Mabuza ‘te siek’ om Gupta-vlug te onthou

Adj.pres. David Mabuza. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Adjunkpres. David Mabuza het Donderdag gesê hy was te siek en op baie sterk pynmedikasie toe hy in Oktober 2015 na Moskou gereis het om te onthou of ʼn man wat daarvoor bekend is dat hy mynooreenkomste tussen Rusland en buitelandse regerings onderhandel saam met hom op die vliegtuig was.

Mabuza het voor die nasionale raad van provinsies verskyn om vrae te beantwoord. Hy is gevra om te reageer op bewerings in ʼn ope brief van Mmusi Maimane, leier van die DA, wat vandeesweek gepubliseer is.

Hierdie bewerings het ingesluit dat Ruslan Gorring, die eerste adjunkdirekteur van die Russiese eksplorasiemaatskappy ROSGEO en die man wat namens Rusland mynooreenkomste met ander lande onderhandel het, hom na Moskou vergesel het op ʼn straler wat aan die omstrede Gupta-familie behoort.

“Ek was in ʼn baie slegte toestand toe ek Moskou toe geneem is,” het Mabuza gesê. Die adjunkpresident hou vol Duduzane Zuma, voormalige pres. Jacob Zuma se seun en ʼn sakevennoot van die Guptas, het aangebied om hom na ʼn Russiese staatshospitaal te neem om behandeling te ontvang nadat hy vergiftig is.

“Ek kan nie eers vir julle sê wie almal op die vlug was wat my hospitaal toe geneem het nie. Die enigste ding wat ek kon agterkom is dat ek op ʼn vliegtuig is, maar ek was die hele vlug op baie sterk pynmedikasie.”

Mabuza het weer eens ontken dat hy enige verbintenis met die Guptas het, die familie wat daarvan beskuldig word dat hulle sistematies miljoene rande uit staatskoffers geplunder het. Mabuza sê behalwe vir die geleentheid na die Russiese hospitaal, het hy niks met die Guptas te doen gehad nie.

“Ek het dit al voorheen gesê en ek sê dit weer, daar was niks tot op hede tussen my en Guptas en die Russe nie. Behalwe toe ek na ʼn Russiese hospitaal in Moskou geneem is en toe het iemand my net gehelp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Theresa B ·

Die verskonings wat darem uitgedink word…………………Wow!!!

Knapie ·

Dink die ouens ons is onosel? Wat is fout met suid afrikaanse hospitale? Of militêre hospitale as sy lewe in gevaar is?

Adrian ·

Siek se voet , hy spring rond soos n kat op n warm plaat. Leuens leuens nogmaal leuens kan verwag word van anc kaders. Mabuza YOU are a liar

Bernard Hellberg ·

Om te dink hierdie skurk is net ‘n hartklop verwyder van die presidentsamp?

John ·

‘n Bewys dat ons hospitale so swak is dat die regering self nie hier behandeling kry nie… nie eens in ons beste private klinieke nie. Miskien is die Sjinese hospitale dalk nog beter as die Russe s’n. Die’ dat soveel bewustelose vooraanstaandes nou daar rondhang… in die hoop dat die vergiftigings wat 2 weke gelede of so in SA opgedoen is, nou hul buiging wil maak en hulle plattrek vir intensiewe behandeling. Ryswyn bring nogal die koors na bowe.
Byt vas aan die glas…

Mary Alexander ·

Nou eers verstaan ek hoekom David Mabuza visie President is.Is jou hande skoon meneer President ?

Diefie ·

As snert praat ‘n sandkorreltjie was, wa hy no die Nabib woestyn.

Mielie ·

Vra my broer Jack…..Hierdie mens het absoluut geen respek vir die publiek en CR se mense nie.

Frikkie Geld en huis ·

CR self het geen respek vir SA se landsbugers nie.

Niklaas ·

Dis nou een goeie verskoning daai , om verdere vrae te ontwyk…”ek was net te siek om te onthou” . In die toekoms gaan dit telkens en gereeld aangewend word , glo ek.

Ha nnetjie ·

Met al die verwikkelinge rondom grondhervorming ensovoorts…dan wonder ek nou ‘Prins of padda’…

Wickus de Bruin ·

Ek glo dat indien hy te siek was, die vlieënier hom geensins sou toelaat om te vlieg nie. My mening is dat hy goed probeer lieg om sy bas te red.

Marietjie ·

Ek het nogal presies dit gedink. Geen lugredery gaan jou toelaat as jy so siek is nie.

Henk ·

Tipies. Liegbek, bedrieer, korrup. Dis die minste bygese. Ongelooflik hoe hy zuma en gupta en die relings kan onthou maar vir ander goed was hy te siek.

