Machadodorp-video: Chaos toe twee in hof verskyn

Die brandende vragmotor op die N4. Foto: Twitter via @Crimeairnetwork.

Bruce Botha (29) en Wayne Swart (20), die twee mans wat tereg staan op aanranding met die doel om ernstig te beseer in verband met ʼn video van hulle wat ʼn man na ʼn bakkie toe sleep en hardhandig hanteer, het Vrydag in die Belfast-streekhof verskyn.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het aan Maroela Media bevestig dat albei op borgtog van R500 vrygelaat is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer is ook teen die beweerde slagoffer op die video gelê nadat hy en twee makkers glo Maandag een van Ridwaan Ismael, ʼn plaaslike sakeman van Machadodorp, se werknemers aangerand het en Ismail toe vir Botha en Swart, plaaslike veiligheidswagte, gebel het om te kom ingryp.

Woedende inwoners het die voorval op video vasgevang en uit weerwraak Ismail se winkel afgebrand en die oprit na die plaaslike polisiestasie versper. Sake van intimidasie en brandstigting word ondersoek.

Hlathi het bevestig daar het Vrydag ʼn skare mense buite die hof in Belfast saamgedrom en geëis dat Botha en Swart se aansoek om borgtog nie toegestaan word nie.

Die brandende vragmotor op die N4. Foto: Twitter via @TrafficSA.

“Die palissades van die hof asook twee polisievoertuie is beskadig. Die polisie het rubberkoeëls gebruik om die skare uiteen te jaag,” het Hlathi gesê.

Volgens hom is daar nie enige beserings aangemeld nie.

Woedende betogers het daarna die N4 tussen Belfast en Machadodorp op pad na Nelspruit afgesper. “Die polisie is nou op die toneel en die pad behoort vinnig weer oopgestel te word,” het Hlathi gesê.

Foto’s word op sosiale media versprei van ʼn vragmotor wat op dié pad aan die brand gesteek is. ʼn Saak van openbare geweld word ondersoek.

Machadodorp self is volgens Hlathi vandag rustig.

Botha en Swart moet weer 28 September in dieselfde hof verskyn.

‘n Skermskoot uit die video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Welkom ·

Dit is die Nuwe Suid Afrika
Die “krimineel ” wat alles veroorsaak moet behandel word of dit sagte sy is of jy word aangekla van aanranding.

Sy mede Kriminele mag eiendom beskadig en daar word net daarna gekyk en niemand word in hegtenis geneem nie.

Wat het van die grondwet geword waar daar eerstens respek moet wees vir ander en hulle eiendom.

Wat het van Jan Publiek se reg geword om beskerm (homself en sy eiendom) te word deur SAPS en die Regering

Ek wonder net

Hendrik van George ·

Stem. Gaan net al hoe moeiliker word om die mob mentaliteit te beheer…

Blommie ·

Dis omdat hulle nou gesien het hulle kry aandag deur victum te speel…
Nou is daar n president geskep en die tiepe goed gaan nou ner meer opvlam en orals.
Dis belaglik laat kriminele kan maak NES hulle wil terwyl die WETS GEHOORSAME mens moet handjies gevou staan en toekyk, want DURF jy jouself of jou eiendom beskerm dan word jy aangekla.
DIS BELAGLIK

JG ·

Moenie “worry” nie…die polisie is daar…hulle “monitor”…useless verby.

Jerry ·

Botha, Swart en Afri-Forum hoeveel sulke insidente moet nou nog eers plaasvind voordat julle sal besef dat die skaal van geregtigheid in die guns van die verontregtes geswaai het. Julle domastrantheid ken net eenvoudig geen perke nie! Jy het regte, maar die verontregtes se regte weeg swaarder. Hoekom is dit vir julle so moeilik om dit te begryp!

MS ·

Ek verstaan nie. Verkragters en moordenaars word elke dag vrygelaat op borgtog, tog sien ek geen geweldadige betogings met brandende voertuie/winkels en geblokkeerde snelwee nie. Maar laat 2 wit sekuriteitswagte ‘n swart kroek bedwing tydens ‘n aanval op onskuldige werknemers, dan breek alle hel los in hierdie land. Nou is hierdie 2 wit mans beskuldig van AANRANDING, volgens die ANC sommer ‘n “walglike”, “brutale” en “rasgemotiveerde aanval” op n swart man. Daai werknemers van Rodwaan Ismail, onder watter rasgroep val hulle? Ek wonder of dit ook as rassisties bestempel word as wit mense vir onskuldige swart mense teen geweldadige swart mense verdedig.

Pal ·

Net weer ñ bewys dat die misdadige kultuur buite orde is sedert ñ kwarteeu se nuwe regering.
So word als verniel en gebrand.
En die politici swyg.

Peet ·

Stem saam met JG die polisie is net daar vir die vertoning, hoe pateties. Hulle het seker hulle hande vol om uit te werk watter “show” volgende gemonitor moet word!!

Oop oge ·

…en so regeer Barabas se volgelinge nadat die Verlosser verpand is vir n paar Rand …

Wat het gebeur na daardie dag ?….die geskiedenis MOET hom self herhaal. Dit is n Godgeskepte Wet ….

Lerato ·

‘n Persoon wat regoor Afrika sake doen sê. Oral in Afrika is daar betogings nes by ons maar sonder die vernietiging van eiendom

Jerry ·

Lerato, die rede daarvoor is dat daar in die hele Afrika nog net in SA eiendom is wat vernietig kan word wat aan die onderdrukkers behoort.

Dis eenvoudig ·

Dis omdat ons met miljoene onopgevoede mense sit wat net wil he sonder om n vinger daarvoor te lig. Dit is glo hulle reg. Wat het geword van werk vir wat jy wil he in die lewe. Die lewe bestaan uit gee en neem. OF in SA net ‘vat,’ anders brand jy dit. BELAGLIK

Hennie ·

Die verdagte en 2 ander het n ander nie blanke persoon in die hospitaal in geslaan, maar hy is op vrye voet, maar die 2 sekeruteits wagte wat op die nood oproep reageer word toe gesluit. Hoe vir wag hulle moet n sekeruteits personeel iemand arrasteer wat so geweldadig is. Hom mooi vra??

C ·

Die skarre is uittartend wil met jou moeilikheid soek, het by ons kom “goed” koop voordat hulle weer vertrek het, my iets uit die bloute uit toegesnou maar ek het maar eerder net stil gebly, net daar besef hulle is uittartend sodat jy iets MOET terug sê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.