Madonsela bevestig Nkandla-vergadering met Zuma

Thuli Madonsela op die rooi tapyt voor SONA 2016 Foto:  Jonisayi Maromo/ANA

Thuli Madonsela op die rooi tapyt voor SONA 2016 Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het Donderdag bevestig dat sy ʼn privaat vergadering met pres. Jacob Zuma gehad het voordat hy vandeesweek in die konstitusionele hof verskyn het in verband met opgraderings by sy huis in Nkandla.

Madonsela het op die rooi tapyt, voor Zuma se negende staatsrede, aan verslaggewers bevestig: “Ons het ʼn vergadering gehad. Dit was ʼn privaat vergadering.”

Sy wou nie enige verdere besonderhede bekend maak nie, en het ook nie uitgewei oor haar twis met Zuma oor sy langdurige weiering dat hy nie vir luukse toevoegings tot sy privaat huis wou betaal nie. Zuma het verlede week egter sy standpunt verander en sy prokureurs het Dinsdag bevestig dat hy bereid is om die geld aan die staat terug te betaal.

“Dit was nie ʼn stryd nie, ons het mekaar gehelp om die grondwet te verstaan en te aanvaar,” het Madonsela gesê.

Sy het gesê sy voel geregverdig nadat die hoogste hof van appèl verlede jaar bevind het dat staatsinstellings verplig is om haar bevindings te implementeer.

Sy het daarop aangedring dat sy nie glo daar was ʼn skending in die verhouding tussen haar en Zuma nie. “Hy het ʼn spesifieke siening gehad en ek het ʼn siening gehad. Nou deel ons dieselfde siening.”

Die konstitusionele hof het uitspraak voorbehou in die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dee ·

Re die voorlaaste paragaaf:
Sy siening was klaarblyklik dat hy benewens sp ook ‘n stroper is.

Liewe Heksie ·

Thuli Madonsela vir Presedent ZZZZZZZZZZZZZZUMA MUST FALLLLLLLLLLLLLLLLLL

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.