Mabuza ontwykend oor grondkwessie

Pres. Cyril Ramaphosa en adjunkpres. David Mabuza (Foto: GCIS)

Adjunkpres. David Mabuza het Dinsdag tydens vraetyd in die parlement ʼn eierdans oor die onteiening van grond sonder vergoeding gedoen.

In ʼn sterk aanduiding dat die ANC ʼn tydperk van onsekerheid oor die verdelende kwessie ervaar, het Mabuza wegbeweeg van die ANC se aanvanklike bombasme oor onteiening en ʼn versigtiger koers ingeslaan.

Hy het die versekering gegee dat alle insette oor die politieke warm patat in ag geneem sal word voor die finale besluit oor die kwessie.

ʼn Vraag deur die DA oor die erkenning van titelaktes op kommunale grond wat deur tradisionele leiers beheer word, het gewys watter hoogspanning tussen die regering en tradisionele leiers aan die broei is oor die aangeleentheid.

“Tradisionele leiers bestuur die grond namens die bevolking, so dit behoort eintlik aan die bevolking. Om dieselfde rede behoort staatsgrond ook aan die bevolking,” het hy probeer argumenteer.

Veronica Mente, EFF-LP, het Mabuza getakel oor vertragings met die verskaffing van vigs-toetsuitslae en aflewering van antiretrovirale middels in afgeleë gebiede. Mabuza het gesê die regering doen sy bes, maar dit vat ʼn rukkie om aflewerings van bloedmonsters na bloedlaboratoriums te doen omdat die laboratoriums in stedelike gebiede is.

ʼn Vraag deur die DA-hoofsweep, John Steenhuisen, oor ingryping van die sentrale regering in Noordwes het korrupsie aan die bod gebring, en dis toe dat die poppe begin dans het.

Andries Tlouamma, Agang-LP, het gevra dat Mabuza homself van enige ondersoek na korrupsie verskoon “want u is Supra Mahumapelo [die ontsetelde Noordwes-premier] se broer in aksie. Dit sal een dief wees wat ʼn ander een jaag.”

Die adjunkspeaker, Lechesa Tsenoli (ANC), het Tlouamma beveel om sy woorde terug te trek, maar Tlouamma het geweier en is uit die vergadersaal gejaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Andries Tlouamma het die spyker so op die kop geslaan. Mooi man !!!!!

Corné de Milander ·

Dit is vir my heerlik om enige tyd (maar veral soggens vroeg voordat my dagtake begin) Maroela Media “nader te skuif” en die belanrikste nuus in my taal te kan lees. Ek sou graag minder van motorongelukke, moorde, verkragtings en politieke kwessies wou sien. Interessante aktuele sake sal my dag kan opkikker!

ferdi ·

Begin met CR se groot plase en Ace Magashule se plaas en bai grond en eiendom wat hulle besit

John ·

‘n Sterk aanduiding van onduidelikheid…. ha, ha! Hoe lank woon jy al in SA? En die ANC het verander? Dalk kook die water nog net nie warm genoeg nie…

Hendrik ·

Ons, die wittes se politieke toekoms le in die swart stem se hande. Ons is eenvoudig net te min om enige verandering in politieke rigting af te dwing. Ons kan natuurlik al ons energie en geld weg skuif vanaf DSTV en regtig hard werk om meerderheid enklawes te vestig om te oorleef.

Andrea ·

Ons moet beslis begin om te fokus om in enklawes saam te groepeer. Ek sou graag wou sien dat Afriforum hiermee die leiding neem.

Wet wat goed is ·

Miskien weet hulle wat goed is vir hulle. As die grond gevat word gaan die ekonomie val en dan gaan die mense wat werk skep en belasting betaal of emmigreer of saam val, dan is daar niks meer geld vir hulle staatssalarisse en sosiale toelaes nie, honger kom, dan sodra die massas honger word kan oorlog uitbreek.

Hendrik ·

Dit is baie belangrik om enige sulke ekstreme situasie te vermy en as dit gebeur om dit te oorleef. Dit is volgens kenners soos Magnus Heystek (Brenthurst Wealth) , Frans Cronje (IRR) en my eie logika. Dit is tyd om ongelooflike druk op die regering te plaas om af te sien van hierdie grondkwessies en die ekonomie te groei in die wrye mark omgewing. Dit is wat Afriforum doen en druk wat onself ook moet toepas deur burgelike organisasie te ondersteun.

Eish ·

Stem Hendrik, veral buitelandse druk.
Mag Afriforum die yster snikheet hou!

Judge Dredd ·

2 Dinge:
1. Hy het niks van privaat eiendom gepraat – dit omseil.
2. Hy het erken dat STAATS grond en Kommunale grond eintlik aan die mense behoort.

So dan moet staat en kommunale grond eerste herverdeel word.

Dit is egter net die naiewes wat dit sal glo.

marous ·

Die besluite is klaar geneem . Daar is geen onderhandelings proses wat dit sal keer nie. Die gevolge is vir die regeerders van geen belang nie. Hulle sal gesien word as helde. As daar teenstand is , gaan jy die weermag en polisie en hordes anargiste op jou stoep vind. Diegene wat nog in onderhandeling glo , leef in ‘n droomwereld!

humor ·

Marous, dit wat jy se is sekerlik die heel naaste aan die waarheid. Die hele geskiedenis bevestig dit. Daar is egter huidiglik n remmende faktor nl. die rommelstatus – ekonomie Miskien moet ons vir Jakop dankie se dat die grondkwessie deur sy toedoen op die langebaan geskuif word. Wat my steeds verbaas is die bakhand mentaliteit wat geen perke tot aan die voleinding sal he nie. Sekere mense leef (Bestaan) met die opvatting dat die son terwille van hulle elke oggend opkom.

Afrikaanse Knaap ·

Die SA parlement is ‘n sirkus en bespotlik. Hulle is so lelik met mekaar. Ek skaam my vir ons “leiers”.

Penellope Jones ·

Dis maar soos die ANC werk.
As hulle nie die eierdans dans nie, ontken hulle, pas vertragingstaktiek toe.
Hulle besef dalk nie dat dit juis is wat suspisie mag wek nie.

Andre ·

Hulle is in dieselfde bootjie as Robert Mugabe was, niks meer om te gee, net wat nie aan die staat behoort nie.

Willem ·

Ek kan nie sien dat die tradisionele leiers hulle dit enigsins gaan laat welgeval nie, hulle gaan die regering en CR roer, die ANC is dan afhankik van die landelike stemvee om aan die bewind te bly. Dis een gesprek, die wit mense se grond, dis egter toetentaal ‘n ander gesprek die tradisionele leiers se grond.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.