Machadodorp-plaasaanval: Bejaarde egpaar wreed aangeval, in bos gelos

Dries (70) en Mariaan Schoeman (68) (Foto: Verskaf)

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig kan sensitiewe lesers of kinders ontstel.

Dries (70) en Mariaan Schoeman (68), die egpaar wat Woensdag op hul plaas in Mpumalanga beroof en erg aangerand is, is erg getraumatiseer deur die voorval.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar is buite hul huis oorval en met staaldraad vasgebind en aangerand voor hulle beroof is.

Pieter Schoeman, die egpaar se seun, het aan Maroela Media vertel sy ma het Woensdag omstreeks 16:00 by die huis gestop toe vier mans haar van agter oorval en met ʼn skerp voorwerp aangerand het.

Hulle het haar daarna met staaldraad vasgebind.

Volgens Pieter het sy pa byna ʼn uur later by die hek gestop, waar hy sy vrou – wat deurdrenk met bloed was – gesien het.

Hy het haar probeer losmaak, maar is volgens Pieter toe ook deur die aanvallers van agter oorval.

“Hulle het hom met ʼn skerp voorwerp sowat vier of vyf houe op die kop gegee, en hom toe ook vasgebind. Hulle het my ma en pa toe in die bos ingesleep en hulle daar gelos terwyl hulle my ouers beroof het.”

Volgens Pieter is hulle onseker presies hoe sy ma en pa aangerand is, maar albei van hulle was deurdrenk met bloed.

“Hulle moes hul albei met ʼn skerp staalvoorwerp geslaan het, want daar was baie bloed. Dit was ʼn wrede aanval; hulle is nie bloot vasgemaak nie. My pa het onder meer skedelbreuk opgedoen, beide sy oë is toegeswel, en hy het ook bloeding op die brein,” sê Pieter.

Die egpaar het die grootste gedeelte van die nag in die bos deurgebring. “Dit was gelukkig ʼn warmer aand, anders het hulle dit dalk nie in die koue oorleef nie.”

Mariaan kon Donderdagoggend vroeg daarin slaag om haarself los te maak, maar die drade aan Dries se liggaam was te styf gedraai. Sy het toe na bure gevlug wat die plaaslike buurtwag en polisie ontbied het.

Mariaan is na die Waterval-Boven-hospitaal in Mpumalanga vervoer, en Dries is per helikopter na ʼn hospitaal in Witbank vervoer omdat die naaste neuroloog daar praktiseer.

Dokters het egter intussen gesê dit is nie nodig om ʼn noodoperasie op Dries uit te voer nie, hoewel hy in die hospitaal moet aansterk en moontlik later geopereer sal word. Beide sy oë is steeds toegeswel.

Mariaan is Vrydag uit die hospitaal ontslaan, en bly tans by familie oor. “Ek weet nie hoe sy ontslaan is ná wat hulle aan haar gedoen het nie. Hulle is stukkend – ons is net bly hulle leef.”

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê een verdagte  isVrydag in hegtenis geneem.

Volgens Sedibe is talle gesteelde goedere, waaronder twee stowe, twee yskaste, ʼn stofsuier, houtwerkgereedskap en ʼn waentjie, ook teruggekry. Die goedere sal binnekort deur die familie uitgeken word. Die egpaar se waentjie, wat glo deur die aanvaller gesteel is om die goedere mee te vervoer, is ook teruggekry.

Volgens Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, is die verdagte vasgetrek in samewerking met die Waterval-Boven SAPD en AfriForum se Machadodorp-buurtwag wat deur beeldmateriaal – waarop die aanvaller se registrasienommer wys – gekyk het.

“Daar Die verdagte is toe by sy huis, met al die gesteelde goedere steeds daar, in samewerking met die SAPD-taakspan en AfriForum vasgetrek,” sê Müller.

Müller sê die hoekyster waarmee die verdagte na bewering die egpaar aangeval het, is ook op die toneel opgetel en gestuur vir forensiese ondersoeke.

