Madonsela het vir haar lewe gevrees

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, openbare beskermer, het vir haar lewe gevrees terwyl sy die veiligheidsopgraderings by president Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla ondersoek het, berig Sunday Times.

“In geen stadium het ons gedink die regering sal ons leed aandoen nie maar weens die onverantwoordelike uitsprake wat gemaak is….het ons nie geweet of gewone kranksinniges of net onstabiele mense dalk aangehits gevoel het om my leed aan te doen nie, siende dat mense gemaak is om te glo dat ek basies ʼn verkiesing probeer steel het,” het Madonsela aan die koerant gesê.

Volgens die berig het dit vir Madonsela gevoel of die regering haar ondersoek probeer keer het. “Ek het gevoel dat hulle saamspan teen my en dat daar ʼn rede gevind kon word om my te skors, wat sou beteken dat daar druk sou wees op wie ook al oorgebly het om nie voort te gaan nie. Ek sal sê vir die volgende openbare beskermer moet beskerming verskerp word.”

Madonsela het Woensdag haar finale verslag oor Nkandla bekend gemaak. Die verslag het bevind dat Zuma en sy familie onbehoorlik by die opgraderings aan sy privaatwoning by Nkandla gebaat het en dat Zuma ʼn gedeelte van die uitgawes moet terugbetaal.

Lees ook:
ANC wil DA aankla oor Zuma-SMS
Video: Nkandla-verslag opgesom
Só sê ANC oor Nkandla-verslag
Nkandla: Zuma en ministers moet bedank
Presidensie reageer vandag oor Nkandla-verslag
Nuuskommentaar: Nkandla-verslag: Wat nou?
Nkandla-verslag: DA en EFF doen strafregtelike stappe teen Zuma
Radebe: ‘Nkandla-opgraderings was nodig’
DA wil Zuma laat vervolg oor Nkandla
Nkandla-verslag vrygestel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jasper ·

As ek haar posissie beklee het, sou ek nog steeds katvoet wees. Sy het met giftige goggas te doene.

alet ·

Lees gerus rapport dan sien julle hoe het van die regerings mense haar probeer keer het dis n skande wie het almal voordeel getrek uit hierdie gemors seker nie die aparteids mense nie ons was te dom hulle leer ons om slim te raak hoe van n soustrein vir n party ek dink almal sal gaan daarvoor

Martie ·

Onthou Robert Smit? Hy is deur iemand in die regering vermoor omdat hy waarskynlik korrupsie wou ontbloot. Niks verander nie.

Wouter Heymans ·

Martie gaan lees die boek… Die Lang Generaal of The Tall Assassin. Daar word al die politieke moorde van die ou SA in detail verduidelik. Jou mond sal oophang. Robert Smit en sy vrou is deur Hans v d Bergh vermoor.

willie ·

Weet u, dit is so jammerlik dat almal wie glo in en waarde heg aan ‘n korrupsievrye staatsbestel te bang is om te doen wat vakbonde doen. Brand af , boikot, staak, toi-toi, ” demand ”
Hoe lank gaan die berugte wapentransaksie nou al aan ? Hoevele ander vorms van Nkandla’s is daar nie. En, wat gebeur anders as die spul snert wat aangehoor moet word as kamtige redes/ verskonings vir al hierdie gemors
En, asseblief , moenie dink of droom dat enige ander politieke party die skuldiges in ‘n hof sal kry nie, nie in hierdie land nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.