Zuma-segsman tree af

Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie. Foto: Flickr/GovernmentZA

Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma se jarelange adviseur en woordvoerder, Mac Maharaj, sal einde April aftree, het die presidensie Dinsdag aangekondig.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê die 80-jarige Maharaj het besluit om af te tree ná jare se diens, onder meer as Zuma se voormalige spesiale gesant en voormalige kabinetminister. “Ons bedank mnr. Maharaj vir sy besondere diens aan die president en die land en wens hom sterkte toe vir sy aftrede,” het Zuma gesê.

Maharaj was ʼn politieke aktivis sedert die vroeë 1950’s en het gedien op die ANC se nasionale uitvoerende komitee. Hy word ook erken vir die sleutelrol wat hy gespeel het in die onderhandelinge wat gelei het tot Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing.

Harola Maloka, adjunk-direkteur-generaal in die regeringskommunikasie-en-inligtingsdiens, sal van Mei as die presidensie se woordvoerder waarneem tot verdere kennisgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CHRISTA ·

Lyk my hy is nou ook moeg vure doodslaan soos wat Zuma aangaan!! Hy kan seker nie meer vir Zuma se wickets bly keer nie. Ons kan hom ook nie kwalik neem nie – sou lankal met Zuma boedel oorgegee het.

Gert ·

Ag nee, nou gaan ou liegbek Mc Garage ons verlaat, wonner net watter clown nou sy plek sal vat. Miskien die speaker van die parlement want sy kan net so lieg.

Charles ·

Run away before its too late hy gaan solank Nkandla toe om vir skillie te wag

EMK ·

Seker gatvol vir lieg, plus kry sekerlik ‘n aangename pakket, so……

ladybug ·

Daar loop die enigste simpel breinsel wat Zuma ooit gehad het ook nou. Genoeg gesteel en gelieg Maharaj? Of verlaat die rot nou die sinkende skip?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.