Anoniem ·

Jy is die adjunk president van die land en raak sulke snert kwyt. RSG het vanoggend berig dat jy beweer jy voedselvergiftiging gehad het, maar jy reis Rusland toe vir behandeling? Sjoe, is daar nie 1 dokter in SA wat jou daarvoor kon behandel nie? Vertel daardie snert vir jou kinders, hulle mag dit dalk glo. Nee wat, met sulke mentaliteit kan geen land vooruitgaan nie.

thelsa ·

Jislaaik . . . dieselfde siekte as wat die vorige regeringsamptenare gehad het toe hulle voor die WVK getuig het. Geheueverlies in die hoogste graad. IS dit regtig ‘n siekte of ‘n posvereiste ?

Spike ·

Hy lieg so hy glo homself. Hoe moet ñ land voorentoe gaan met dit. Ondersoek hom, skelm saam met zuptas.

liz ·

Hoe dom moet ons nie lyk vir hierdie mense nie, grootste snert denkbaar.

Geurt ·

Ai maar uiteindelik is alle politikuste maar een of ander tyd lieg bekke. Hulle wil betaal word vir net praat en is oneerlik oor waar en wat hulle doen. Ek weet dit is n growe veralgemening maar die teendeel is nog nie werklik vir my bewys nie.

Veritas ·

Geurt, dit is die rede waarom ek nie my tyd mors om te gaan stem nie.

Nossob ·

En die mediese verslag van die hospital is agter op my bankstaat geskryf

Stuiwer ·

En hierdie man dink ons is onnosel! Glo hom vir geen oomblik nie. Waarom was hy in die eerste plek op ‘n vlug na Rusland en hoekom was ‘n sakevennoot van die Guptas en Zuma se seun daar? Waarom is hy kwansuis na ‘n staatshospitaal geneem en nie na ‘n privaat ene nie? Dis ‘n gerieflike verskoning. Ek is verbaas hy het nie gesê dat hy aan geheuverlies ly nie..

Gansie ·

Ek dink nie jy moet enige landsbesluite maak as jy so “siek” is nie. Nee regtig, hoe dom dink hy is ons.

Grysburger Pretoria ·

Die verdoemende artikel oor die agbare vise president at in die “New York Times” verskyn het was seker fopnuus?

REAList ·

Dis so ongerieflik dat die voters tred hou met reisdokumente en bankstate (en dan praat ons nie eers van die slaapmaatjies nie). Elke ANC politikus is mos geregtig op sy privaatheid.
Of hoe?

charmaine ·

Maar hy onthou of weet hy was Rusland toe? Dis baie gerieflik. As hy so siek was hoekom het hy nie by die huis gebly sodat hy by sy huis kon versorg word nie hulle onthou baie goed om belastingbetaler se geld te mors.

Hennie ·

Sy flou en afgewaterde verskoning beteken in der waarheid “DAT RUSLAN GORRING
BESLIS OP DAARDIE VLUG TEENWOORDIG WAS”. David Mabuza, ou grote, neem kennis dat jy nie met pampoene te doen het nie, hierdie mense het integriteit!!

JM ·

As hy so siek is hoekom is hy die Adj pres van die land, hy praat bollie

NuweSA ·

Kry ‘n bevel dat ‘n leuenverklikker toets op elkeen gedoen moet word…. Julle sal sien hoe vinning verdwyn hierdie ouens!

Siekte ·

JANEE so vinnig as wat skelms suikersiekte of een of ander lewensgevaarlike siekte ontwikkel soos SHabir sodra hulle tronktoe moet gaan is NIE meer ‘n nuutjie nie. NES hulle in die hof moet verskyn of die waarheid moet praat is hulle SIEK .. die MInisters doen dit almal ..

Riaan ·

As jy lieg kan jy met enige iets wegkom,en as jy uitgevang word moet jy verder lieg en huil en se jy is baie jammer.Dan is alles weer reg

Johanna Botha ·

Wie is nou so dom om dit te glo ..seker net doe anc

Jan Publiek ·

Ek vermoed sy lewe sal in gevaar wees as hy uitblaker oor Russiese betrokkenheid.
Daar is ander rolspelers as die Guptas en sy koors..

M'Lady ·

Hierdie amptenare dink ons het dieselfde IK’s as hulle volgelinge.

Kannie Meer nie ·

Net so kan hy niks onthou van : Political killings in Mabuza’s home province of Mpumalanga.

Casper Labuschagne ·

Inderdaad. Ek het deur die berig gelees en al wat ek geleer het is dat die storie van Pinnochio toe nooit ‘n fabel was nie.

pieter ·

Baie interessant dat SA hospitale nie goed genoeg is om jou te behandel nie. Indien n mens vergiftig is, is tyd van belang. Waarom sal jy n 12 uur vlug onderneem om gehospitaliseer te word indien daar hulp n paar minute weg is. JY LIEG OU BEESBLAAS, JY LIEG!

pieter ·

Al die landbou manne wat nou so danig impressed was met Mabuza se verskyning by die landbou kongres, wees gewaarsku – die man lieg vir n lewe.

Elna ·

If THAT is the case please SUSPEND WITH IMMEDIATE EFFECT…..
Clearly a NATIONAL MENTAL AND SECURITY RISK FOR THE COUNTRY!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.