Mabuza-bedanking ʼn geleentheid om Eskom reg te ruk

Jabu Mabuza, gewese raadsvoorsitter van Eskom (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Die bedanking van Jabu Mabuza as voorsitter van Eskom Vrydag is ʼn gulde geleentheid om ʼn onafhanklike plaasvervanger aan te stel wat kan fokus op die kritiek noodsaaklike finansiële operasionele herstrukturering wat die sukkelende kragvoorsiener benodig.

“Dapper optrede is nodig om die nuwe sleutelposte op raadsvlak met die nodige vaardighede te vul. Terselfdertyd moet die uitvoerende span versterk word deur vaardige huidige werkers wat tot dusver op die kantlyn geskuif is,” het Ghaleb Cachalia, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings, gesê.

“Die tyd vir kaderontplooiing is verby.”

Cachalia meen daar is plaaslik en internasionaal groot vaardigheid beskikbaar. “Die DA is bereid en in staat om te help om ʼn lys van individue saam te stel wat moontlik dié sleutelposte kan beklee.”

Volgens hom moet die inkomende voorsitter oor ervaring in die ontwerp en inwerkingstelling van verskeie nuwe sake-inisiatiewe in die internasionale infrastruktuursektor beskik – en dít moet kragopwekking insluit.

Onderhandelingservaring en kennis van onder meer onafhanklike operateurs en die nasionale energiereguleerder is uiters belangrik vir dié pos.

Cachalia sê die nuwe posbekleër moet ook ʼn onkreukbare rekord in behoorlike en etiese bestuur hê.

“Dit is nóú die tyd om op te tree. Die aanstellings moet niks te doen hê met kleur, partyverbintenis of politieke plooibaarheid nie.

“ʼn Versuim om op te tree in ooreenstemming met dié noodsaaklike vereistes gaan net nóg pligversuim tot gevolg hê – en dit is iets wat Suid-Afrika kwalik kan bekostig. In die woorde van [die filosoof] Seneca: ‘Geluk is wat gebeur wanneer voorbereiding en geleentheid ontmoet’. Ons doen ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa en minister van openbare ondernemings Pravin Gordhan om dienooreenkomstig op te tree.”

Cachalia sê Eskom as entiteit is geskoei op ʼn argaïese ontwerp en kan nie in sy huidige formaat voortbestaan nie. Dringende verandering aan die struktuur is nodig en die raad kan nie vooraf tot mislukking gedoem word nie.

Volgens hom het die DA Ramaphosa en Gordhan al herhaaldelik gevra vir ʼn vergadering om as Suid-Afrika – sonder partypolitiek – te praat oor oplossings vir Eskom se probleme.

Die DA se hoofsweep in die parlement, Natasha Mazzone, het vroeër ʼn privaatledewetsontwerp by die portefeuljekomitee oor energie en minerale hulpbronne ingedien, maar min. Blade Nzimande het hom nie eens verwerdig om die vergadering daaroor by te woon nie, sê Cachalia.

“Die ANC- en EFF-komiteelede gaan net voort om hulle gebrek aan kennis oor die verandering wat dringend by Eskom nodig is, duidelik te maak.”

Cachalia sê hy herhaal sy uitnodiging dat daar buite partypolitiek samesprekings gehou moet word om die krisis te pak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

André André ·

Gedadé, maar die mense kan met woorde speel. Ongelooflike stories, verskonings en antoorde wat hulle verskaf, dan moet mens nie die relaas wat hulle gee oor hoe hulle die geleenthede NOU gaan gebruik en benut, mislees nie!

En as ons president nou oor ‘n week of twee, of wanneer ook al weer sy mond oor beurtkrag uitspoel en hy sit die pot wéér mis, was dan? My roep is, hou die mikrofoon weg van die president.

Judge Dredd ·

….julle kan maar die dek stoele op die Titanic skuif – help niks – daar is nog 47000 wat ook nog uitsorteer moet word en dit sal jare vat indien enigsins.

Julius ·

Daar is reeds ‘n lys van bekwame mense by eskom ingedien om te help, maar die anc het dit verwerp.

Werner ·

Eskom sal nooit regkom nie nie voordat hulle al hulle BEE aanstellings ontslaan nie n swaeltjie maak nie n somer nie

Hansie slim ·

Daar is lyste ooral van bekwame mense.
SR en sy manne moet net kennis neem.
Daar is mense wat amper 2 jaar gelede aangebied het om te help op voorwaarde dat politieke inmenging nie aanvaarbaar was nie. Natuurlik was die aanbod afgeskiet!!!

John ·

… en die SABC1 is skielik gister en veral vandag van die lug af terwyl CR die skare toespreek. Ace is skynbaar onsigbaar en ‘n paar ander gesigte. Hier kom ‘n ding en dit sal nie ‘n vuurpyl uit Iran wees nie.

Sven ·

Tito Mboweni het gister erg getwiet oor ANC kaders se onwilligheid om die ekonomie te herstruktueer. Ernstige waarskuwings is gerig dat die land nou suidwaarts gaan. Die spulletjie is nou naby kookpunt. Wat daarna gaan gebeur is oop vir spekulasie, maar dit gaan lelik wees.

Louis leeu ·

Ek stem saam met die agbare lid van die DA ,maar soos met alles waar die ANC betrokke is sal dit definitief n Kader aanstelling wees .

Erdvark ·

Die DA is ook n voorstander van die ANC se BEE beleid by Eskom. Die DA se kandidaat sal ook maar net nog n BEE aanstelling wees wat niks sal uitrig nie. Dit is die BEE beleid van die regering wat Eskom afgebreek het.

Dolf ·

Eskom kan nie meer gered word nie. Dis te laat. Herstruktureer eerder die sektor en laat meer spelers toe regoor die waardeketting. Eskom is dan net ‘n gewone deelnemer wat bates kan verkoop om skuld te delg. Duisende Eskom werkers wat hul sous werd is kan dan by ander deelnemers gaan werk.

Ek Stem ·

Dolf, Hulle wil dit nie doen nie, dan het hulle geen bevoegde mense oor nie.

Marous ·

Twak! Dis een korrupte na die ander en dit sal nooit verander nie. Eerbaarheid en trots is ‘n euwel in die oee van diegene wat net een doelstelling het en dit is plunder , plunder en nogmaals plunder.

bekommerde ·

dink julle vir een oomblik dat nzimande ooit enige “wit” vergaderings sal bywoon, hy speel , of probeer, golf saam met cr te speel of op sy rug le en sterre kyk

jaco ·

hy gaan maar net met ‘n ander kader vervang word.
Dis ook nie so vreemd nie. Die ou Nasionale Party regering het mos maar ook kaderontplooing toegepas deur top jobs in die staatsdiens en groot afrikanerondernemings vir Broederbonders te gee
Toegegee, bekwaamheid het ‘n BAIE groter rol gespeel, maar daar was ook maar soms onregverdige bevoordeling betrokke.
Gaan lees net die stuk oor Gideon Roos op die Afrikaanse Wikipedia, om te sien hoe het Broederbond manipulering en uitskuif van soms heel bekwame mense gewerk.

Neels ·

Daar gaan glo nhele nuwe bestuur aangestel word wonderlike woorde om die nasie te paai. Myk maar waar gaan van die huidige droogmakers op eindig met n verhoging in vergoeding . Mnr Mabuza het die skuld oo hom gevat hy gaan eers bietjie vakansie hou want hy kon mos nie Desember verlof kry nie. Sy vergoeding om dat hy die skuld gevat het is n lekker pos in die Parlement spesifiek die kabinet , moontlik in die kantoor van die presidensie . Mark my words

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.