Madibeng ontken huur van voertuie teen R17 miljoen per maand

Madibeng-verkeersdepartement (Foto: SAMWU)

Die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes het Vrydag ontken dat hy sy voertuigvloot teen R17 miljoen per maand huur.

Die munisipalewerkersvakbond Samwu het Donderdag begin staak en beskuldig die munisipaliteit van korrupsie en dat hy eensydig besluit het om die organisatoriese struktuur te verander. “Die raad het onlangs eensydig besluit om die organisatoriese struktuur in die munisipaliteit te verander, sonder enige insette van vakbond, het Vincent Diphoko, woordvoerder van Samwu, gesê. “Hierdie besluit is onwettig, omdat dit tot ʼn verandering in die dienstoestande van werkers sal lei sonder enige konsultasie.”

Diphoko het gesê die munisipaliteit het ook te midde van korrupsie en minagting van openbare fondse ʼn korrupte kontrak aangegaan met ʼn maatskappy wat 150 voertuie aan die munisipaliteit sal verhuur teen R17 miljoen per maand vir ʼn driejaarperiode. Die totale koste van die kontrak is R620 miljoen oor drie jaar.

Hy het bygevoeg die munisipaliteit sal, kragtens die ooreenkoms, boonop verantwoordelik wees vir die dienste en instandhouding van die vloot. Die totale uitgawe beloop dus meer as R1 miljard.

Tumelo Tshabalala, woordvoerder van die munisipaliteit, het egter gesê die vakbond mislei die publiek. “Die munisipaliteit verwerp die misleidende inligting wat Samwu in sy verklaring versprei. Die korrekte bedrag is R6,2 miljoen per maand,” het hy gesê.

“Madibeng beskou die betreurenswaardige gebeure wat Donderdag en Vrydag plaasgevind het, as ʼn aanval op die instansie se politieke en administratiewe leierskap. Die munisipaliteit is van mening dat daar ʼn politieke agenda is om onstabiliteit in die instansie teweeg te bring deur aktiwiteite tydens die twee dae waar Samwu-lede onwettig gestaak het.”

Tshabalala het bygevoeg die huur van munisipale voertuie het ten doel om dienslewering in die gemeenskap te bespoedig en finansiële uitgawes te sny wat betref vlootbestuur soos dienste, herstelwerk en brandstof. “Hierdie vloot sluit bakkies, ʼn verskeidenheid van vragmotors, watertenkers, trekkers, slootgrawer-laaigrawe (TLB’s), Jetpatchers en ʼn minibus in, om dienslewering aan die gemeenskap te versnel.”

Hy het gesê ʼn gedetailleerde verslag oor die huurooreenkoms is by die raad ingedien en dit is gevolglik goedgekeur ná gesprekke by raadsvergaderings.

Hy het gesê Samwu en die Independent Municipal Trade Union (Imatu) en hul vakbondverteenwoordigers het tydens verskeie vergaderings ten volle aan die proses deelgeneem om die organisatoriese struktuur te verander, asook tydens ʼn werkswinkel wat spesifiek die voorgestelde struktuur hanteer het. “Die munisipaliteit het bewyse wat dit staaf. Die vakbond het ook die geleentheid gehad om self insette te lewer oor die organisatoriese struktuur tydens die onlangse strategiesebeplanningswerkswinkel tydens Maart.”

Hy het gesê die voorgestelde struktuur is nog nie vir finale goedkeuring ingedien nie en die vakbonde kan steeds finale insette lewer. “Die munisipale bestuurder, Morris Maluleka, het ʼn vergadering vir Maandag, 16 April, belê om vakbonde die geleentheid te bied om finale insette te lewer voor die saak tydens die gewone raadsvergadering op 29 Mei 2018 gefinaliseer sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ai tog.... ·

Die mense het in elk geval nie hulle huiswerk behoorlik gedoen nie, want om ‘n voertuig op maand basis te huur is dubbel wat ‘n gewone paaiement per maand gewoontlik is, en dan moet hulle nog steeds die voertuie self onderhou. Indien jy ‘n voertuig is die verhuurder gewoonlik verantwoordelik vir die onderhoud van die voertuig ook. Het seker weer ‘n tjommie gehelp om die kontrak te kry.

Johann cb ·

Teen R6,2 miljoen per maand, is dit R41333,33 per voertuig per maand! Eina! Ek sou nie omgee as dit my maandelikse inkomste is nie, vergeet nog van bestee aan ‘n voertuig…en dit sluit onderhoudskoste uit…baie erg!

CHRISTA ·

Ek stem saam Johann en dan wil hulle vir ons vertel die maatskappy by wie die voertuie gehuur word, betaal selfs vir die BRANDSTOF!!! HAHAHA!!! WHAT A JOKE!!! Hulle kan darem lieg sonder om te blik of te bloos!!!

Hanna ·

Dit bly n aardige bedrag! Iewers skep iemand baie lekker, ELKE maand. So ry die trein, so ry die trein, Suid Afrika se soustrein!

m.d.r ·

Is dit net vir werksvoertuie….? Of sluit dit status voertuie soos bv die Burgemeester se voetuig in….?
En die inwoners van Hartbeespoort vra vergeefs waarom daar vir ‘n paar jare nou al. geen Kapitaal projekte vir ons is nie—-ons het nie meer paaie met slaggate nie, ons het net slaggate met paaie daar naby.
En dan voorsien Hartbeespoort die gootste deel van Madibeng se begroting ….
Madibeng of te wel Potholeng…….!!

Reti ·

Waar ‘n rokie is is ‘n vuurtjie. Ondersoek asb. Iemand asb?

snoefie ·

sou die koopprys van die voertuie oor n drie jaar tydperk R223 200 000 geloop het?

Spikkel ·

Madibeng is seker d korrupste munisipaliteit in d land. Hier is so seker n rot as wat Brits net uit slaggate bestaan. In die hele dorp is nou al vir maaaaande net 2 verkeersligte wat werk. Niks word reggemaak nie. Maar daars geld vir partytjies en reise. Iemand does ASSEBLIEF iets

Albert ·

Verkeersligte wat nie werk nie word deur stoptekens vervang. Paaie lyk so erg glo as dit geskraap word, sal dit in n beter toestand wees

Pan ·

Koop voertuie maar die pad tekens in Brits word nie vervang , paaie is vol potholes en riool word in die krokodil rivier gestort die klom is so onbevoeg hulle kan nie eers n begroting vir n huishouding opstel nie wat nog n munisipaliteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.