Mabuza aangewys as waarnemende Eskom-hoof

Jabu Mabuza, raadsvoorsitter by Eskom, sal vir minstens drie maande lank die leisels oorneem by Eskom (Foto: Eskom)

Jabu Mabuza, raadsvoorsitter van Eskom, sal vir drie maande lank optree as waarnemende groepshoof vir die kragvoorsiener ná Phakamani Hadebe die amp verlaat, het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Maandag aangekondig.

Mabuza sal ook terselfdertyd die rol van tussentydse uitvoerende voorsitter oorneem, het Gordhan bygevoeg.

“Binne die drie maande periode terwyl mnr. Mabuza die uitvoerende voorsitter en die waarnemende uitvoerende hoof sal wees, sal die raad van Eskom die proses afhandel om ʼn geskikte kandidaat aan te stel wat as die volgende uitvoerende groepshoof aangestel kan word.”

Hadebe verlaat die amp op 31 Julie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Eish ·

Geskikte kandidaat” die raad kon dit nog nooit regkry nie!

Hennie ·

Dis dieselfde as Bloubul rugby, maak nie gebruik van die wit agterlyn nie!

Gert van Wierdapark ·

Alles in ag genome, kan ek nie sien dat n geskikte kandidaat die eeu gevind sal kan word nie!!

Hans ·

Gert, daar is ‘n horde geskikte kandidate vir die pos. “Ongelukkig” is hul almal die verkeerde kleur. Baie jare gelede was daar baie mense wat Eskom briljant bestuur het en sommige is nog springlewendig… maar nou is hulle nie “goed genoeg” nie.

Bekommerd ·

Ag genade, nog ‘n ‘looter’. Die regering kry dit maar net nie reg nie. Die man het nie die kennis en ondervinding om Eskom uit die gemors te haal nie. Net maar nog een wat sy eie maatjies gaan inbring om hom en hulle te verryk.

Ella ·

Hoeveel groot poste beklee die man?
Oral word hy groot geld betaal maar kry hy regtig iets gedoen om probleme reg te ruk?

Gert van Wierdapark ·

Hy luister seker maar na 90,5 en daarom dink hy groot en gaan nie huistoe nie!

Kobus ·

Kan iemand my sê wst die man se kwalifikasies en werksagtergrond is? Het hy enige besigheidsagtergrond. Ek praat nie van ʼn spaza winkel op fie hoek nie! Mnr Gordhan, is jy eerlik van mening dat dit die beste kandidaat is?

Paul ·

Ja nog ‘n clown met ‘n hoed op die kop..onbevoeg is die eerste gedagte wat by my opkom. Maar nou ja die soustrein moet ook voort stoom. Eish…

George in Bloem. ·

In ‘n tipiese meesterlike ANC skuif word die een onbevoegde doodeenvoudig met ‘n ander een vervang. Bravo! Viva!

Michael P ·

He he he.nog n kader ek dink nie hy weet eers wat Eskom se doel is nie. Hy dink seker daar word die. Z A Geld note gedruk.

hercu ·

my oorlede skoonpa het altyd gesê:

“as jy ‘n ouman met ‘n hoed op sien, moet jy baie versigtig wees”

nou ja, hier is nog ‘n medepligtige met ‘n hoed!

Swartwolf ·

Al die regtes is die verkeerde kleur. Om so iemand nou aan te wys is ‘n “admission of defeat” deur die regering en die swart bemagtigings beweging. Selfde vir SAA en SAUK. Sal eerder die besigheid sien sink. Intussen bly sit ‘n melkkoei vir die kaders se eie sakke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.