Mabuza kan nie Eskom-krisis hanteer nie, sê DA

Foto verskaf deur die DA

Adjunkpres. David Mabuza kan nie vertrou word om die span te lei wat Suid-Afrika se grootste energiekrisis moet oplos nie, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.

Suid-Afrikaners moes weer beurtkrag verduur toe Eskom die land die afgelope week in duisternis gehul het en fase 4-beurtkrag ingestel het, het John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, gesê toe die party sy verkiesingsplakkaat in Johannesburg onthul het.

Die DA se advertensiebord fokus op hoe die “onsuksesvolle ANC ʼn wêreldklas kragvoorsiener wanbestuur het deur korrupsie, ondoeltreffendheid en skuld”, het hy gesê.

Die vorige bestuurspanne by Eskom “het die staatsbeheerde entiteit geplunder deur voorafbetaalde steenkoolkontrakte, nepotisme en uitermatige konsultasiefooie”.

“Eskom se uitvoerende lede het deurgaans hulself beloon met massiewe bonusse en salarisse en die entiteit in ʼn finansiële verknorsing gelaat,” het Steenhuisen bygevoeg.

Pres. Cyril Ramaphosa het die afgelope week aangekondig dat Mabuza ʼn spesiale kabinetskomitee sal lei om die krisis te bestuur.

“Adjunkpres. Mabuza het op sy eie Mpumalanga in ʼn onsuksesvolle staat ingelei toe hy die premier was. Hy kan nie vertrou word om die span te lei wat die land se grootste energiekrisis moet oplos nie. Dié skuif is tekenend van ʼn president wat beperk word deur verskillende faksies in die ANC. Hy werk duidelik vir die ANC en lei nie die party nie.”

Ramaphosa het voorgestel dat Eskom ontbondel moet word in ʼn houermaatskappy met drie afsonderlike sake-entiteite. Dit beteken dat elkeen van die drie entiteite dieselfde raad van die houermaatskappy sal deel. Die doel om kompetisie in die kragopwekkingsektor van Eskom te stimuleer, sal dus beperk word deur die feit dat die entiteite nie onafhanklik of mededingend sal werk nie. Dit sal steeds onder die staat se beheer wees en die monopolie sal voortduur, het hy bygevoeg.

“Beurtkrag het beduidende gevolge vir ons ekonomie en die produktiwiteit van klein ondernemings wat swaar geraak word deur kragonderbrekings. Suid-Afrika verloor daagliks R2 miljard weens kragonderbrekings. Beurtkrag lei tot werksverliese.

“Deur die DA se voorgestelde ‘goedkoper elektrisiteitsrekening’, sal Eskom in twee afsonderlike entiteite verdeel word: naamlik kragopwekking en verspreiding. Deur ons voorstel sal die kragopwekkingsentiteit geprivatiseer word om Eskom se monopolie te verwyder en onafhanklike kragvoorsieners toe te laat om op ʼn gelyke voet mee te ding wat kragopwekking betref,” het Steenhuisen gesê.

“Munisipaliteite wat goed bedryf word, sal energie direk van onafhanklike energieverskaffers kan bekom. Wanneer die kragopwekkingskomponent van Eskom verwyder word, kan van die kragstasies aan onafhanklike kragvoorsieners verkoop word om hul skuld te delg. Die DA-plan sal tot werklike verandering lei, en nie net bykomende raadslede nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Andrea van Vuren ·

Liewe genade! Hoe op aarde durf die president weerloses in die skelm hande van Mabuza oorlaat? Wat weet hy van waterbesparing?

Hans ·

Dit het ons “kolonialiste” 71 jaar geneem van 1923 tot 1994 om ESKOM op te bou. Dit het “demokrasie” van 1994 tot 2008 geneem toe eerste beurtkrag plaasgevind het om dit te vernietig. Nou moet ons weer betaal vir die heropbou daarvan. Kranksinnig!!!!

Daan Erasmus ·

Soos die ANC alles waaraan hulle raak in bollie laat verander. Net so is alles waaraan die DA raak ‘n sukses. Jy hoef nie 100% met die DA saam te stem om te weet die DA sal net goed vir die land wees.
Moet netnie vir the GOOD the bad and the ugly stem nie.