* Maroela Media het vroeër berig Dries is buite die huis aangetref waar hy glo met doringdraad aan ʼn houtpaal vasgebind was, en dat Mariaan in die huis gevind is waar sy aangehou was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Hartseer ·

Dis absoluut barbaars!Dit maak mens so woedend,hoe kan mens help?wat van n plaas polisie stig?Arme ou mensies word verneder en verniel,amper elke dag is daar n berig van plaas moorde/aanvalle,mens vrees al met elke asem wat mens gee vir n aanval,of jy nou winkel toe gaan,petrol ingooi,uiteet,selfs kerk toe is n groot waagkans…..
Tannie en oom,hoop die wreedaarts word gou vasgetrek,sterkte met die gesond word in gees en vlees..

Liexl ·

Dankie Maroela. Julle moet meer sulke fotos opsit sodat die mense kan sien wat aangaan. Belaglik!!! Jammer vir julle wat dit moes deurmaak. Mag die woord versprei en mag ons mense wakker word. Dis oorlog mense, ons moet terugveg. Hoe gebeur dit dat die aanvallers niks oorkom nie. Veg terug! Dis jy of hy. Onthou jy het n hand, jy het n voet. Slaan skop vat n klip of enigiets en veg!!

Geskok ·

Ek sit soon en huil terwyl ek hierdie lees, ‘n baie goeie vriend is twee weke terug hier by ons dorp ook doodgeslaan….ou man wat hom self ook nie kon verdedig nie…hulle het sy vrou in ‘n rolstoel aangerand…dis so hartseer, sterkte aan die twee mense en hulle families.

Johan. H. ·

En julle preek moenie haat nie,, Hulle dag kom nader, hoor my!!!!

Veritas ·

Ek voel ‘n onkeerbare haat in my ontwikkel. Hierdie is nie roof of inbraak nie. Die mense is met opset ernstig beseer en daar gelaat om dood te gaan. Die politici wat aanmekaar witmense slegpraat en beskuldig van eiendomsdiefstal moet hiervoor pa-staan. Afrika is nie vir sissies en demokrate nie. Hier moet elkeen veg om oorlewing. Die sterkste is die enigste wat gaan oorleef. Ons moet seker maak dat dit ons is. Berei jouself maar voor vir ‘n feller aanslag en wees verseker dat daardie dag om die draai is. Inteendeel, dit is reeds hier in verskeie vorme maar só verdoesel dat baie dit nie eers agterkom nie.

Piet Skiet ·

Kan daar tog nie maar n burger oorlog uitbreek nie asseblief. Dit sal ongelukkig al manier wees hoe hierdie soort probleme opgelos sal word.

maria ·

Sê mos hoeka ons moet eers heeltemal val voor hierdie land weer kan opstaan. Hierdie is wreedheid op sy ergste en die trauma!!!!

vierkleur ·

Se ek ook Piet. Dit gaan nie lekker wees nie,maar dit gaan die enigste manier wees om hierdie
ewil, met wortel en al uit te roei.

Cas ·

Oorlog met wat? “gewere met slot en magesyn” dit is selfmoord! Gesels maar met van die boere in Zim. Hulle magteloosheid en ontberings was onbeskryflik.

Leonie ·

Ek se al lankal net n burger oorlog sal die gemors in ons land uit sorteer!!! Dis nie mooi nie, maar dis hoe dit is want hulle wil nie die doodstraf terug bring nie!!!!

Mielie ·

Dis wreed en barbaars. Wanneer gaan wie dit stop. Ek glo hierdie is n politieke misdaad en ek sien ROOI…..Wat so sad is, is dat hierdie mense nooit gevang en vervolg word. Daar was n groot bohaai oor Parys boere, maar kyk net hier.

Banie Smit ·

En wat van die twee jong manne van Coligny? Hoe word hulle behandel? Is dit reg of is dit oorlog teen die wittes?

