Mabuza verwelkom vordering met noodkragopwekking

Argieffoto: GCIS

Die Eskom-taakspan, onder leiding van adj.pres. David Mabuza, het Vrydag vergader om die kragreus se vordering met sy talle uitdagings te bespreek.

Volgens Mabuza moet daar aan die toenemende vraag na elektrisiteit voldoen word ten einde vinnige industrialisering te verseker wat ekonomiese groei en indiensneming sal bevorder.

Daar is ook terugvoer gegee oor die vordering rakende die verkryging van onderskeidelik 2 000 MW se noodkragopwekking en bykomende elektrisiteitskapasiteit.

“Dit volg op die aankondiging van pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede om noodkrag te verkry van projekte wat binne drie tot 12 maande ná goedkeuring elektrisiteit tot die netwerk kan voeg.”

ʼn Verslag van die departement van minerale hulpbronne en energie is tydens die vergadering voorgelê waarvolgens verskeie bodvensters, waaronder bodvenster 5 vir hernubare energie, oopgestel kan word en waarvan die proses in Desember vanjaar voltooi sal wees.

Nersa het vroeër die maand ingestem tot die ministeriële kragbepaling ingevolge art. 34 van die Wet op Elektrisiteitsregulering wat die departement van minerale hulpbronne en energie in staat stel om met die verkryging van bykomende kragkapasiteit vanuit hernubare bronne te begin.

“Dit sal dit moontlik maak om vanaf 2022 ʼn bykomende 11 813 MW krag te verskaf, benewens die 2 000 MW in noodverkryging. Dit sal die bodvenster 4-bydrae tot die netwerk verder verhoog.”

Mabuza het gesê die taakspan bly bekommerd oor die negatiewe uitwerking van herhalende kragonderbrekings. “Ons verwelkom egter hierdie positiewe ontwikkeling en is oortuig dat dit tot energiesekerheid in ons land sal bydra. Dit is ʼn groot stap in die rigting van volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling.”

Daar is ook tydens die vergadering terugvoer gegee oor die herstrukturering van Eskom in drie verskillende entiteite, naamlik opwekking, verspreiding en transmissie. Mabuza het net gesê goeie vordering is in dié verband gemaak.

“Die Eskom-taakspan het tydens die vergadering ook sy steun aan die leierskap van Eskom herbevestig rakende die stappe om geld te verhaal wat aan die kragverskaffer verskuldig is, waaronder optrede teen onwettige verbindings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Sien is glo ne! Ons betaal egter vir die diens so ons verwag diens klaar punt. Niemand werk vir mahala werk nie ok. Die regering werk vir mahala, want hulle doen niks produktief nie. Ek hou nie asem op nie

Tanniepetoors ·

Hoekom die gesloer met goedkeuring vir hernubare energie toevoeging tot die kragnetwerk? Is dit omdat hernubare energie in privaat besit is en die kaders nie hul hande daarop kan kry of deel in die winste nie?

annie ·

Alweer kader-betrokkenheid by hernubare-kragverskaffing by/in/op/agter die bodvensters? Duidelik is daar klaar besluit wie en wat betrokke sal wees en wie nie. Nogal toekomstige behoeftes as die huidige nie eers voldoende is nie. David is skielik weer gesond en vrolik. Het ‘n bodvenster dalk gehelp?

Herpiet ·

Gaan kyk bietjie, Mabuza distansieer homself baie van direkte politiek deesdae. Hy maak seker gereed om die toue oor te vat as CR wegval

marius ·

Wat ? Laat die vet direksie fietse trap met dyna opwekkers

Sarel ·

Wat is Mabuza se storie….. maak plek om oor td neem? Van sy beloftes kom ook niks. Wst weet hy van Eskom af behlwe dat groot gedeelte van skuld voor Regetingsaanstellings geplaas kan worf. Wil hy seket mask BEE word toegepas

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.