
David Mabuza word deur hoofregter Mogoeng Mogoeng ingehuldig as LP (28 Mei 2019) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)
David Mabuza is Dinsdag as ʼn lid van die Nasionale Vergadering beëdig.
Hoofregter Mogoeng Mogoeng het die seremonie by die Uniegebou in Pretoria waargeneem. Pres. Cyril Ramaphosa en speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, het ook die seremonie bygewoon.
Mabuza het verlede week versoek dat sy naam in ere herstel moet word voor hy die eed as LP aflê. Dit baan die weg vir sy moontlike heraanstelling as adjunkpresident.
Hy het Vrydag met die ANC se integriteitskommissie vergader om negatiewe bevindings teen hom en 20 ander te bespreek.
Die adjunkpresident se inhuldiging baan ook die weg vir Ramaphosa om sy nuwe kabinet aan te kondig.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Is Mabuza se naam nou genoeg in ere herstel om as LP ingesweer te word, maar die naweek was dit nie goed genoeg dat hy as Adjunk President ingesweer kon word nie. Klink vir my maar bietjie snaaks. Wat het intussen gebeur om sy aansien in ere te herstel?
Sy naam in ere herstel deur die ANC, het iemand iets anders verwag? Maar wat van die “regstelsel”? Gaan die hof hom ook onskuldig bevind?
ANC kan en wil nie regkom nie.
Daar word wolf alweer skaapwagter gemaak.