Mabuza: ‘Moenie skole afbrand nie’

Adjunkpres. David Mabuza. Foto: ANA.

Adj.pres. David Mabuza het Woensdag ʼn beroep op die gemeenskap van Amsterdam naby Piet Retief in Mpumalanga gedoen om nie openbare infrastruktuur te vernietig om hul ontevredenheid met dienslewering te kenne te gee nie.

Mabuza het skoolkinders en gemeenskapslede by die Nganana Sekondêre Skool toegespreek. Hy het die jaarlikse Mandeladagviering in dié provinsie gelei.

“My boodskap aan julle is die volgende: as dinge nie beweeg soos ons wil hê dit moet nie, te eniger tyd, beteken dit nie ons moet vernietig wat ons reeds het nie. As ouers kwaad is omdat daar nie watertoevoer in die nedersetting is nie, kom ons brand nié die skool af nie.”

Mabuza, self van Mpumalanga afkomstig, het vir die leerders gesê hulle kan ook ʼn sukses van hul lewe maak, al kom hulle van arm gemeenskappe.

“Julle moet julself goed gedra. Leerders moenie goed doen wat vir volwassenes bedoel is nie. Jou kans om te trou en getroud te wees sal kom – en jy sal selfs daai huwelike probeer vryspring. Dit is nie maklik om getroud te wees nie, moenie dinge haas nie – ek weet van ander jongmense wat uit hul huwelike wil ontsnap.”

Mabuza het gesê hy is dankbaar dat dié skool, waarvoor hy en hul ouers so hard geveg het om dit te laat bou, baie goed vaar.

Mabuza, voormalige premier van Mpumalanga, het sanitêre ware, skootrekenaars, skooluniforms en sporttoerusting aan leerders van dié skool geskenk.

Mabuza sou ook volgens ʼn verklaring wat deur die presidensie uitgereik is later met bejaardes van die Mkhondo- plaaslike munisipaliteit gesels.

Die presidensie het voorts gesê Mabuza sal ook waarneem by die oorhandigingseremonie van nuutgeboude huise vir gesinne sonder behoorlike skuiling.

Pres. Cyril Ramaphosa neem Woensdag deel aan die Mandeladagviering in Mvezo in Mthatha in die Oos-Kaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

marous ·

Hoop hy geniet die toekomstige leiers van die ashoop terdee …..

zoom zoom ·

Dit lyk altyd vir my as of hulle voel dit is hulle reg om plekke te brand en om klippe te gooi. Is dit nie deel van demokrasie nie. Want nie een van hulle word ooit vervolg nie. Hoekm nou vra om hulle te gedra.

Sandra ·

Dis reg Mnr Mabuza, leer hulle reg van kleins af. Ek sien bloedjong kinders in die koerante en in die nuus tussen die skares ongelukkiges betoog, breek en brand. Die vorige generasie, (nou ouers), is aangemoedig om dit te doen . Maar ongelukkig doen hulle nou so voort, en die nuwe Regering sit nou met die gebakte patats, want hoe leer jy hulle dit af?

Lizl ·

Hulle brand al skole af van 1976 af… nog nooit opgehou nie

Nikita ·

Dis goed Mnr Mabuza het sy stem bietjie dik gemaak, ek hoop daar word meer sulke toesprake gelewer reg oor die land. Buig die boompie solank hy nog jonk is! Want wat jy in jou jeug aangeleer het, bly n gewoonte al is jy oud. Jonk gewend, oud gekend.

Waarom ·

Ek is bly dat Mnr Mabuza oor hierdie belangrike onderwerp gepraat het. Ek wens net dat Pres Ramaphosa sy voet bietjie wil begin neersit oor al die ONvreedsame betogings wat op die oomblik in die land aan die gang is, MAAR dit sal seker nie gebeur in aanloop tot vlg. jaar se verkiesing nie. Die ANC wil stemme wen en nie verloor nie. Gaan dinge ooit draaipunt bereik? Ek twyfel sterk…

De Villiers ·

Dis moeilik van die ANC om so ‘n boodskap oor te dra as hulle presies dieselfde gedoen het al van die sewentiger-jare af, en steeds doen. Die voorbeeld is reeds gestel.

Alida ·

Sjoe maar hulle vry darem hard vir stemme en maak baie beloftes.

Anoniem ·

Bose kringloop wat nooit sal verander tensy die ouer generasie nie deur n beter voorbeeld lei nie.

Natascha ·

Stem saam, hoekom altyd alles wil vernietig. dit is omdat hul ALS verniet kry. As hul ook belastig betaal soos ons, sal hul verseker na die plekke kyk en dit oppas. En Anomien, dit is soos jy se ons as ouers moet n voorbeeld stel en ons kinders leer om als op te pas en te waardeer. Wat my die hartseerste maak is dat hul als van selfsprekend aanvaar.

Sjoe! ·

Sjoe, dis lekker! leerlinge kry s,s,s,èn s…. sanitêre ware, skooluniforms, sporttoerusting èn skootrekenaars!!! wat van ONS kinders? ons wit kinders?? ons het dit ook nie breed nie? EN dan word daar nog gratis huise ook gegee…. dis lekker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.