Michael ·

Die dag as ons die moed het om die probleem te identifiseer en te se wie verantwoordelik is vir hierdie aanvalle dan kan ons die probleem uitsorteer.Die ontwikkelde lande weet dat die boere vermoor word deur ” mans”en nie dat in die meeste aanvalle die aanvallers swart is nie.Die probleem kan nie aangespreek word nie want ons is al so gebreinspoel ons is te bang om na n kar se kleur te verwys as n swart kar

Reg ·

Hartseer en skokkend.

Ek wens die slagoffers sterkte toe.
Vertrou beserings gaan gou beter word.

Ek weet ons mag dit nie sê nie, maar wanneer hulle arresteer word. … moet hulle, hulle verset teen arrestasie en dat daardie lede dan die regte ….. ding sal doen.
.

Petro ·

Hier sit n derde mag agter al die plaas aanvalle en moorde ons almal weet wie dit is maar ons mag nie praat nie maar hulle sal hul dag kry

Diné ·

Mense, hierdie is ernstige, ernstige barbarisme. Ons kan nie langer op ons hande sit nie. Wanneer maak Poetin nou Rusland se grense oop vir Suid Afrikaners soos hy belowe het. Selfs Siberië sal beter as hierdie helhool.

Diné ·

Mense, hierdie is ernstige, ernstige barbarisme. Ons kan nie langer op ons hande sit nie. Wanneer maak Poetin nou Rusland se grense oop vir Suid Afrikaners soos hy belowe het. Selfs Siberië sal beter as hierdie helhool.

Alida ·

STUUR DIE FOTOS DIE WERELD IN ASB. DIT IS WALGLIK EN BARBAARS!

Margaret ·

Yeah we do get a lot lately on our online news line nine.com.au here in Australia. Maybe you guys can sent it directly to them as well. About time the Australian government see the true picture of what is going on there and why so many South Africans desperately try to get out of there. God bless you all, you are in our thoughts all the time.

Liza ·

Ek is so geskok. Die absolute pyn en hulpeloosheid wat die oom en tannie moes ervaar het. Ek kan nie ophou huil nie. Oom Dries en Tannie Mariaan,julle sal hoogswaarskynlik nooit my boodskappie sien en lees nie. Maar ek bid julle alle genesing en sterkte toe. Mag daar geregtigheid geskied vir die onreg wat julle aangedoen is en vir al die ander mensies soos julle.Ek het nie woorde nie…

Catryn ·

Terroriste en kommuniste – die in Zimbabwe is ook so wreed aangeval en vermoor en kyk wie is daar gebruik om die verminkings en martelings te doen – en dit word steeds gebruik

Sterkte aan die twee ou mense, bid vir volkome genesing

Igna ·

Veronica, Pieter, baie sterkte v julle en natuurlik vir jou male. Dis barbaars en so ongevraagd. Watse verweer kan 2 sulke oues nou he teen 4 mans. Ek hoop jou ouers voel gou beter ❤️

LB ·

Ek is baie dankbaar daar word nou foto’s saam met hierdie berigte gepubliseer sodat mense wat nie kan visualiseer wat werklik aan ons mense gedoen ook die skokkende waarheid kan sien. Die onsigbare misdaad wat hierdie mense egter aangedoen is nl. die ewige trauma en hel waarmee hierdie oorlewendes daardie marteling weer en weer in jou kop moet deurmaak, dit kan niemand besef voordat jy dit self meegemaak het nie…Hier moet nou drastiese stappe geneem word!!

Alida ·

Hulle wonde sal genees maar emosioneel NOOIT. Hoe kan mens nou nie haat nie? Daai een is moeilik.

Pieter ·

Enigiemand wat tot sulke barbaarse dade kan daal, is sonder gewete en sielloos. Dit is tyd dat die Boerevolk met groot doeltreffendheid terugslaan, veral daar waar dit tel.

