Madonsela het geen reg om my te beveel nie, sê Zuma

zuma-en-staatskaping-2

Foto van pres. Jacob Zuma: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma het Woensdag in die Nasionale Vergadering gesê die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela het geen reg om hom te beveel om ʼn kommissie van ondersoek aan te stel oor staatskaping nie.

Die president het nie doekies omgedraai toe hy op LP’s se vrae oor Madonsela oor haar sogenaamde staatskaping-verslag in die parlement reageer het nie. Madonsela het in dié verslag beveel dat Zuma, binne 30 dae ʼn kommissie van ondersoek moet aanstel onder die vaandel van ʼn hoofregter, wat hoofregter Mogoeng Mogoeng moet aanwys. Die kommissie sal haar verslag as ʼn beginpunt gebruik om ʼn indiepteondersoek te doen oor bewerings van mishandeling van die staat om die Gupta-familie te bevoordeel.

“Hierdie verslag is op ʼn baie snaakse manier hanteer. Dit het my en talle ander geraak, met geen regverdigheid hoegenaamd nie,” het Zuma gesê. “Selfs die manier hoe die aanbevelings gestel is, is dit die president wat die reg het om ʼn kommissie aan te stel. Niemand, maak nie saak watter amp hulle beklee nie, kan die president beveel om ʼn kommissie aan te stel nie.”

Madonsela het gesê die ondersoek moet binne ses maande afgehandel word, en het gewys op voorvalle waar Zuma moontlik die wet omseil het en sy het die Nasionale Vervolgingsgesag en die polisie versoek om te bepaal of daar gronde is vir strafregtelike vervolging vir aanklagte in die verslag.

Lees alle vorige berigte oor die staatskaping op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Waghond ·

As sy dit aan Jakob oorlaat, sal hy niks hieromtrent doen nie. Dit sal in elk geval neerkom om ‘n botsing van belange wat as die beskuldige moet hy nou oor sy eie lot besluit! En al wat Jakob sal doen is om een van sy vrinne aan te stel.

De Villiers ·

Hierdie hele teenkanting en vertraging om dié saak uit te rek doen Zuma net vir sy eie belang, en nie vir die land se belang nie, want hy weet dat as hy nie meer president is nie, gaan hy tronk toe. Tog ironies dat die regering die so hard probeer om misdaad te bekamp, maar ons eie president pleeg dit dan oënskynlik.

Tiaan ·

En Zuma moet sy verpligtinge nakom en sy werk doen hy verdien ‘n staatsdiens inkomste en moet vir eens in sy lewe begin doen wat van hom verwag word en ophou twak praat

Theresa B ·

Ja misbruik maar die naam “president”. Dit is ook net van pas wanneer dit jou pas. Jy is so skuldig soos more heeldag en jy en jou “comrades” vernietig ons mense en ons land. Maar in jou oë is julle wonderlik!

Penelope ·

As ek jy was het ek my so geskaam dat ek my beet gevat het en in ‘n stromwaterpyp weg gaan kruip het. Jy is die naam President nie werd nie!!!

Jan ·

Zuma, die land verdien jou, hulle verdien om deur hierdie krises te gaan, dubbel en dwars. Ek sê dit, al kry ek finansieel hoe swaar onder jou regering se onkapabilheid met als, ook die ekonomie, die rentekoerse is des dinges. Dalk sien die mense met terugblik oor ‘n klomp jaar, dat hulle nie ‘n idee gehad het wat regering of demokasie beteken nie.

Dit gebeur mos dikwels as iets in iemand se skoot geval het, dan waardeer hy dit nie, hy en die nuwe base trek dit dan deur, soos hierdie land wat jy dink aan JOU gegee is.

Wat my egter bekommer is dat, as die ANC nou klaar hul dank, ook aan jou, betoon het toe hulle jou as Pres gekies het, wie staan nou nog in die ry wat vir die strugglejare beloon moet word.

Koos1 ·

Maar as die Guptas beveel: “spring”, dan vra hy hoe hoog!

Lance ·

Die man is meer in die hof as by die werk geen wonder SA is in so n groot gemors …wil hy nou met n std 3 vir n Advokaat se sy is verkeerd hy is tog altyd die arme victim en so slim met skelmstreke ….ons verdien junk status met sulke mense aan die stuur van sake …gelukkig weet ons dit gaan die anc seermaak …of gaan dit….HOE kom SA OOIT uit die gemors !

Anoniem ·

Ek is nou nuuskierig… Sal graag wil hoor wie Zuma reken “die reg het” om hom aan te vat oor sy oortredings. Klink vir my al te veel hy dink hy is onaantasbaar omdat hy die president is.

MarieM ·

Laat my baie aan ons buurland se president dink. Doen nooit ooit iets verkeerd nie en wanneer die land tot ‘n val kom wil hy nog op ‘n behoorlike wyse “aftree”. Nee kyk ek is glad nie meer verstom oor die goed wat uit ons “president” se mond uitkom nie. Hy is onaantasbaar, sal altyd wees want daar word niks aan hom gedoen nie.

Rynhardt ·

Die kommissie van ondersoek sal nie met die waarheid navore kom nie, want Zuma en Anc sal hul invloed agter die skerms gebruik! Weet Madonsela dit nie? Destyds met wapenskandaal is n tipe James Bond-agent na Europa gestuur om beslag te le op verdoemende bewyse! Wat was kommissie se bevinding? Geen fout met wapentraksaksie.Kommissies in SA is n klug, jan publiek jy word net gespeel deur hierdie sirkus!

Anika ·

As dit dan net die President is wat so besluit kan neem om ‘n kommissie van ondersoek aan te stel, dan moet die President maar die President beveel om dit te doen ……. whaaa ….. lag my ‘n papie. Sê hy moet vir hom ‘n blikkie prez-doom kry om ontslae te raak van al sy probleme.

Francois ·

Kom ons klub almal weer saam, hy moet maar weer hof toe gesleep word

Johan ·

Sy het die reg……jy dink alweer jy is above the law…..oumaat…..jy speel alweer dom soos altyd…..

Aitsa ·

Jitte oompie, jy is regtig baie groot in jou eie oe ne!! Dalk ook heeltemal vir ‘n klein land soos Suid Afrika. Genade, nou het ek alles gehoor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.