Mabuza met verlof oor mediese konsultasie in Rusland

Adjunkpres. David Mabuza (11 September 2019) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Adj.pres. David Mabuza het  ’n paar dae verlof by die president versoek om ’n geskeduleerde mediese konsultasie in Rusland op te volg.

Matshepo Seedat, Mabuza se woordvoerder, sê die besoek is ʼn opvolg op vorige mediese ondersoeke wat die adjunkpresident in Rusland ondergaan het.

Volgens Seedat sal Mabuza sy pligte hervat sodra hy terug is van Rusland.

Ál meer vrae oor die adjunkpresident se gesondheid het verlede jaar opgeduik toe hy weens gesondheidsredes sommige verpligtinge moes misloop.

Maroela Media het in Augustus verlede jaar berig die adjunkpresident moes in die Nasionale Vergadering vrae oor korrupsie tydens die algehele landwye afsondering beantwoord, maar sy kantoor het toe laat weet hy is te siek om dit te doen.

Dit was nie die eerste keer dat Mabuza se gesondheid met die uitvoering van sy amptelike pligte inmeng nie nadat hy vroeër ook lank in Rusland behandel is.

Navrae oor die aard van sy siektetoestand deur joernaliste en opposisiepartye het in daardie stadium net ontwykende antwoorde opgelewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Termiet ·

Hoekom altyd Rusland toe voeter op belasting betalers se on koste? Het ons nie gekwalifiseerde Medici nie?

Pietertjie ·

Hy is seker bang dat sy siekte – toestand uitlek. En watse bewyse is daar dat hy wel Rusland toe is? Eenmaal ‘n liegbek…

Bertie ·

Wat is fout met ons mediese dienste? En wie betaal vir die heer se vakansie in Rusland?

Samuel ·

Daar is geen fout met ons mediese dienste nie. Die man werk só hard, dat hy elke dan en wan ‘n vakansietjie nodig het.

minnie muis ·

ons … want diemeeste dom kiersers betaal nie belasting nie

annie ·

… of is CR se adjunk dalk van die kommissie se klandisie en bang hy toets positief vir die Gupta-virus? Wanneer is dit Malema se beurt? Kuba se weer is glo ook heerlik diè tyd van die jaar.

Willem ·

Hoekom mag hy rondvlieg maar ons dokters mag nie in ander lande gaan werk nie

Cherokee ·

Wie vertel ons dokters mag nie in ander lande gaan werk nie?

Phillip ·

Hulle hardloop Rusland toe sodat ons ns nie die werklike siekte moet weet nie. Dis n toesmeerdery. As hulle hier behandel word gaan ons weet wat hulle wegsteek.

Jaco ·

Vreemd dat wit dokters in Rusland goed genoeg is, maar nie wit dokters in SA nie. Wit is tog orals ewe wit en wit is mos, volgens mabuza se ANC, so min of meer gelyk aan rassisme.

Anton ·

Ek se nog altyd dat politici die resultate van hulle besluite behoort te ervaar. Geen privaat hospitale, skole of sekuriteit nie. Hulle mag ook net staatsbeheerde vervoer soos treine gebruik. As dit goed genoeg is vir jou “voters” is dit goed genoeg vir jou. Gaan staan sommer ook in die ry vir jou Sassa en id dokument. Jy hoef nie in die ry te staan vir ‘n bestuurders lisensie nie want jy mag nie bestuur nie, Jy moet spesiale toestemming kry om taxi te ry

Chris dupreez ·

Hulle gaan Rusland toe want hulle wil nie deur swart dokters behandel word of deur Kubaanse dokters nie

Nie Verbaas ·

Maar is die wonderlike Kubaanse dokters dan nie in Suid Afrika nie? Nou moet belastingbetaler seker sy onkoste dra.

Kobus ·

Wat van die wonderlike Kubaanse dokters? Hy moet juis voorbeeld stel.

Deon ·

Ek sien dit as volg… Hy het nie vertoue in ons eie medici nie, hy weet hoe die anc se bestuur ons hele gesondheidsorg stelsel deur getrek het… Dan natuurlik ook is dit n punt om op te neem met die sg nuwe gesondheidsorg stelsel, gaan dit deur ons politici van die anc vertrou word.

Eugene ·

Hoekom gaan hy nie na n Suid Afrikaanse staatshospitaal???

