Machadodorp-video: ‘Slagoffer’ glo deel van aanranding

‘n Skermskoot uit die video.

Die man wat volgens ʼn wydverspreide video hardhandig deur twee veiligheidswagte na ʼn bakkie gesleep is, was na bewering oomblikke vantevore deel van ʼn groep wat ʼn werknemer van ʼn plaaslike onderneming aangerand het.

Maroela Media het vroeër berig die video waarin gesien kan word hoe twee veiligheidswagte ʼn oënskynlik beseerde man in Machadodorp in Mpumalanga na ʼn bakkie sleep, het wyd opslae veroorsaak nadat dit op sosiale media aan die lig gekom het. Die twee veiligheidswagte, Bruce Botha (29) en Wayne Swart (20), is gevolglik van aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het egter aan Maroela Media bevestig dat ʼn klag van aanranding ook by die polisie gelê is teen die man wat in die video aangekeer word.

Volgens Hlathi is Botha en Swart Maandagmiddag deur Ridwaan Ismail, ʼn plaaslike sakeman, na die toneel ontbied. Daar word beweer dat die derde man in die video en sy makker een van Ismail se werknemers aangerand het en Botha en Swart ontbied is om dié bakleiery stop te sit.

Ismail het aan TimesLIVE gesê sy werknemer is deur drie mans aangeval toe hy verby ʼn huis geloop het waar Ismail besig was om ʼn vrou wat ʼn eiendom gekoop het, maar nie daarvoor betaal het nie, van die eiendom te verwyder.

Toe Botha en Swart, glo lede van die plaaslike buurtwag, opdaag om die situasie onder beheer te bring, het die plaaslike gemeenskap woedend reageer. Dit is ook een van die omstanders wat toe die video gemaak het.

In die video kan gesien word hoe die vermeende moeilikheidmaker hardhandig aan sy arms na ʼn bakkie gesleep en agterop geplaas word. Lede van die publiek raak al hoe vuriger en skree onder meer vir die twee mans: “Is julle polisiebeamptes?”

Omstanders probeer ook om die man uit die twee veiligheidswagte se greep te bevry. Die polisie daag by die toneel op en die video eindig te midde van die lede van die publiek se woedende uitroepe.

Botha en Swart is later die dag, vermoedelik ná ʼn opdrag van die stasiebevelvoerder, in hegtenis geneem. Plaaslike inwoners het daarna chaos veroorsaak deur die oprit na die polisiestasie te blokkeer en Ismail se winkel aan die brand te steek, terwyl hulle daarop aangedring het om te weet waar Botha en Swart aangehou word.

Twee vragmotors is ook Dinsdagaand aan die brand gesteek.

ʼn Klag van brandstigting en intimidasie wat deur Ismail aanhangig gemaak is, word ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig Botha en Swart het reeds in die hof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en sal Vrydag weer in die rondgaande hof in Belfast verskyn.

Die ANC het intussen op die voorval gereageer en gesê hy is geskok oor die “walglike, kriminele optrede van twee wit mans waar hulle ʼn swart man brutaal aanrand”. Die party het ook die voorval as ʼn “rasgemotiveerde aanval” bestempel.

Die ANC het die optrede van die gemeenskap wat die winkel en die vragmotors aan die brand gesteek het veroordeel.

Hlathi het bevestig die dorp was Donderdag weer rustig, maar dat die polisie die situasie steeds fyn dophou. “Die gemeenskap het gister ʼn memorandum met griewe by die polisiestasie oorhandig,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Paul ·

Ek het ‘n idee net swart mense mag vorentoe wetstoepassers wees. As hulle jou sou sleep is die wind uit die seile van die hele land geneem. maar dan kom dit by my op, wat maak ons met die ander beroepe in die res van die land?

Wonder ·

Hoekom is die brandstigters ook nie gearesstreer nie maar net veroordeel???
Sal hulle ook in die hof verskyn???
Is die Polisie te bang vir hulle??

Mielie ·

Die ANC leef in “fools paradise”…..Heel gepas met hulle denkwyses. Mens kan net lag.

Gert ·

Wat as dit anders om was. So die twee ander kleuriges ook aangekla word. Kriminele pas mekaar op

Die Moer In ·

Wat het geword van die saak waar 2 wit jong seuns in Heidelberg deur ‘n groep Swart mans half doodgeslaan was???
Niks, so hulle kom weg met moord.

Theunis ·

Party mense is hulle eie vyand. Geen simpatie met die sekuriteit atties nie!!

