Mabuza: ‘Teken politieke gevangenes se geskiedenis op’

David Mabuza. (Foto: ANA)

David Mabuza, adjunkpresident, het Vrydag gesê die departement van korrektiewe dienste moet die geskiedenis van alle politieke gevangenes opteken en dit aan verskeie leerinstellings asook die algemene publiek versprei.

“As deel van die nodige proses om ons geskiedenis op te teken moet die departement van korrektiewe dienste poog om alles wat betrekking het tot al die gevangenes wat gesterf het in apartheidtronke, of dit nou as gevolg van marteling of teregstelling was, behoorlik op te teken en dit dan beskikbaar maak vir ons leerinstellings, die media en die algemene publiek,” het Mabuza gesê.

“Behalwe vir die belangrikheid vir die nageslag sal dié rekord dien as ʼn permanente flikkerende lig. Dit sal as ʼn rigtingwyser dien sodat ons nooit van die pad afdwaal na ʼn plek waar ons dink dat hierdie tydperk van ons geskiedenis vergeet moet word nie,” het hy gesê.

Mabuza het die uitlatings vroeg Vrydagoggend by die Kgosi Mampuru- korrektiewe sentrum gemaak tydens ʼn regeringsfunksie om die lewe van Solomon Mahlangu, uMkhonto weSizwe-vegter, te herdenk. Mahlangu is vandag 39 jaar gelede deur die apartheidsregering tereggestel.

“Vandag se herdenking is aanduidend van ons gewetes dat die regering ʼn morele verantwoordelikheid het om fisieke en materiële veiligheid aan die samelewing te voorsien en ʼn bevestiging dat die regering nooit weer vir homself die reg sal toeëien om te besluit wie mag leef en wie moet sterf nie,” het Mabuza gesê nie.

Mabuza het ook gesê die politieke gevangenes wat by die tronke tereggestel is, het ʼn groot aandeel gehad in waar die land vandag is.

“Die jongmense van hierdie land moet weet dat die vryheid wat ons vandag het as gevolg van die opofferings en dapperheid van jong helde soos Solomon is.”

Die dag dien volgens hom as ʼn herinnering aan almal dat vryheid nie verniet gekom het nie en dat dié wat vandag nog lewe, vryheid met oorgawe moet beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Reguit ·

Mense emigreer op strepe want hulle wil nie deur hierdie tipes “regeer” word nie. SA is ‘n walglike hool.

ne ·

Ek wonder hoe lyk die geskiedenis boeke oor Jacob Zupta???? Gaan die korrupte geskiedenis ook vir die kinders geleer word in die toekoms????? Dit STINK!

Oom Kalahari ·

Die werklike Geskiedenis van SA het eers in 1994 onstaan en die tydperk voor dit was daar geen geskiedkundige Geskiedenis nie.

Gerrit ·

Propaganda snert die man praat net namens ramapose se “our people” die res van die bevolking is net goed om blaam te vat vir hulle onbevoegdheid en belasting te betaal.

Pieter ·

Teken die boere se name ook op wat so vermoor word deur teroriste onder mabuza se bewind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.