Mariana ·

Nee wat hy makeer niks, net verskoning om weg te kom van al die vrae wat aan hom gevra kan word. So hol hulle weg en Rusland is goeie wegkruipplek. Mediese konsultasie se voet. Asof hier nie dokters is nie, o ja hier is mos net Kubaanse dokters wat ingevoer is en nie goed genoeg vir sy “mediese toestand” nie. Regtig en ons moet nou al die snert glo.

Anel ·

Hy voeter Rusland toe! Hoekom gaan hy nie na sy staatshopitaal toe nie? Hy wil ons ontneem van ons reg tot privaat gesondheidsorg, maar wat doen hy?

Samuel ·

Dit is sommer twak! Hy rits ook nie net rond nie, maar doen duistere besigheid met die Russe. Onthou waar die kaders opgelei is: Rusland, Oos-Duitsland(DDR) en Kuba. Mabuza makeer seker niks nie.

Joe Olivier ·

Ek het nie geweet kleptokrasie is ‘n siekte wat in Rusland behandel moet word nie. Kan ons plaaslike howe dit nie behandel nie? Wat het die ou nou al gedoen vir sy moefiese salaris?

Mier14 ·

Dan versterk dit mos net ons saak dat Kubaanse dokters nutteloos is en dat daar geen vertroue in die SA mediese stelsel is nie…d nuwe voorgestelde NHI kan dan mos ook nie vertrou word nie.

Witwolf ·

Dit is ‘n dekmantel! Hy gaan Putin vra om genoeg Sputnik inentings beskikbaar te stel sodat alle EFF ondersteuners ingeënt kan word!

Francois Le Cochon ·

Gaan hy na ‘n GEMS netwerk dokter, en gaan GEMS betaal. Ek wonder.

Sarel ·

Hoekom in Rusland.. laat iemand asseblief verduidelik…hoekom is die Kubane dan hier

Kerneels ·

Mabuza begin voorbrand maak om nie te hoef te getuig in hoogeregshofsaak waar hy as getuie moet getuig op 19 Julie. Die saak tussen Fred Daniel vs die staat gaan Mabuza ontbloot, net soos Pieter-louis Myburg vir ace ontbloot het – lees Predetor politics deur Rehana Ressouw

Spook ·

Is hy alweer vergiftig? SA vodka is net so goed soos Russiese vodka vir ontgifting. Vra enige Kubaanse dokter in Charlotte Maxeke hospitaal.

Buks ·

Hallo Afriforum, Solidariteit, Suid-Afrika … Nog ‘n voorbeeld van misbruik.

Hoekom na Rusland? Is ons eie plaaslik opgeleide dokters, opgelei onder hul eie regime, nie goed genoeg vir die selfverrykte leiers nie? Hulle vertrou miskien nie ons plaaslike Drs nie, maar tog vertrou hulle ‘n 3de wêreld Kubaanse Drs?

Is ons ingestemde leier bang of het geen vertroue in ons plaaslike dienste nie.

O ja.. daarom is hul persoonlike gesondheid, veiligheid en beskerming so hoog op die lys van die verkose uitverkorenes?

Soos die elite dink, moenie bekommerd wees nie, ons volk sal maar aanhou betaal vir hul luukshede !!

Skokkend dat ons skapies net le en toekyk hoe die uitverkorenes aanhou geld mors met ‘n glimlag op hul gesigte. :-(

Finger in die lug vir julle Suid-Afrika! Betaal maar vir my reis….

LANA is ELANè ·

Hoekom Rusland?
Is dit hoe min vertroue die regerende party se hoës in ons eie mediese stelsel het?
Dit is hoogtyd dat ALLE staatsamptenare slegs na openbare gesondheidsfasiliteite gaan vir mediese behandeling!
Dat hulle enigsins private mediese dienste het, gaan my verstand te bowe en dit is juis hoekom gesondheidsorg in SA so swak is, die regring self het geen vertroue in sy eie entiteite nie.
As jy vir die staat werk kan jy gerus die dienste van die staat besoek, waarom moet die belastingbetaler, wat meesal self nie private dienste kan bekostig nie, swak regeringsamptenare se private mediese dekking subsidieër??

petro ·

dit is seker die duurste dokters besoek in ons land se geskiedenis en Cyril laat dit toe ek ruik n moewise rot oor die besoek en dan bring hy nou weer Rusland se virusse na ons land toe hoe kan Cyril dit toelaat dit is hoekom ek se dit is n klug

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.