T ·

Daan – regtig?? DA gaan beslis nie na jou belange omsien nie. Jy kan nie so blind wees nie. Stem VF+

Cobus ·

Stem saam Daan enigste partei genoeg stemne kan trek om die land uit die gemors te trek VF + en Cope het nie genoeg steun om werklik impak te maak Dis hoekom ek groot voorstander vir saamwerk saam kan ons nie alleen nie ons het meet as net praat nodig ons het nommers nodig

Cor ·

Nie een van die komitee lede het n tegniese agtergrond nie. Mnr Gordhan is al een wat daar betroubaar is . Di minister van polisie en die een van verdediging laat ook maar veel te wense oor . Kan nie eeers polisie en weermag beheer of goed bestuur nie

Gert van Wierdapark ·

Hierdie “Kommie-Tee” se Ligte is dalk Aan, maar niemand is ongelukkig tuis om iets aan die (pikdonker) situasie te doen nie!

Johanna Botha ·

Ag DA julle kan nie eers die straatligte regkry in Pta of Jhb nie …as die ligte nie werk brand hulle 24/7, vee eers voor julle eie deur ook !

Sharon ·

Dank die hele flpn bestuurspan af en stel mense aan teen normale salarisse. Absoluut niks gaan kom van kamtige ondersoek deur n “ondersoekspan” nie… Net geld wat gemors word…

Skroef ·

Ek sekondeer vie dank BESTUUR af en stel bevoegde mense aan teen mormale salarisse. Dan….. Behoort die kommitëe nie uit ten minste 50% opposissiepartylede ye bestaan nie? Die anc se begunstigdes het opgetoffie. Hoe kan hulle partylede die ondersoeke doen? Wat gaan savid mabuza doen aan die kragstelery? Wat gaan hy doen aan niebetalers?

John ·

Met soveel tea parties wat teen die ANC wil meeding op 8 Mei hoef die regerende party nie eens slapelose nagte te hè oor wie onbekwaam is of nie, want daar is geen sterk kompetisie nie. Al hoe ons hulle uit die lazyboys gelig gaan kry as daar ‘n sterk party op die been kom, maar ons sit met te veel chiefs and no indians. Die een partyleier is mooier as die ander of beloof meer booty as die res.

lewies ·

In die land van die blindes is die eenoog koning, maar as die een blinde die ander een probeer lei, le die afgrond voor!! Glo die ANC nie eers aan hierdie eenvoudige slagspreuk of beginsel nie.

Alida ·

Stenig my maar. As die DA VF+ en Cope saamsmelt kan hulle die ANC baie seermaak of dalk oorwin. Sal dit nie wonderlik wees nie. Almal moet saamsmelt en die gemors toeluit wat so geplunder het.

Vra net ·

Is dit nou ‘n geval van “My enemy’s enemy is my friend?”
Vra die Amerikaners, dit het hulle baie seer gebyt.

Christo ·

Ek stem saam. ‘n Koalisie tussen die genoemde partye kan Suid-Afrika uit sy ellende regeer. Ongelukkig het die DA sy vuil wasgoed in die openbaar gewas en gaan hulle definitief stemme verloor ten gunste van die GOOD party. Die bruin stem het nog altyd gemarginaliseerd gevoel en het nou ‘n alternatief. Die DA is so op sy gemak in die Wes-Kaap dat hulle dink dit ‘n gegewe is dat hulle gaan wen. Daar wag ‘n verrassing indien hulle nie opmaak vir die binnegevegte deur seker te maak dat die stemme behou van die vorige verkiesing nie.

remondo ·

Ek stem volkome saam _ALMAL moet stem en ophou op die draad sit

MEYER ·

Ek stem 100% saam Alida. Almal moet ophou klippe gooi en eerder saamstaan. Dan kan iets goeds daar uit kom.

