Madonsela dra by tot #FeesMustFall-fonds

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, die openbare beskermer, het Woensdag beloof om by te dra tot ʼn fonds wat geld insamel vir arm studente se tersiêre studie in reaksie op die #FeesMustFall-krisis.

Madonsela het gaste by ʼn geldinsamelingsete ten bate van die IUA se United Communal Fund toegespreek en gesê onderwys is noodsaaklik vir die land se vooruitgang. “Solank daar ongeregtigheid êrens is, kan volhoubare vrede nêrens ervaar word nie. Onderwys is noodsaaklik om die grondwetlike droom van bevryde potensiaal en ʼn beter lewensgehalte vir almal te bereik,” het sy gesê.

Madonsela het beloof om R15 000 by te dra en gesê deur by te dra tot die tersiêre onderrig van studente, dra ʼn mens ook by tot Suid-Afrika se toekoms aangesien die jongmense van vandag kan help om die probleme wat die land in die gesig staar op te los.

Studente oor die hele Suid-Afrika het vandeesweek in opstand gekom ná ʼn aankondiging deur dr. Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, dat universiteite self kan besluit oor hul fooiverhogings vir 2017. Geweld het op verskeie kampusse uitgebreek, onder meer by die Universiteit van die Witwatersrand, die Universiteit van Pretoria, die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en die Universiteit van Kaapstad.

Madonsela se kantoor het in ʼn verklaring gesê sy sal bydra tot die fonds omdat dit noodsaaklik is dat die korporatiewe sektor in die land betrokke raak om ʼn oplossing vir die probleem te vind. Sy het ʼn beroep op die sektor gedoen om ʼn fonds op die been te bring wat benut kan word om studente by te staan om hul tersiêre studie te voltooi.

Die openbare beskermer sal intussen gebruik maak van die Corporate Social Initiative Fund wat sy ʼn paar jaar gelede begin het. Madonsela hoop haar bydrae tot die fonds sal ander sakelui aanmoedig om haar voorbeeld te volg en ook tot die fonds by te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Marianne ·

Fees must fall!!!! Ja dis nou ons land se toekoms… ‘n paar oningeligdes… Waarom word die klomp nie in ‘n eksamen lokaal geplaas en verduidelik – watter overheads ‘n installing het nie? Waarvoor hulle klasgelde gebruik word en waarom die instansie nie kan funksioneer as hulle bly afbrand, afbreek en ontwrig nie???
Daardie studente het nie ‘n idee waaroor die lewe gaan nie. Dis tyd vir ‘n major reality check!!!
Dis tyd dat die Restore, Parlement en SAPS of Weermag saam staan en hul stemme dik maak. Opleiding sonder leiding is van NUL en geen waarde!

Takkie Takuuza ·

Almal weet, jy sal nie haat kan uitwis solank jy een groep anders as ‘n ander behandel nie.

JC ·

Takkie,
1.) wie word anders behandel, en hoe??
2.) indien die antwoord hierop bevestigend is, regverdig dit in jou opinie dan haat, en teen wie; onskuldige mense (studente, let wel “ware” studente, en nie vandaliste/kriminele nie) op grond van ras en/of kultuur?
3.) Word daar wragtig verwag dat die persone teen wie daar met “haat” opgetree word, dan nie gaan repliseer daarop nie-haat/optrede kweek haat/optrede en lei tot polarisasie.
4.) Sekerlik is dit NIE ‘n antwoord nie, ook as jy die mense probeer bykom op moedswillige wyse deur hul pragtige taal aan te val, wat niks daarmee te doen het nie en nie noodwendig geassosieer word met een rasgroep of een kultuurgroep nie?
Ek sal dit waardeer om jou antwoord hierop te ontvang.

Grap ·

Dit is soos die verskil tussen gratis en verniet hulle wil gratis studeer maar alles verniet ??

hoor hoor ·

Hul het GEEN BENUL waaroor die lewe gaan. Alles moet verniet wees. :-)

Arak ·

Aangesien ek, sot, een van die 2e6 is wat 90% van alle belasting betaal beywer ek my nou vir #TaxesMustFall.
Ek is regtig meer as keelvol daarvoor dat my swaarverdiende geld altyd vermors word op persone wat nooit hulle kant wil bring nie en waarvan geen teenprestasie ooit vereis word nie.
Dalk moet ons SAID gaan afbrand en ‘n paar klippe gaan gooi dat die regering kan hoor.
Ek wonder of ek ook, soos hier die studente, gepamperlang gaan word as ek dit doen?

hoor hoor ·

Ons lewe nou in ‘n ‘cartoon ‘ land Volgens hul. Geen werk, geen betaling is wat EINTLIK GELD .!

Berhalet ·

RiotingStudentsMustFall… Word groot of gaan huistoe! Niks in die lewe kom verniet nie!

Hasie ·

Thuli jy is ‘n groot voorbeeld, maar indien al die geld wat deur regerings mense oor die afgelope 23 jaar deur diefstal en korrupsie sou terug betaal, kan my kinders se kinders ook nog gratis studeer.

Polities Korrek ·

Thuli het nou ‘n stap geneem in die regte rigting…dis ‘n eerlike poging om te help waar sy en andere kan. Wat mens egter tot onsteltenis stem is dat die massas wat nou so in opstand is geen sin of rede wil insien nie. As hulle hul sin in een opsig gekry het, is daar weer iets anders waaroor hul opgesweep word tot massa-aksie. Dis ‘n erkende kommunistiese strategie om anargie te skep en alle bestaande strukture te ontwrig en onregeerbaar te maak. So Thuli, gaan jou inisiatief uiteindelik op die regte plek aangewend word, of gaan die land se rampokkers dit weer wanadministreer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.