Machadodorp-plaasaanval: Bejaarde egpaar wreed aangeval, in bos gelos

Dries (70) en Mariaan Schoeman (68) (Foto: Verskaf)

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig kan sensitiewe lesers of kinders ontstel.

Dries (70) en Mariaan Schoeman (68), die egpaar wat Woensdag op hul plaas in Mpumalanga beroof en erg aangerand is, is erg getraumatiseer deur die voorval.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar is buite hul huis oorval en met staaldraad vasgebind en aangerand voor hulle beroof is.

Pieter Schoeman, die egpaar se seun, het aan Maroela Media vertel sy ma het Woensdag omstreeks 16:00 by die huis gestop toe vier mans haar van agter oorval en met ʼn skerp voorwerp aangerand het.

Hulle het haar daarna met staaldraad vasgebind.

Volgens Pieter het sy pa byna ʼn uur later by die hek gestop, waar hy sy vrou – wat deurdrenk met bloed was – gesien het.

Hy het haar probeer losmaak, maar is volgens Pieter toe ook deur die aanvallers van agter oorval.

“Hulle het hom met ʼn skerp voorwerp sowat vier of vyf houe op die kop gegee, en hom toe ook vasgebind. Hulle het my ma en pa toe in die bos ingesleep en hulle daar gelos terwyl hulle my ouers beroof het.”

Volgens Pieter is hulle onseker presies hoe sy ma en pa aangerand is, maar albei van hulle was deurdrenk met bloed.

“Hulle moes hul albei met ʼn skerp staalvoorwerp geslaan het, want daar was baie bloed. Dit was ʼn wrede aanval; hulle is nie bloot vasgemaak nie. My pa het onder meer skedelbreuk opgedoen, beide sy oë is toegeswel, en hy het ook bloeding op die brein,” sê Pieter.

Die egpaar het die grootste gedeelte van die nag in die bos deurgebring. “Dit was gelukkig ʼn warmer aand, anders het hulle dit dalk nie in die koue oorleef nie.”

Mariaan kon Donderdagoggend vroeg daarin slaag om haarself los te maak, maar die drade aan Dries se liggaam was te styf gedraai. Sy het toe na bure gevlug wat die plaaslike buurtwag en polisie ontbied het.

Mariaan is na die Waterval-Boven-hospitaal in Mpumalanga vervoer, en Dries is per helikopter na ʼn hospitaal in Witbank vervoer omdat die naaste neuroloog daar praktiseer.

Dokters het egter intussen gesê dit is nie nodig om ʼn noodoperasie op Dries uit te voer nie, hoewel hy in die hospitaal moet aansterk en moontlik later geopereer sal word. Beide sy oë is steeds toegeswel.

Mariaan is Vrydag uit die hospitaal ontslaan, en bly tans by familie oor. “Ek weet nie hoe sy ontslaan is ná wat hulle aan haar gedoen het nie. Hulle is stukkend – ons is net bly hulle leef.”

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê een verdagte  isVrydag in hegtenis geneem.

Volgens Sedibe is talle gesteelde goedere, waaronder twee stowe, twee yskaste, ʼn stofsuier, houtwerkgereedskap en ʼn waentjie, ook teruggekry. Die goedere sal binnekort deur die familie uitgeken word. Die egpaar se waentjie, wat glo deur die aanvaller gesteel is om die goedere mee te vervoer, is ook teruggekry.

Volgens Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, is die verdagte vasgetrek in samewerking met die Waterval-Boven SAPD en AfriForum se Machadodorp-buurtwag wat deur beeldmateriaal – waarop die aanvaller se registrasienommer wys – gekyk het.

“Daar Die verdagte is toe by sy huis, met al die gesteelde goedere steeds daar, in samewerking met die SAPD-taakspan en AfriForum vasgetrek,” sê Müller.

Müller sê die hoekyster waarmee die verdagte na bewering die egpaar aangeval het, is ook op die toneel opgetel en gestuur vir forensiese ondersoeke.

* Maroela Media het vroeër berig Dries is buite die huis aangetref waar hy glo met doringdraad aan ʼn houtpaal vasgebind was, en dat Mariaan in die huis gevind is waar sy aangehou was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

60 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hartseer

Dis absoluut barbaars!Dit maak mens so woedend,hoe kan mens help?wat van n plaas polisie stig?Arme ou mensies word verneder en verniel,amper elke dag is daar n berig van plaas moorde/aanvalle,mens vrees al met elke asem wat mens gee vir n aanval,of jy nou winkel toe gaan,petrol ingooi,uiteet,selfs kerk toe is n groot waagkans…..
Tannie en oom,hoop die wreedaarts word gou vasgetrek,sterkte met die gesond word in gees en vlees..

Johan. H.

En julle preek moenie haat nie,, Hulle dag kom nader, hoor my!!!!

Veritas

Ek voel ‘n onkeerbare haat in my ontwikkel. Hierdie is nie roof of inbraak nie. Die mense is met opset ernstig beseer en daar gelaat om dood te gaan. Die politici wat aanmekaar witmense slegpraat en beskuldig van eiendomsdiefstal moet hiervoor pa-staan. Afrika is nie vir sissies en demokrate nie. Hier moet elkeen veg om oorlewing. Die sterkste is die enigste wat gaan oorleef. Ons moet seker maak dat dit ons is. Berei jouself maar voor vir ‘n feller aanslag en wees verseker dat daardie dag om die draai is. Inteendeel, dit is reeds hier in verskeie vorme maar só… Lees meer »

Piet Skiet

Kan daar tog nie maar n burger oorlog uitbreek nie asseblief. Dit sal ongelukkig al manier wees hoe hierdie soort probleme opgelos sal word.

Mielie

Dis wreed en barbaars. Wanneer gaan wie dit stop. Ek glo hierdie is n politieke misdaad en ek sien ROOI…..Wat so sad is, is dat hierdie mense nooit gevang en vervolg word. Daar was n groot bohaai oor Parys boere, maar kyk net hier.