Prokureur ·

DA Cope en V,F + enigste werkbare oplossing. DINK Asseblief

SjN ·

Hoeveel jare, na oorname het hul nog nodig om te besef hul is nie bekwaam daarvoor nie, viva anc

Gollie ·

Blinde mense wat vir hulle stem,hulle sien nie die agteruitgaan van die land onder anc leierskap nie.(PUNT)

barend ·

STEM D A EN DIE DONKER KOM JOU HAAL ……………………..DIE DA GAAN NIKS VIR DIE BLANKE DOEN NIE …………………NIKS STEM DUS ……………………..FV+

Aggie ·

Barend , hier gaan dit nie om wie die regte party is nie. Stem maar DA want hulle is die grootste opposite teen die ANC, Ons wil hulle en die EFF mos uit he? FV kan eventueel koaliseer met die DA en ander meer positiewe partye om dan iewers n verandering teweeg te bring

Agnes ·

Alles loop net afdraand sins 1994, al ooit gewonder waarom? Stel net weer bekwame opgeleide maar afgedankte personeel weer aan en alles sal regkom.

Christo ·

Mabuza is onder ‘n wolk weg uit Mpumalanga. Bewerings teen ‘n korrupte leier sal nooit ondersoek word nie want hy is nou in ‘n hoër posisie met meer mag. Mabuza kan nie vertrou word nie .

Skrikwakker ·

DA is al die jare vir affirmative action en BEE !!! Geen wonder liggies is af nie. VF+ is die antwoord.

ac ·

AGGIE DIS NET SOOS JY DAAR Sê DAREM EEN POSITIEWE SIENING HOOP ALMAL KOM REG.

alida ·

Barend hoekom is jy so kortsigtig. Hoekom sal die leier van die DA niks vir die blanke doen nie. Dink bietjie man Musi het ‘n blanke vrou en ‘n blanke nageslag. Mense dink nie.

JG ·

Alida, nee jy moet eerder bietjie dink…Mmusi is gewoonlik voor in die koor wanneer n blanke beskuldig word van rassisme, maar doodstil wanneer die skoen aan die ander voet is…hy is wolf in skaaps-klere…bly weg van die DA.

Andre ·

DA = ANC. Wat het die DA al gedoen wat suksesvol is. Stry onder mekaar ?

Jerry ·

Dit maak nie saak of jy vir die VF, DA of Cope stem nie. Nie een van die opposisie partye is strategies bereid om die geldkrane na die ANC en staatsbeheerde entiteite heeltemal toe te draai om die ANC se lewensaar af te sny nie. Die DA wil n gedeelte van Eskom privatiseer, wat die ANC nie sal toelaat. Die VF wil die hele Eskom privatiseer en bevoegde ambagslui laat aanstel wat die ANC nie gaan toelaat nie. So, almal snoeker hulself, want die ANC gaan nie sy beleid van staatsbeheer verander nie en nog minder gaan die ANC die verkiesing verloor. As jy nie n radikale teen revolusionere strategie het wat die radikale revolusionere strategie vir staatsbeheer drasties omver kan gooi nie, soos bv om “bail outs” in watter vorm ookal te weerhou van die staat, dan het jy mos nou eintlik geen bedingingsmag en dan is alles wat die opposisie politici kwytraak van bitter min waarde vir die gewone burgery en sal verandering nooit ten goede realiseer nie. Die kern van die opposisie moet wees dat, nie individue, maar die ANC staat verraad gepleeg het teen SA en geen geld mag gebruik vir “bail outs” van belastingbetalers en fondse wat onder staatskaping deurgeloop het nie. Eers wanneer die kommissies en saak van verraad afgehandel is en die groot visse agter tralies is, eers dan en op streng voorwaardes mag “bail outs” plaasvind. Teen die tyd wat dit gebeur, dan sit ons met n verslae en verslane ANC.

Nugter ·

Niemand, al is hy/sy hoe slim kan Eskom red nie. Kry eers al die gebruikers onder op grondvlak om vir hulle krag te betaal wat hulle gebruik, en maak dan die munisipaliteite skoon van korupsie en dan Eskom. Enigste manier wat Eskom weer reg sal kom.

George van Boshof ·

Dis in elkgeval te laat. Enorme skade is gedoen en Cyril speel viool yerwyl Rome brand. Mabuza is korrup so watse verskil sal hy tog maak? Nuwe maniere uitdink om geld weg te dra? Belaglik. En om te dink daar is mense wat die snert opeet soos soetkoek? Hahahaha!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.