Adj.pres. David Mabuza het Woensdag aan LP’s gesê hy is geensins die Gupta-broers of Duduzane Zuma gunste verskuldig nadat hulle hom ʼn “saamrygeleentheid” na ʼn hospitaal aan boord hul private straler gegee het nie.
Mabuza is tydens sy maandelikse vraag-en-antwoord-sessie in die nasionale vergadering gepols oor sy reis per private straler na Moskou in Rusland nadat hy siek geword het.
Mabuza het in 2016 in die Guptas se private straler gevlieg om mediese behandeling te ontvang ná bewerings dat hy vergiftig is. Sy woordvoerder het destyds beweer hy was te siek om van ʼn vlug van die nasionale lugredery gebruik te maak en het daarom die private straler as uitweg gekies.
Een van die Gupta-broers, Ajay, is tans ʼn voortvlugtende nadat ʼn lasbrief in verband met korrupsie vir sy inhegtenisneming uitgereik is.
“Wees gerus, al is ek na die hospitaal geneem, beteken dit nie dat die Guptas – as hulle iets verkeerds gedoen het – nie aan die pen sal ry nie. As hulle iets verkeerds gedoen het, sal hulle [vervolg word],” het hy gesê.
“As jy op ʼn ongelukstoneel afkom, sien mense is in die motor vasgekeer en jy ry bloot daar verby, is dit jou plig as landsburger om daardie mense te help en hospitaal toe te neem. Hierdie mense skuld jou niks omdat jy hulle hospitaal toe neem nie. Jy help hulle net as landsburger.”
Daar word wyd geglo dat die Guptas, vriende van oudpres. Jacob Zuma en sakevennote van sy seun, Duduzane, die kern is van die bewerings rakende staatskaping. Hul beweerde betrokkenheid verwys na kontrakte van miljarde rande wat die familie van die staat bekom het, glo weens hul noue bande met die voormalige president.
Die wiel draai, stadig maar verseker.
Ja, Mabuza, ONS “GLO” JOU.
Dit is “Toevallig” met die Guptas se vliegtuig, die engiste een wat daar is, en dit is nie asof jy nie mediese behandeling in SA kan ontvang nie.
Hoekom kon die adjunk president David Mabuza nie vir behandeling in Suid Afrika aansoek doen nie, of vertrou hy nie die doktors in Suid Afrika nie. Wonder maar net.
Ramaphosa het self ook ten minste een maal, maar moontlik meer, in die Gupta-straler rondgerits. Daar is soveel vrot appels in daardie mandjie dat daar nie meer omdraaikans is nie.
Lekker man .. so vang ‘n man ‘n lift .. taxi of aerie, solank dit net verniet is.
Ou “hitch hiker” jy bedoel seker jy skuld die barmhartige samaritane niks nie.
Waar n rokie is , is n vuurtjie.
As dit LYK soos korrupsie, KLINK soos korrupsie……..