ens

christine ·

Die was beplan ai nou gaan hulle eers kwaad wees mens druk nie n stok in n bye nes en roer dit nie wie is sooo onosel. Hoop nie dit was Zuma se se meesterlike plan nie. He he he

Lourens ·

Stem saam dis beplan in samewerking met die SAUK om by hulle beleid te hou om nie geweld te wys nie nou is alles undercover en in donkerte gehul

Piet Pompies ·

Gedurende middel tagtigs as Burgemag lid het ons onluste beheer in Soshanguve gedoen. Dit is ‘n baie mooi woongebied met goeie paaie en infrastruktuur. Die grootste probleen in daardie tyd was skole wat afgebrand word en ons het verskeie brande wat pas gestig is geblus. Die meerderheid inwoners was ons goedgesind maar die petrol stasies wou geen diens aan ons lewer (Band druk nagaan). Die een groot hoender wegneem agentskap wat vandag nog bestaan wou ook nie kos aan ons verkoop, ek ondersteun hulle tot vandag toe nie. Van die os op die jas, in die 28 jaar wat ons polities transformasie ondergaan het kry die klein minderheid (moeilikheid makers) dit nog steeds reg om plekke af te brand as dinge nie gebeur na hulle sin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.