Mari ·

Onregeerbare land met geen wette wat nagekom raak nie. Bring die doodstraf in vir sulke dade. Tronkstraf is n betaalde vakansie

Anne - Marie van Wyk ·

Nog n plaasaanval. Hoeveel al die maand. Hoeveelste een die jaar. Wat doen die regering daarom zero, want dit is witmense en hulle moet uit. Weg van die plase. Zuma kyk anderpad as dit by plaasaanvalle kom , hy besoek nie een enkele plaasaanval die toneel of die mense betrokke of hulle naas bestaandes nie. So wat se dit vir jou. Sterkte aan die mense betrokke. Kom ons kyk hoe skerp is ons polisie.

Pie van die Sky ·

Die 22jaar resultaat van n land wat sy grense oopgegooi het vir Afrika en die Neo-liberale leun van reënboë geglo het. En Suid-Afrikaners huil en die Wêreld is stom.
WASH
RINSE
REPEAT
#plaasmoorde

Boetman ·

Ek wil liewer niks sě nie. Gewoonlik as ek iets sê plaas mm dit nie. Sterkte aan die mense.

anton ·

Boetman ek ken daai gevoel goed.
Moet net nie iets sê van n misdadiger, moordenaars ens. nie want hulle het altyd meer regte as die wetsgehoorsame burgers. Wel net in S.A want oorsee werk dit gelukkig darm nie so nie.
Hier mag/moet jy net mooi woordjies gebruik.

Amelia Hamilton ·

Wreed, onverdiend en onregverdig. Ek sal nooit verstaan hoe 1 mens dit aan ‘n ander kan doen nie. :-( Sterkte aan die familie, mag hulle die krag ontvang om hierdie trauma te verwerk ?

Daan ·

Ons kan weer op ons eie, kommando eenhede op die been bring.Met radios op elke plaas en elektriese veiligheidsheinings soos destydse Rhodesie.Ek het 5 alarmstelsels wat ek kan skenk wat boere kan laat installeer.Kontak my asb by [email protected] kan ons weer ‘n ‘reddingsdaadfonds’ stig soos gedoen is na die Anglo-Boere oorlog om ons mense te help.

Nohan ·

Ek stem Daan. Kla gaan niks help nie. Ons moet woord by daad sit en ons self so paraat en veilig moontlik probeer maak. Die regering en die res van die wereld gaan niks vir ons doen nie. Al wat sal help is om as een Afrikaner volk saam te staan.

Wapen ·

Dra jou vuurwapen aan jou lyf 8 dae per week en 25 ure per dag. Daar moet ook deurentyd ‘n rondte in die loop wees al is dit ‘n gevaarrisiko maar die wapen is mos altyd by jou en natuurlik met die veiligheidsknip op. Jy is reg Kryger ons veterane is nog daar.

Oupa ·

En dan moet ek hoor dat diegene wat sulke dinge doen, is my naaste!

anton ·

Oupa, die wat so sê, lees en verstaan ongelukkig die bybel verkeerd!!!
”My volk gaan tengronde a.g.v n gebrek aan kennis.”

Domvraag ·

Waars Mmusi DA ? Waars de Klerk ? Waars die kerkleiers? Hulle almal is so stil soos die graf. Die doemprofete het gewys op Afrika se geskiedenis en in die sestigerjare toe plaasboere in die Kongo uitgemoor is op hul plase dat dit ons voorland gaan wees en toe kom almal wat nou stil is en sê dit sal nie hier gebeur nie. Jammer dat van ons leiers maar net idiote was en geen visionere insig gehad het nie om na n beter bedeling te kon gekyk het …nou sit ons met die gemors en hoe nou gemaak?

Boerseun ·

Dankie aan FW de Klerk en sy boksombende – julle het Boerebloed aan julle hande! Hoeveel wit slagoffers en naasbestaandes van rassistiese swart haataanvalle het FW al besoek om te simpatiseer? Hoeveel van die tienduisende Boere wat deur swart rassiste vermoor is na 1994?

