Madiba steeds in die hospitaal

Oud-president Nelson Mandela

Oud-president Nelson Mandela is nou vir die vyfde dag in die hospitaal.

Mandela (94) word by 1 Militêre hospitaal in Pretoria vir ʼn longinfeksie behandel. President Jacob Zuma se kantoor het gesê hy reageer goed op die behandeling.

Mandela is in Januarie 2011 in ʼn hospitaal in Johannesburg opgeneem vir ʼn akute longinfeksie. Hy het ook tuberkulose in die tronk opgedoen.

Hy word vereer vir sy leierskap tydens die struggle teen apartheid en sy versoeningsgesindheid nadat hy in 1990 ná 27 jaar uit die tronk vrygelaat is. Hy het een vyfjaartermyn as president van Suid-Afrika uitgedien voordat hy uit die openbare oog afgetree het.

Plaaslike en internasionale media het kamp opgeslaan buite die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.