Mabuza sê oor Medupi, Kusile-kontrakte

Adjunkpres. David Mabuza (Februarie 2019) (Foto: Ayanda Ndamane/African News Agency/ANA)

Die kontrakte om die Medupi- en Kusile-kragstasies te bou is baie sleg gestruktureer en dit het tot korrupsie gelei, het adjunkpres. David Mabuza Dinsdag in die parlement toegegee.

“Die ooreenkoms het nie die doelwit van plaaslike deelname bereik nie,” het hy gesê terwyl hy vrae in die parlement beantwoord het. “Dit het tot korrupsie en plundery gelei.”

Hy het verduidelik die kontrakte moes só saamgestel word dat die kontrakteurs vir die verliese verantwoordelik sou wees met herhaaldelike vertragings om die twee kragstasies te bou. “Wanneer hulle nie die sperdatum haal nie, dan word hulle nie gepenaliseer nie; Eskom is dan verantwoordelik vir die boetes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

John ·

Dalk is die werk doelbewus in wanorde gelaat sodat die hele spulletjie weer terug kan keer vir nog 20 jaar sel lekkerlewe…. miskien gebeur dit tog ook… want niks en niemand by
Es-kom wil -gaan nie… soos die reddingsboeie vir die 47 000 speensuiers… volgende jaar is dit weer sulke tyd… dan is daar dalk 67 000.

willem Botha ·

Soos met alles wat die anc sy hande opsit faal dit of verander in as in 2045 sal Medipi nog steeds nie klaar gebou wees nie,en raai wie sal die skuld daarvoor kry?

Dafer ·

Soos wat ek dit al jare lamk weet, is die suksesvolle voltooing van die kragstasies nog al die tyd onderhewig aan plaaslike swart boikottery. Volgens hulle oorspronklike verklaring sou die kragstasies ‘nooit’ klaar gebou word nie!

Johanna Botha ·

Ja dis alles n gemors ons weet dit …maak dit nou reg toe ….as jy kan ????

Afrikaner ·

En hy het ook vandag gesê hy neem nie Mboweni ernstig op nie. Is dit ‘n uitdaging aan Cyril se aanstelling oor die land se finansies? Dalk ‘n uitdaging aan Cyril self?

Afrikaner ·

Maroela, ek sal dit waardeer as een van jul eksperte hierdie verder kan vat.

CJ ·

En môre is alles vergete en niemand het verantwoordelikheid (accountability) aanvaar … en so gaan ons dag vir dag, week vir week en maand vir maand tot satwordens toe voort om te lees van die een plundergeval tot die volgende. En wie moet ons bedank? Wel … daar is nie eers meer n Boland Bank nie.

Dafer ·

CJ, jy moet jouself bedank, en vir my – ons almal – want ons hou aan en aan en aan om dit toe te laat!

Hanna Hoekom ·

Wel, as ESKOM verantwoordelik vir die boetes is, beteken dit maar eintlik dat die vuisvoos belastingbetaler weereens vir hierdie rekening gaan moet opdok. En so stoom die soustrein rustig voort!

Manie ·

So wat sê hy nou eintlik. Dat die regering en sy kaders toe so pateties is as wat ons gedink het. Hoop die liberals met die groot oogklappe kry n plekkie om deur te sien hoe pateties dit gaan in Utopia

fred ·

ja Eskom…onbekwaam en oorbetaal…ek het jare naby Ellisras op n plaas gebly…was daar êrens n onweer dan was die krag vir ure soms daë af..te dikwyls self die lyn afgery en gaan soek waar die skakelaars uitgeskop het…dan Eskom kantoor toe en die elektrieker gewys waar hy moet gaan kyk…en hulle het toen al (2014) volgens Solidariteit gemiddeld R75,000/maand gekry,nie verdien nie..

Colleen ·

Slegte struktuering is die oorsaak van korrupsie??? Nou het ek al alles gehoor. Gretigheid en swak opvoeding is verantwoordelik vir korrupsie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.