Madonsela geskok oor OB-gyselaarsdrama

Polisiebeamptes Maandag buite die kantoor van die Openbare Beskermer. Foto: Twitter via @PublicProtector

Polisiebeamptes Maandag buite die kantoor van die Openbare Beskermer. Foto: Twitter via @PublicProtector

Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), het Dinsdag gesê sy is verstom en geskok deur die optrede van ʼn groep betogers wat Maandag haar kantoor bestorm en personeellede gyselaar gehou het.

Die aktiviste wat Madonsela se kantoor in Pretoria ingeval het, eis dat die OB ondersoek hoe R3,2 miljard gedurende die apartheidsjare na bewering by die Suid-Afrikaanse Reserwebank gesteel is. Volgens EWN is die aktiviste lede van die Black First Land First-beweging.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat 25 mans en een vrou in hegtenis geneem is op aanklagte van betreding. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

Die betogers het na bewering veiligheidspersoneel by die ingang na die OB-kantoor oorrompel en oor die ontvangstoonbank gespring om toegang tot die kantoor te verkry. Madonsela het in ʼn verklaring gesê die betogers het personeellede geïntimideer en vier van hulle gyselaar geneem.

“Hoewel aanvanklike berigte beweer het dat die groep petrol by hulle gehad het, het dit intussen aan die lig gekom dat dit eintlik ʼn vloeistof was wat hulle op hul plakkate gebruik het. Die polisie is ontbied en die situasie is in bedwang gebring met talle wat in hegtenis geneem is.”

Madonsela, wat ten tyde van die voorval in Johannesburg was om liefdadigheidswerk te doen, het beklemtoon dat die groep nie klaers is in die saak wat hulle beweer hulle verteenwoordig nie. “Die ondersoek is aangevra deur adv. Paul Hoffman van die Instituut vir Verantwoordbaarheid vir Suidelike Afrika en Hoffman, as die klaer, word deurentyd op die hoogte gehou van die vordering van die ondersoek,” het Madonsela gesê.

Polisiebeamptes Maandag buite die kantoor van die Openbare Beskermer. Foto: Twitter via @PublicProtector

Polisiebeamptes Maandag buite die kantoor van die Openbare Beskermer. Foto: Twitter via @PublicProtector

“Dit is belangrik om dit duidelik te maak dat die ondersoek geen apartheidsmisdaad of diefstal kan ondersoek nie omdat dit buite die mandaat van die OB val. Die OB is eers in Oktober 1995 op die been gebring en het dus nie die magte om iets te ondersoek wat voor die instansie se bestaan gebeur het nie.

“Die ondersoek kyk wel na die beweerde versuim van die demokratiese regering om tussen 1998 en 2003 die raad van ʼn afgetrede Britse intelligensiebeampte te volg om na ʼn beweerde lening van R3,2 miljard te kyk wat glo deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank aan Bankorp gegee is. Hierdie ondersoek gaan steeds voort.”

Madonsela het gesê daar sal berading aan getraumatiseerde personeellede gegee word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Louise ·

En die miljarde op miljarde wat al “verlore” geraak het weens oa korrupsie vanaf 1994? En boonop onbevoegte president(e) en hul hordes vroue en kinders voor sorg uit onse belasting gelde? Die lys kan nog lank aangaan!

Varkie ·

Nerens staan dit WAAR die OB se kantoor gelee is nie, of is dit nou n staatsgeheim..

KLEIN ·

Hoevel miljoen / miljarde gaan weer bestee word aan die berading van die getraumatiseerde personeel.

Hasie ·

Ja Connie ek stem saam, mens kan maar net sê…. Ja swaer. Wat nog?

Nee kyk ·

Net soos mens dink dat mense van SA gaan rigting kry, gebeur iets soos die. Dit is dan jong mense, hulle was nie eens gebore, so dit is ouer garde en moet dus politiek vir die verkiesing wees, het my nogal ‘n paar minute geneem om die som te maak. Hulle maak hulself so belaglik, as daar nog iemand met ‘n breinsel vir hul sou stem, is dit ook verlore. Sterkte aan Thuli Madonsela, jy laat jou nie onderkry veral nie na opgesteekte idiote, hoe laat iemand toe, dat iemand hul lewens so beiinvloed????? Aan die personeel,s taan sterk julle doen goeie werk saam met jul leier! Dit beteken dit is nie altyd maklik, maar die bree publiek sal jul beskerm, julle is ons land se GOUD!

pietskiet ·

Ek is regtig nie n negetiewe inwooner nie maar Suid Afrika is n narre parredys wat gaan volgende wees

HEVW ·

Daai ondersoek moet asb so gou as moontlik afgehandel word !!!!!!!!!

Grap ·

Ek stem sal interessant wees wie sy vingers in die kasregister gehad het dit sal nogal ‘n grap wees as dit die hoofseun is wat die land verkoop het.

Johan 2 ·

Ek sal ook graag wil weet of hoofseun regtig deel was van daai diefstal…ek kan dit nogal dink ja.

Pietman ·

HEVW en kie, lees die kommentaar oor mandate voor julle aanmatigende eise stel.

Lance ·

Ek is nou weer gladnie geskok nie …dis die kultuur in SA ….as iets nie na jou wense is dan brand jy gou iets of breek iemand anders se goed = barbarisme !

PJ ·

Mense julle besef seker dat hierdie n splintergroep van die EFF is?

Kaufman ·

Is dit nie dalk om die OB so besig te probeer hou dat sy minder tyd het om Zupta te ondersoek nie, mmmm?

Berhalet Beukes ·

Weet hierdie pampoene dat die Reserwebank aan die Rothchilds en nie die regering behoort nie? Gaan vra die die Rothchild hoe R3.2 miljard verdwyn het! :-)

Wern ·

Dit is belangrik dat die swart massas moet weet dat witmense nie een groot homogene groep is nie. Die wat hierdie groot kapitaal het en beheer is nie Afrikaners nie, nie plaaslike mense nie.

Mahlatini ·

Lance, jy reken barbarisme hang aan die kapstok. In `n land waar demokrasie spontaan gerelegeer is en nou oglokrasie heet met al die ge-koöpteerde stemvee wat selfs ingevoer is, kan jou mening nogal debat ontlok oor stratifisering van `n samelewing soos ons s`n en of alle vlakke alhier, ongekwalifiseerde stemreg behoort te kry. Manne soos Ramaphosa, Manuel, (o..a) en vroue soos Rhoda Kadali, Thuli Madonsela en selfs Helen Zille presteer darem op `nvlak waar (o.a)Tlaudi Motsoaneng) nie staanplek behoort te kry nie..

mahlatini ·

Mag ons bewaar word teen moontlike laat nominaisie van Hlaudi Motsoaneng vir die pos van Openbare Beskermer, om Thuli op te volg. Balaglik? Hmmm … dalk die eerste sport van die leer vir iemand soos hy op SP te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.