GENOEG ·

Hierdie is al so allerdaags dit is amper of ons menslikheid en empatie gevries word. Jy lees, word kwaad, stort n traan en dan gaan die lewe aan . Maar nie vir die oom en tannie nie. Wanneer en wie gaan vir hulle terugbaklei. More is dit ou nuus en niemand gee meer aandag. Maar spring n vermeende dief van n bakkie af en val hom dood waar die bestuurders van die bakkie blank is word dit internasionale nuus. My vraag en voorstel (en hier sal iemand dit moet dryf wat ondervinding het). Iewers moet ons n register opstel met plaasmoorde en aanrandings. Fotos de lot MET Inligting en opdaterings met wie gearresteer is, hulle straf is ens. ens. Iets wat ons orals kan bekend maak en die wêreld instuur. Maroela Media hoe lyk dit sien julle kans? Dan hoef die families nie alleen te baklei om die skuldiges aan die pen te laat ry nie want die owerhede gaan weet die hele land en wêreld hou hulle dop?! Sterkte vir oom en tannie. Ons wil nie langer stilsit en net jammer wees nie. Ons wil keer dat dit weer gebeur

Oom Doug ·

Sad baie Sad. Wat moet in n men’s se kop wees dat jy so n vriendelike ou tannie so kan slaan.
Dis ongelooflik. Dis soos n virus oor die land.

Koning Roos ·

Mal soos ‘n haas om op ‘n plaas te bly. Radical Economic Transformation in aksie voor julle oë.

Daar is niks (0) wat gedoen gaan word omtrent hierdie aanvalle nie, die wit Afrikaner is Satan homself, hy is aan die verkeerde kant van geskiedenis net soos ‘n Nazi.

Hierdie gaan begin oor spul stede toe binne kort voel ek, ons is net te hardkoppig en trots om ons eie stelselmatige vernietiging op te reageer.

Here vergewe ons.

Gerhardt ·

Hi Koning Roos waarom gee jy nie die toon aan nie.Wees jy die leier

Daan ·

Wapen,mens kan ook Peppersprei by jou dra.(Kos R100 elk) Pas in jou hand.Stel hulle dadelik buite aksie.Maak hulle dan vas met groot cable ties.

Allan ·

Wil net dankie sê vir Maroela dat julle die fotos wys. Die enigste media wat dit doen.

Dit plaas emosie in die berig en vertel die verhaal en wys presies waarmee ons te doen het. Mense julle moet wapen dag en nag aan julle dra. Dit is oorlog wat teen blankes gevoer word.

Is dit nie die saak wat die SAP weier om te registreer/ondersoek as “Poging tot moord” nie, maar dit ondersoek as “huis inbraak” ?

Johann Marx ·

Ons kan dit oplos….en stopsit….binne ses maande. MAAR…….die blanke Suid Afrikaners WIL nie hoor nie, WIL nie saamstaan nie, WIL nie deelneem nie. Ons is ons eie grootste vyand. Die plan is daar…..(wat nie HIER gepubliseer kan word nie? Dis dom…)…maar die WIL ontbreek. Ons PRAAT ‘n goeie storie, en ons dreig (mekaar en ander) met die oordeelsdag….maar verder as dit, gebeur absoluut NIKS. En die vyand weet dit…

Koning Roos ·

@Gerhardt Jy gaan dink eks mal, maar ek is vir “Accellerationism”.

Hoe vinniger die onafwendbaar gebeur, en die patetiese Wes uit eindelik die probleem amptelik aanken, hoe vinniger kan ons ALMAL land uit as assielsoekers, nie net die rykes en die slimmes nie, meeste van hulle al jare gelede weg, almal.

Ek wil nie dood gaan in SA omdat n paar Afrikaners te hardegat, suinig, en greutig is om pad te gee nie, bring die toekoms maar aan asb Here. Straf ons hard en vinnig vir ons aanmatigend!