Se maar net 1 ·

Dan wonder ons hoekom dit met ons volk so gaan…
Gaan skaar jou dan maar by enige ander as jou volk.
Ek sou nog jou kommentaar vertsaan as hul iets verkeerd gedoen het, maar hul het nie.
Net soos iemand hier onder sê: dan ook geen simpatie met jou in die toekoms

Lana ·

Theunis, reg en verkeerd het nie ‘n kleur nie. Sekuriteit was nie verkeerd nie.

Hennie ·

En die boodskap is, as jy gatvol vir misdaad in die land is sluit jy nie by die polisie of ‘n sekuriteitsfirma aan nie.

Charles ·

Geen simpatie vir jou ook Teunis as jy n inbraker hardhandig hanteer en daarvoor gearesteer word. Hulle is sekuriteits werkers nie kinder oppassers, die man was nie geskop of aangerand.

Chilli ·

So swart mense kan maar maak soos hul wil wit boere doodmaak, op vreeslike afgryslike maniere sodra n wit mens homself wil beskerm dan is dit n probleem??? Nee jammer ek wil nie meer hier bly nie

Juan Olivier ·

Heel duidelik blaas die ANC ook weer rassehaat aan met hulle kommentaar.

Skerpioen ·

Mense mense, het julle dan ni gister gelees van die hofuitspraak oor die liedjie van “kill the famer kill the boer” nie. Die hof het gesê fis nie rassisties nie. Geen swart mens in Suid Afrika is rassisties nie, geen swart mens in Suid Afrika oortree die wet as hy iemand van n ander ras aanrand, martel or moor nie. En die wit mens, luister tog nou mooi al word daar teen jou opgetree en jy verdedig jouself, jougesin of jou eiendom… jy is die rassis. As ek maar net geld gehad het, dan het ek my gesin in n ander land gaan vestig.

Debbie ·

Dis verregaande. Hulle het nie die man aangerand nie!!! Hy het op die grond gaan lê om te verhoed dat hy weggeneem word. Wat moes hulle doen??

Maro ·

Volgendekeer moet hulle eerder handtjies gevou staan en kyk hoe hy plunder, aanrand en afbrand. Dit is wat die massas eerder wil hê. Moet asb nie die oortreeder hardhandig behandel nie…siestog…arme hy.

Domvraag ·

n Indier se winkel word afgebrand maar dis nie rassisme nie. n Witte se trok word gebrand maar dis nie rassisme nie. Hoekom as n witte iets aan n swarte doen is dit onmiddelik rassisme en poging tot moord. Dit is n simptoom van n diep gewortelde haat en onverdraagsaamheid teenoor ander rasse en nasies. Hoekom word ander rasse se winkeks in die townships gebrand en dan probeer selfs die regering dit regverdig deur spanne inspekteurs uit te stuur om iets teen hierdie ander ras eienaars te kry om die swart rassiste se optredes te regverdig.

Ray ·

En die ANC veroordeel al weer net so maklik soos met die hele Ashwin petalje, en as hulle verkeerd is dan word dit weggepraat. Mense nooit sal die wit persoon kan reg wees nie.

“Have we have reached an absurdity where some people are held responsible for things that happened before they were born, while others are not held responsible for what they themselves are doing today”

Author unknown to me

Los hulle ·

Ek dink van nou af as sekuriteit in geroep word en hulle sien dis nie blankes se probleem draai om en roep nie blanke sekuriteit in om dit uit te sort. Want die raak nou belaglik dat n persoon wat n ander aangerand het n saak van aanranding kan maak teen die mense wat hom vaskeer.
En die blanke mense wat so betrokke raak in die tipe goed, speel reg in die hande in van die regering, dis wat hulle wil hê, sonder rasse “tension” het hulle niks nie, so hulle speel op die mense se haat en sal dit veraltyd doen sodat hulle in bewind kan bly.

Stuiwer ·

Gaan die plasing van videos nou die norm word in ons samelewing? Waarom alles aan ras koppel? Waarom ‘n winkel en twee trokkje afbrand? Ek het nie antwoorde nie. Ek vermoed die twee sekuriteitsbeamptes gaan nou weer lank moet tronkstraf uitdien. Dit terwyl die regte misdadigers skotvry daarvan afkom.

Leon ·

Maar dis nie “walglike, kriminele optrede” om die man se winkel en vragmotors aan die brand te steek nie, ANC ??!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.