Mabuza sê plaasmoorde moet stop 

Glen en Vida Rafferty (Foto: Facebook)

Adj.pres. David Mabuza het op die vooraand van die parlementêre debat oor plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika sy skok oor die jongste plaasmoord uitgespreek en gesê alle lewens maak saak.

Volgens Mabuza het hy met skok en ontsteltenis verneem van die naweek se moorde op Glen Rafferty (63) en sy vrou, Vida (60), op hul plaas in Normandien naby Newcastle in KwaZulu-Natal.

Mabuza het die gewelddadige aanvalle op boere en mense in landelike boerderygemeenskappe veroordeel en die belangrikheid van die landbousektor vir die ekonomie van Suid-Afrika benadruk.

Hy het ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om boere en plaaswerkers te waardeer, en onverbiddelik te streef na ʼn beter land waarin alle mense in waardigheid en vrede met mekaar saamleef.

“Dit is wat ons as nasie definieer en moet die leidende lig in ons gemeenskappe wees. Selfs in moeilike tye mag ons heersende uitdagings ons nie tot wanhoop lei nie. Ons moet vasberade bly om ʼn beter Suid-Afrika te bou wat agting het vir menselewens,” het Mabuza gesê.

Adjunkpresident David Mabuza (Foto: Motshwari Mofokeng, ANA)

Lede van die parlement sal Dinsdag die voortgesette toename in plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika bespreek, in reaksie op ʼn versoek wat die DA in Junie ingedien het. Die debat begin na verwagting om 14:00.

Mabuza sal intussen Vrydag die interministeriële komitee oor grondhervorming en landbou byeenroep in sy hoedanigheid as voorsitter van die komitee. Die vergadering sal onder meer fokus op die spesifieke programme wat daarop gemik is om gewelddadige aanvalle op boere hok te slaan, asook die negatiewe uitwerking daarvan op voedselproduksie en veiligheid te bekamp.

“Die lewe van boere, plaaswerkers en plaasbewoners, asook elke burger van hierdie land, swart en wit, maak saak, en daarom sal die regering voortgaan om met die gereg, misdaadvoorkoming- en veiligheidsgroepering saam te werk om voorkoming as ʼn prioriteit in die hantering van plaasmoorde te verseker.”

Mabuza het ook ʼn beroep gedoen op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om deeglike ondersoeke uit te voer en die oortreders van hierdie gruwelike misdade aan die pen te laat ry ten einde geregtigheid vir die slagoffers te laat geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Persheks Adri ·

Alles mooi woorde. Kom ons kyk of die regering regtig iets omtrent dit gaan doen. Ons kan nie op groot hoed staat maak nie en Cyril skitter in sy afwesigheid en bly mos dood stil oor dit.

#All lives matter!!!

Misky ·

Ek stem saam jou @Persheks, maar erkenning is n begin en stap in die regte rigting.

Ek wil so graag hoop hê en probeer positief bly vir n beter toekoms vir almal in SA

Elize ·

Sluit aan by Move 1 million op Facebook dit is vir almal wat moeg is vir al die dinge in ons land

Misky ·

Ek het ja en daai beweging groei by die dag. Elke moontlike poging en grashalm moet ons na gryp en op ons knieë gaan en bid

Fedup ·

Try snapping your fingers, mabuza.
Then all these senseless farm murders and attacks will magically dissappear.
You know as well as i do, this is all politically motivated.

daniel ·

Of course it is most definitely politically inspired, I have been saying that for a long time.

Werner ·

Begin nou bang raak die buitelandse geldtjies raak op nou se hy ook maar net iets. Sal natuurlik die liberales kry wat in ekstase is daaroor

Piet ·

Wat van jy werk daaraan om die ekonomiese omstandighede in die land te verbeter – dit is die grootste drywer van misdaad. Mense leef soos diere terwyl jy lekker in Rusland mediese sorg kry.

annie ·

Noudat Engeland op sy agterpote spring weens Engelssprekendes se wrede lot, skrik die DA en en ANC skielik wakker, want die beursie van die queen moet oop bly. Groot wawawa sal volg maar dis te betwyfel of daar ‘n wil is om misdadige terrorisme uit te wis. ‘Talk is cheap.’

Dries ·

Wat beter sal wees, is as die ANC en hulle leier op hierdie stadium om verskoning vra vir dit feit dat hulle jare lank plaasmoorde ontken het, en afgemaak het as ‘n fraksie van totale misdaad in die land. DAN sal ek glo hierdie skielike kommer is eg. En ook, streng aanmanings rig aan politieke leiers wat haat teen rassegroepe van enige kleur aanhits.

Adeline ·

OK mooi gesê, praat, praat, praat ….. ons leef in die “laaste dae” waar ongeregtigheid goed gepraat word deur onregverdiges en niks aan die ongeregtigheid GEDOEN WORD NIE…….praat praat praat….

gatgogga ·

Beter as Ramaphosa wat volstrek weier om empatie te toon.

koos10 ·

Die enigste ANC leier wat tot dusver plaas moorde konstant veroordeel het is die premier van KZN.

DD miskien kan jy sommer ook vir jou Minister van Sport en die LUR van Onderwys in Gauteng verduidelik wat jy sê, dat ALLE lewens belangrik is nie net BLM nie!
Ek waardeer jou woorde maar jou dade sal jou oordeel. Sonder ons Boere, wit en swart, gaan ons land honger lei. Gaan leer gerus by Zimbabwe.

Phumba ·

Verbeel ek my, of het die skielike ommeswaai gekom net na die aanvalle op die Indiese boere in Natal?

Stofdonkie ·

So die adjunk-president weet van die plaasaanvalle maar die president ontken dit? Hoe is dit dan, praat hulle nie met mekaar nie? Dalk kan hy net vir die president daarvan vertel want laaste nog het cyril vir Pres Trump vertel daar bestaan nie so iets nie, Kan mabuza dalk sommer vir vir daardie cowboy cele ook daarvan vertel en hom dalk opdrag gee om die plase te beveilig? Waar is al die weermag wat hulle so gebruik het om rokers te vang? Gebruik hulle dalk om plaasaanvallers te vang. Waar is die outjies nou wat dit selfs reggekry het om mense in hulle eie erwe te vang na hulle op die strand geloop het? Kan hulle nie dalk aangewend word om die plaasaanval-terroriste vas te trek nie?

Ria ·

Hulle kan begin deur die boodskap onder hulle mense te versprei dat dit veroordeel word en dat die swaarste strawwe beskikbaar opgelê sal word vir plaasmoorde. Ek hoop Mabusa bedoel sy stelling en dat hy dit nie net sê om iemand te probeer beïndruk nie.

Prikkie ·

Net toe ons dink hy is op pad uit weens swak gesondheid …

Adam Adriaan ·

Net lippe taal na die naweek se M/Fiets betogings. Wil net hulle eie inteligensie gedrewe operasionele strategie en optrede verbloem

Genis ·

Talk is cheap, money buys the Whiskey… Hierdie moet die begin wees van groot bewusmaking… Nationaal en Internationaal..

JohanR ·

Ou liewe David….ANC gee die geld, EFF gee die opdragte en taxis gee die vervoer na die plek van aanval en terug huis toe. Nie snaaks nie ou liewe David dat as hulle plaas moordenaars vang wat in Limpopo vermoor het, dat hy/hulle eintlik in die Vrystaat bly?

daniel ·

Hoekom word die uitlatings van politieke leiers en quasy politici m.b.t die moorde op witmense nie ernstig opgeneem nie ?. Waar daar n rokie is is daar waarskymnlik n vuurtjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.