L.Meyer ·

Ek kanselleer die persoon wat hom/ haarself “koning Roos” noem se oproep en gebed vir onheil en bloedvergieting van ons volk in die Naam van Jesus Christus. Ek bid dat ons beskerm sal word deur U o God, ek bid vir wysheid vir elkeen van ons, ek bid dat U ons sal help om op U te vertrou en ek bid vir vrede en kalmte in almal wat bevrees en angstig is se gemoedere. Dankie ons Vader!

Koning Roos ·

Nee sies man jys nie Harry Potter nie jy kannie net realiteit kanselleer nie. Mense moet begin wakker word en ernstig en nigter dink aan die volgende 24 maande in die plek.

Erick ·

Alles het sy tyd. Dis nie nou die tyd vir vrede nie maar vir voorbereiding. ” Want waneer hulle sê :Vrede en veiligheid – dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos ‘n barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie’ ‘. Sien die onweerswolke en slyp die yster dolke.

Elsa ·

zuma zuma wanneer gryp jy in….in die erge aanrandings op hardwerkende en eerbare mense? hmm ? hul bloed roep uit en ons God se oog sien alles raak op die aarde ook vir jou….wat ‘n skande dat niks gedoen word om mense te beskerm teen die bose werke nie…..

Patrick McCabe ·

I agree, somehow Bell Pottinger must be made accountable for damage to and in South Africa!

Stella Kuys ·

Ek is Desember by n bergbid aangeval deur twee man’s en my Trane loop on te dink wat die twee moes deurmaak. Ek bid vir jul teen die skok en trauma wat hul moes ervaar.

Jacques ·

Daar moet opnuut na die doodstraf vir geweldsmisdadigers gekyk word. Dit moet a sn punt in die parlement geopper en bespreek word.
As die persoon in die hof skuldig bevind word (met geen twyfel) moet hy net daar in die publiek tereg gestel word met n patroon agter die kop. Geen uitgerekte verdere hofsake en lekker bly in die tronk. Soos in China.
Die gemeenskappe begin reeds self wreder teregstellings deur die buntu howe ..en baiemaal is die mense nie eens n regverdige verhoor gegee…so wat is nou erger?
Doen dit dan op die regte manier.

Johann Marx ·

Jacques, die “doodstraf” kan nie terug gebring word nie, dit is nooit weggevat nie. Al wat verander het, is dat die regering dit nie meer toepas nie, maar die polisie en die kriminele….en meeste kere op die ingewing van die oomblik. ‘n Hooggeregshof Regter met jare ondervinding, bygestaan deur kollegas, met AL die bewyse voor hom, en verdediging vir die aangeklaagde, mag nie die doodstraf uitspreek nie…………….maar ‘n vars konstabel met ‘n vuurwapen of ‘n krimineel met ‘n gesteelde vuurwapen kan binne oomblikke besluit jou lewe eindig nou…….en die vonnis net daar voltrek. Dis siek…

Gideon ·

Al hierdie aanvalle herinnerens aan jare terug toe boere op die grense van Suid Wes so aangeval en gemartel is. Toe het hulle dit terrorisme genoem…..nou is dit net gewone misdaad statistiek. As dit so baie keer gebeur is dit duidelik beplan om tereur te saai veral onder blanke boere en die gemeenskap. Dit IS dus terrorisme ……nie gewone misdaad nie. Die media is oor die algemeen maar net te gretig om die stories te publiseer maar ons besef nie dat die media ook instaat is om hierdie nuus oorsee te versprei nie. Ek vind dit vreemd dat dit nie gebeur nie…..maar laat n minister of die president skeeftrap dan is dit oral.

Steve Scholtz ·

Baie dankie vir jul bydrae om die publiek ingelig te hou is daar nie n moontlikheid die mense wil net grond onein maar weet nie juis wat aangaan nie hul se die blankes het grond by hul gesteel ons weet dis nie die waarheid nie en ons almal kannie boer of plase bewerk nie Kan jul nie fotos neem van plase wat aan swart boete behoort of geskenk is neem en dit dan publieseer nie al die plase of dit nou bewerk word en hoeveel plase in die hande van swart boere wat net le en niks word gedoen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.